Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post Reply
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by iceman1982 »

Naand manne,
n Vinnige vraag vir die slim manne. Soos ek nou voorheen gese het , word ek net meer ernstig oor die probleemdier storie en geniet elke nuwe ding wat ek leer. Ek is nog nuut in die hele ding en voel nog nie dat ek goed genoeg is om n ou geld te vra nadat ek n jakkals gedood het nie.Op hierdie stadium is dit vir my nog meer geluk as ek hom in kry, en dis sonder wonder nog n onervare jakkals wat op my roepe in kom. Ek maak maar gebruik van vriende se plase om my self te leer en te sien wat reageer op wat en wat werk vir my.
Om te kom by my vraag, ek het gelees hoe die slim manne hier se dat die weer n redelike groot effek het op jakkals se gedrag. Koue en wind het ek hier gelees is die grootste vyand.
Ek het so week terug op n donker maan hier op n plaas gaan roep. Die wind het gepomp en dit was vrek koud en baie snaaks vir hierdie tyd van die jaar. Abnormaal koud. Ek praat van die tipe koue wat my hande laat opswel het.
My vraag is, alhoewel dit so koud was en die wind so gewaai het, het die jakkalse my nogsteeds geantwoord. Maar nooit het hulle ingekom nie. Ek het nooit eers n oog gesien nie en hulle het seker so 2-300m van my afgeroep.
My punt is, as dit so koud is, is dit moontlik dat hulle nogsteeds sal antwoord maar net nie jag nie? Of as die koue hulle regtig so affekteer, sal hulle net skoonveld wees?
Die feit dat hulle terug geroep het se vir my dat hulle "uit" was en dat ek erens n oog moes optel, of is dit die feit dat daar koue was dat hulle maar sukkel om in te kom alhoewel hulle skree.

Ek hoop julle verstaan die punt wat ek probeer maak... :-\
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by Theo E »

how long did you sit for ?
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by iceman1982 »

Theo,
Dit was maar so deur die hele aand van omtrent 19:30 to 03:00. Die jakkalse het gereageer op die foxpro, maar net nooit oog gewys nie. So hulle was in die rondte. As hulle reageer,beteken dit hulle behoort te kom loer wat aangaan al is dit so koud en wind. Of antwoord hulle maar, en dan oor die koue bly hulle maar weg? Dit is eintlik my punt...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by Louis102 »

Ysman

As die wind te sterk waai is daar twee basiese probleme.  Die windop jakkalse hoor die klank nie so maklik nie en tweedens hoor jyself nie die jakkalse (veral windaf) nie.  Hierin l? die gevaar - jy moet kan hoor as 'n jakkals windaf van jou gesels, anders is jy besig om droog te maak.  Jakkalse loop rond en vreet of dit koud is of nie.  Hulle word egter baie moeiliker oortuig om in koue wind in te kom roeper toe, nes enige een van ons maar moeiliker uit 'n warm bed wil opstaan as dit vrek koud is.

Kom ons hoor wat s? die slimmer ouens.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by James Wilson »

my beperkte ondervinding van roep het my gewys as die wind werklik sterk waai kry ek nie sukses nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by iceman1982 »

Jagbehep! wrote: my beperkte ondervinding van roep het my gewys as die wind werklik sterk waai kry ek nie sukses nie.
Nou om op my vraag te kom...toe jy nie sukses behaal het nie, was die veld net stil en niks oe het gewys nie, of het jy nogsteeds hulle hoor antwoord , maar hulle het net nie ingekom nie.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by James Wilson »

doodstil.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
GREYHOUND

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by GREYHOUND »

Iceman
Stem saam met Louis, ek het al agter gekom dat as daar n sterk wind waai hulle geneig is om verder wind af te beweeg voordat hulle inkom, en as jy nie genoeg oop spasie het windaf, hulle jou reuk optel voordat jy sy oog optel en eenvoudig weg beweeg sonder dat jy hom gesien het.
Ons het een aand in baie sterk en koue ooste wind gaan jag, ek het nie eers geroep nie en ons het die aand dink 7 of 8 gevang, hulle was aktief uit en besig om kos te soek. Al wat ek dink is dat reen en koue wind saam dalk hulle sal briek.
Greyhound
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by JACQUES BOTHA »

As die wind so pomp, al wat ek se is pomp jou voet op di brandstof pedaal en gaan huis toe..
veral as jy met n bonzai 243 skiet hy waai jou sommer los uit n jakkie uit.en die lorrie skud veral n isuzu.
en jou oge raak vol stof en jou neusie vol...stof,So spaar jouself die elende, en bly tuis..moeilik maar regte ding om te doen
groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by Dawie »

Vir meer as 'n maand is dit amper onmoontlik om uit te gaan,  die wind is sterk en aanhoudend.  Dit is besig om my 'n ernstige emosionele knou te gee.  Ek kan nie onder hierdie omstandighede funksioneer nie.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by tafjak »

Kojak

Lekker daar in jou w?reld weggewaai hierie week. Ja-nee knoue kan nogal 'n 'n ding laat force.

Die plaane word maar min as sulke weer jou teister en ou vlekkie vreet die lekkerste in sulke weer. Geduld geld natuurlik ook hier, maar ook makliker ges? as gedaan!

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Jakkals roep en die effek van weer uit n ander oogpunt.

Post by iceman1982 »

Ek wil nou juis van die Donderdag wat kom vir so aand gaan roep. Hoop die weer speel bietjie saam
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Post Reply