Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Ek het so 2 weke terug so 'n klein lappie lusern geplant so 20m by 20m, dis redelik naby die huis en is vir die Kudus net vir die mooigeit nader aan die huis, dit het sifdraad om vir die hase, nou my vraag ek wil sommer takke eers omkap om die wild uit te hou sodat die Lusern groot genoeg is dat hulle kan eet sonder om die lusern vrek te eet of uit te trek. Hoe lang tyd moet hulle groei voor ek die wild op hulle kan loslaat moet hulle 'n seker ouderdom of 'n sekere hoogte staan. Ek wil did rerig nie oor saai nie en die winter is om die draai. Vergeet om te se dit is onder sproeiers.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Flip, jy sal letterlik self moet toets deur te kyk hoe moeilik is dit om een plant uit te trek deur liggies daaraan te pluk aan die sagte punte. Ek glo jy sal moet wag dat die lusern so 12cm hoog staan. As die grond redelik los is en nat is, sal dit ook makliker wees vir die wild om uit te trek.
Wat is die idee hiermee? Wil jy sommer so van jou stoep af vir die pot sorg?
Wat is die idee hiermee? Wil jy sommer so van jou stoep af vir die pot sorg?
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
win270 wrote:Flip, jy sal letterlik self moet toets deur te kyk hoe moeilik is dit om een plant uit te trek deur liggies daaraan te pluk aan die sagte punte. Ek glo jy sal moet wag dat die lusern so 12cm hoog staan. As die grond redelik los is en nat is, sal dit ook makliker wees vir die wild om uit te trek.
Wat is die idee hiermee? Wil jy sommer so van jou stoep af vir die pot sorg?
Dankie sal bietjie kyk, gelukkig is daar klaar klaar bale uitgesit vir die wild hierdie is net om bietjie wild te kyk by die huis, hulle kom al klaar by water naby die huis so gedink dit sal help dat hulle bietjie daar rondhang. My broer het groter Lusern so 200m van sy huis af en hulle geniet dit noggal die slag as hulle op die plaas is om die spotlight te vat en te kyk wat alles in die lusern is.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
20m x 20m is nie baie as jy o.a. koedoes en hase het wat daar gaan kom kuier nie. By tye sal jy eers weer die lusern wil beskerm om te herstel.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Dis die plan, wil he hulle moet kom en 'n groen happie kom kry, hopelik kom almal nie gelyk niewin270 wrote:20m x 20m is nie baie as jy o.a. koedoes en hase het wat daar gaan kom kuier nie. By tye sal jy eers weer die lusern wil beskerm om te herstel.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Hase, ystervarkies en bakoor jakkies sal lekker kom vreet in die nag. Natuurlik steenbokkies ook.
Veiligheid eerste manne!
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Help my reg Pierre, is die bakoorjakkelse agter die muise aan in die lusern of vreet hulle die lusern. Waar ek vandaan kom ken ons nie die mooi diertjies nie. Ek weet jakkalse sal per geleentheid bessies vreet.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Ek dink hulle is agter die goggas, muise etc aan, my swear het groot lande in die klein karoo en gewoonlik as jy in die aand daar kom kry jy altyd 'n klomp bakore, hulle was later so mak dat jy by hulle kon verbyry en hulle kyk nie eers op nie.spekieries wrote:Help my reg Pierre, is die bakoorjakkelse agter die muise aan in die lusern of vreet hulle die lusern. Waar ek vandaan kom ken ons nie die mooi diertjies nie. Ek weet jakkalse sal per geleentheid bessies vreet.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Flip, dink gerus daaraan om uiteindelik vir jou 'n nagsig kamera daar op te stel.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
Daar is nooit 'n stupid vraag nie, mens leer net altyd iets nuutspekieries wrote:Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Lusern Hoe groot voor wild kan vreet
+1 Spiekeries. Hulle is werklik nogals nice om dop te hou. Amper mooi van lelikheid.Flip nel wrote:Daar is nooit 'n stupid vraag nie, mens leer net altyd iets nuutspekieries wrote:Dankie Flip, sker 'n stupid vraag gewees maar nou weet ek ook. Nooit te oud om te leer nie.
Veiligheid eerste manne!

