Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by Flip Nel »

Ek het so 2 weke terug so 'n klein lappie lusern geplant so 20m by 20m, dis redelik naby die huis en is vir die Kudus net vir die mooigeit nader aan die huis, dit het sifdraad om vir die hase, nou my vraag ek wil sommer takke eers omkap om die wild uit te hou sodat die Lusern groot genoeg is dat hulle kan eet sonder om die lusern vrek te eet of uit te trek. Hoe lang tyd moet hulle groei voor ek die wild op hulle kan loslaat moet hulle 'n seker ouderdom of 'n sekere hoogte staan. Ek wil did rerig nie oor saai nie en die winter is om die draai. Vergeet om te se dit is onder sproeiers.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by win270 »

Flip, jy sal letterlik self moet toets deur te kyk hoe moeilik is dit om een plant uit te trek deur liggies daaraan te pluk aan die sagte punte. Ek glo jy sal moet wag dat die lusern so 12cm hoog staan. As die grond redelik los is en nat is, sal dit ook makliker wees vir die wild om uit te trek.

Wat is die idee hiermee? Wil jy sommer so van jou stoep af vir die pot sorg? ;)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by Flip Nel »

win270 wrote:Flip, jy sal letterlik self moet toets deur te kyk hoe moeilik is dit om een plant uit te trek deur liggies daaraan te pluk aan die sagte punte. Ek glo jy sal moet wag dat die lusern so 12cm hoog staan. As die grond redelik los is en nat is, sal dit ook makliker wees vir die wild om uit te trek.

Wat is die idee hiermee? Wil jy sommer so van jou stoep af vir die pot sorg? ;)

Dankie sal bietjie kyk, gelukkig is daar klaar klaar bale uitgesit vir die wild hierdie is net om bietjie wild te kyk by die huis, hulle kom al klaar by water naby die huis so gedink dit sal help dat hulle bietjie daar rondhang. My broer het groter Lusern so 200m van sy huis af en hulle geniet dit noggal die slag as hulle op die plaas is om die spotlight te vat en te kyk wat alles in die lusern is.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by win270 »

20m x 20m is nie baie as jy o.a. koedoes en hase het wat daar gaan kom kuier nie. By tye sal jy eers weer die lusern wil beskerm om te herstel.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by Flip Nel »

win270 wrote:20m x 20m is nie baie as jy o.a. koedoes en hase het wat daar gaan kom kuier nie. By tye sal jy eers weer die lusern wil beskerm om te herstel.
Dis die plan, wil he hulle moet kom en 'n groen happie kom kry, hopelik kom almal nie gelyk nie ;D , vir die koedoes kap ek sommer take om die kampietot die lusern weer okay is, hopelik hou die sifdraad die hase bietjie in toom.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by BRNO (Pierre) »

Hase, ystervarkies en bakoor jakkies sal lekker kom vreet in die nag. Natuurlik steenbokkies ook.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by spekieries »

Help my reg Pierre, is die bakoorjakkelse agter die muise aan in die lusern of vreet hulle die lusern. Waar ek vandaan kom ken ons nie die mooi diertjies nie. Ek weet jakkalse sal per geleentheid bessies vreet.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by Flip Nel »

spekieries wrote:Help my reg Pierre, is die bakoorjakkelse agter die muise aan in die lusern of vreet hulle die lusern. Waar ek vandaan kom ken ons nie die mooi diertjies nie. Ek weet jakkalse sal per geleentheid bessies vreet.
Ek dink hulle is agter die goggas, muise etc aan, my swear het groot lande in die klein karoo en gewoonlik as jy in die aand daar kom kry jy altyd 'n klomp bakore, hulle was later so mak dat jy by hulle kon verbyry en hulle kyk nie eers op nie.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by spekieries »

Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by win270 »

Flip, dink gerus daaraan om uiteindelik vir jou 'n nagsig kamera daar op te stel.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by Flip Nel »

spekieries wrote:Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
Daar is nooit 'n stupid vraag nie, mens leer net altyd iets nuut :)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet

Post by BRNO (Pierre) »

Flip nel wrote:
spekieries wrote:Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
Daar is nooit 'n stupid vraag nie, mens leer net altyd iets nuut :)
+1 Spiekeries. Hulle is werklik nogals nice om dop te hou. Amper mooi van lelikheid.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply