n Vinnige vraag vir die slim manne. Soos ek nou voorheen gese het , word ek net meer ernstig oor die probleemdier storie en geniet elke nuwe ding wat ek leer. Ek is nog nuut in die hele ding en voel nog nie dat ek goed genoeg is om n ou geld te vra nadat ek n jakkals gedood het nie.Op hierdie stadium is dit vir my nog meer geluk as ek hom in kry, en dis sonder wonder nog n onervare jakkals wat op my roepe in kom. Ek maak maar gebruik van vriende se plase om my self te leer en te sien wat reageer op wat en wat werk vir my.
Om te kom by my vraag, ek het gelees hoe die slim manne hier se dat die weer n redelike groot effek het op jakkals se gedrag. Koue en wind het ek hier gelees is die grootste vyand.
Ek het so week terug op n donker maan hier op n plaas gaan roep. Die wind het gepomp en dit was vrek koud en baie snaaks vir hierdie tyd van die jaar. Abnormaal koud. Ek praat van die tipe koue wat my hande laat opswel het.
My vraag is, alhoewel dit so koud was en die wind so gewaai het, het die jakkalse my nogsteeds geantwoord. Maar nooit het hulle ingekom nie. Ek het nooit eers n oog gesien nie en hulle het seker so 2-300m van my afgeroep.
My punt is, as dit so koud is, is dit moontlik dat hulle nogsteeds sal antwoord maar net nie jag nie? Of as die koue hulle regtig so affekteer, sal hulle net skoonveld wees?
Die feit dat hulle terug geroep het se vir my dat hulle "uit" was en dat ek erens n oog moes optel, of is dit die feit dat daar koue was dat hulle maar sukkel om in te kom alhoewel hulle skree.
Ek hoop julle verstaan die punt wat ek probeer maak...


