Ek het 'n 243 RSA en 'n .22 BSA International wat ek wou Kd wou opsit.
Die .22 met sy 22 mm loop wou ek nie laat skroef draad sny nie en maak toe 'n tekening en stuur vir Henk my tekening en 'n bietjie van 'n verduideliking van hoe ek dink ons hom kan opkry.
Hy maak toe vir my altwee die Kd's en koerier dit vir my.
Die .22 Kd kry ek toe nie heeltemal op nie en laat weet Henk.
Hy was oppad hier by my verby en kom kyk toe na manier wat hy vasdruk.
Op die ou end besluit ons hy sit vas genoeg waar hy vasdruk en ek skiet hom so.
Die oopmaak van die slot is amper harder as die knal en ek kan lekker skiet sonder dat die ander eers weet ek is daar.
Die .243 het ek die gewone Kd gevat en hier by ons die skroefdraad laat sny.
Wat 'n plesier is die geweer want as ek konsentreer kan ek amper die patroon in die skyf sien ingaan so min is die recoil en hy is ongelooflik stil.
Die gat op die papier word net al langer en dit voel of jy nie kan mis nie.
Henk jy mag maar!
En sulke diens kry mens nie meer vandag nie.
Groete
Schalk

