Silent Hunt Kd

Post Reply
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Silent Hunt Kd

Post by Schalk.vdB »

Manne net my stuiwer in die beurs.
Ek het 'n 243 RSA en 'n .22 BSA International wat ek wou Kd wou opsit.
Die .22 met sy 22 mm loop wou ek nie laat skroef draad sny nie en maak toe 'n tekening en stuur vir Henk my tekening en 'n bietjie van 'n verduideliking van hoe ek dink ons hom kan opkry.
Hy maak toe vir my altwee die Kd's en koerier dit vir my.
Die .22 Kd kry ek toe nie heeltemal op nie en laat weet Henk.
Hy was oppad hier by my verby en kom kyk toe na manier wat hy vasdruk.
Op die ou end besluit ons hy sit vas genoeg waar hy vasdruk en ek skiet hom so.
Die oopmaak van die slot is amper harder as die knal en ek kan lekker skiet sonder dat die ander eers weet ek is daar.
Die .243 het ek die gewone Kd gevat en hier by ons die skroefdraad laat sny.
Wat 'n plesier is die geweer want as ek konsentreer kan ek amper die patroon in die skyf sien ingaan so min is die recoil en hy is ongelooflik stil.
Die gat op die papier word net al langer en dit voel of jy nie kan mis nie.

Henk jy mag maar!
En sulke diens kry mens nie meer vandag nie.

Groete
Schalk

;D ;D ;D ;D ;D
SR = M
Solid rest is equal to meat
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by Silent Hunting »

Schalk,

Baie dankie. Waardeur jou terugvoer. Geniet.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by Beer (Christo) »

Henk

Ek het myne ook nou al uiteindelik gekry en so paar skote gaan Skiet die naweek.

Ek moet se die .222 sin is baie ligter as die vorige een en dit maak ' reuse verskil aan die balans van die geweer.

Die .308 sin lyk baie windgat saam met die dikloop.

Groete

Christo
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by 2vierniks »

So moet 'n .243 mos skiet!
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by Dolf014 »

Ek het 'n KD vir my .22 so 15jaar terug gekoop. Hy werk net goed as ek standard velocity amo gebruik. Met die high velocity amo maak hy geen verskil nie. Is dit dalk 'n swak produk wat ek gekoop het, of is daar dalk n ander rede?
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by vossie1 »

Dolf geen silencer gaan n verskil maak aan n koeel wat die klankgrens breek nie,jy sal altyd die knal hoor. Dit sal wel jou recoil nog verminder op groot kalibers en die klank by jou sal aansienlik minder wees.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Silent Hunt Kd

Post by Stefan764 »

Lekker Henk, dis goed as n man positiewe terugvoer kry
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by Silent Hunting »

Stefan,

More. Is so. Dit is maar waaroor dit gaan. Money well spend.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Silent Hunt Kd

Post by Francois B »

Ek wil net baie graag vir henk dankie se vir die kd wat ek vanmiddag in die pos gekry het ek wag nog vir die liksens om goedgekeur te raak , maar die kd lyk bitter goed. So kompak met so baie baffles het ek nog nie n kd gesien nie die ou mag maar fyn werk! Baie dankie vir die vriendelike en vinnige diens Henk!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Silent Hunt Kd

Post by Silent Hunting »

Francois,

My plesier. Glo jy gaan hom baie geniet. Moet plan maak vir springbokkie of 2 as daai liksens gekom het.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Post Reply