Carnarvon Bergskaap Jag

User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Frikkiedbr »

Gawie(7mm) wrote:Ja nee kyk, jy moet daai skape gaan haal waar 'n bobbejaan nie met 'n kierrie wil klim nie.
Aai Gawie lag ek nou lekker
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Freek »

As julle dink dis rof... vra bietjie vir Stefan764 hoe loop 'n koedoe bul jag op Rietfontein. Daar is so 80 plus koedoes in daai 150ha kamp met diep klowe en randte. Baaaaie manne vlie gou Saterdag oggend vroeg laaaaaank voor son-op uit PTA en dink hulle klop 'n bulletjie voor brunch.

Uit einde is natuurlik seer stukkende lywe nadat die koedoes vir hulle die plaas gewys het met verskonings soos die wind wat bly dwarrel, ek het hom net te laat gewaar ens, ens, ens...

Ek het saam daai jagters 2 jaar lank agter hulle aan geloop en net 2 bulle het geval in die tyd. Selfs die chopper pilot van die plaaslike wild vang diens het moed op gegee nadat ons probeer het om van die koeie te vang en oor te skuif na 'n volgende kamp. Glad nie kinder speletjies nie...

Maar ja, berg skaap jag nog nooit beleef nie so ek kan seker nie my bek rek nie. Baie mooi foto's en storie Geno. Jason jou g@t sien heeltemal te min son... ek moes my donker brille opsit toe daai foto op kom.
Rampie
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Mon Jan 20, 2014 1:19 pm

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Rampie »

Ek het verlede jaar drie van hierdie skaapbokke raakgeloop in die Kareeberge maar kon nie uitmaak wat dit is nie - ramme of ooie. Daar was wel 'n lam by, en die ander twee het albei horings gehad so ek vermoed dit was twee ooie of 'n ram en 'n ooi.

Dra die ooie ook horings en indien wel word dit ook trofeelengte (soos bv 'n gemsbok)? As ek skietkans kry wil ek graag een plattrek maar wil nie onnodig 'n ooi skiet en die ramme verjaag nie.

Ek het 'n foto geneem maar dit was ver so die resolusie is maar swak - ek dink nie dis die moeite werd om te probeer plaas nie.

Groete,
Johan
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Francois Hugo »

Yes Rampie,

Interesant om te hoor dat die span nou ook al in die Karee berge is?? Nogal 'n redelike trek vanaf Victoria-wes Pampoenpoort waar ek die eerste maal van hulle gehoor het.

Wat my ook nogal intereseer is dat die koedoes nou ook "skielik" meer gesien word in die Kareeberge, ek vermoed die span het maar met die Sakrivier (Beaufort-Wes/Loxton se Nuweveld berge) afgetrek en so almeer versprei in die omgewing van Carnarvon, Williston en Fraserburg se "noorde". Koedoes word ook al meer in troppies opgemerk in die Hantam en ook in die Noord-Bokkeveld berge. Het al self twee bulletjies teen skemeraand in die Vanrhynspas omgewing gewaar.

My swaer boer mos daar in hierdie Carnarvon/Williston/Fraserburg driehoek en vertel my laas jaar dat hulle al twee keer laaste jaar koedoes dood gery het op die Carnarvon - Williston pad!! Kan jy dit oor vertel!!! Weet dat 'n Kareeberge boer in die laat 80's vroeg 90's, daar 'n ou koedoetjie geklop het, wat groot nuus en opgewondenheid daardie tyd veroorsaak het, wat Natuurbewaring toe maar kom optel het, na die groot nuus in die plaaslike koerant!!! Gelukkig het die manne darem nie vervolg nie!!

Dit wys maar net dat die manne wat so reken die boere neuk alles voor die voet op is glad nie reg nie, ek dink dat ons nou 'n punt met sekere bewarings aksie bereik het wat na die verkeerde kant to hel. As man kyk watter tipe voels mens deesdae kry wat nog nooit hier voorgekom het nie en die verwoesting wat hulle ook veroorsaak, dan wonder ek nog hoe lank voor daar probleme gaan ontstaan!!! :(

Groete ou klasmaat.

Francois Hugo
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by roux cf »

Rampie,

Bergskaap-ooie dra ook horings maar kleiner en fyner as die ramme sin.

As jy 1 wil skiet vir trofee, skiet n ram, ooie se vleis is redelik bruikbaar en kan biltong en ander goedjies van gemaak word.

Hoop dit antwoord jou vraag.

Groete,
CF
Rampie
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Mon Jan 20, 2014 1:19 pm

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Rampie »

Dankie CF, ek sal mooi oplet. Ek sal maar liewer uitkyk vir 'n ram vir 'n mooi trofee en iets meer bekend skiet vir die vleis. As ek so na julle luister is die kans dat ek een geskiet gaan kry in elk geval redelik oppertunisties tensy ek 'n paar dae opsysit en baie moeite doen.

Francois, toe ek begin laasjaar plaas toe is (Januarie 2013) het ek 'n trop van 8 koedoes gekry - en ek het twee aande die vorige Oktober (2012) toe ons ook daar was, met 'n lig uitgegaan met die vrou en kinders - sommer om te sien wat loop rond, en dieselfde trop elke aand in dieselfde area gekry. Hulle word nie gepla nie en die jakkals jagter wat in die area werk het my einde verlede jaar gese die koedoe trop is nou so tussen 12 en 16 en daar is 'n troppie bergskape van so 8. Dit raak mos maar droog in daardie wereld so ek vermoed dieselfde koedoes en bergskape loop maar die hele distrik vol.

Ons val noordoos van die Namakwadistriksmunisipaliteit se grens dus mag ek wel daar 'n koedoe skiet. Die buurplaas val net anderkant die grens dus mag hulle nie. Op hierdie stadium is dit lekker om te weet daar is koedoes en hulle raak meer - ek sal nog moet sien van skiet. Ek het wel 'n sieklike bul (met 'n gewas voor sy bors) 'n genadeskoot gegee - hy was brandmaer en het sommer agter 'n bos gaan le as jy by hom verbyry. Die vleis was onbruikbaar, die horings 43 duim. Ons het ook 'n stel horings in die veld opgetel - ook 43 duim

'n Bergskaap ram sal ek darem maar klop as die geleentheid hom voordoen.

Groetnis
Johan
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by 6.5/284Norma »

Kannie fotos sien nie!
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Capt. Yoda »

Jy moet op hulle click
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by 6.5/284Norma »

Capt. Oblivious wrote: Fri Dec 24, 2021 2:00 pm Jy moet op hulle click
Help nie, niks gebeur.
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by Geno »

6.5/284Norma wrote: Fri Dec 24, 2021 5:09 am Kannie fotos sien nie!
Die oorspronklike post is langer as 9 jaar gelede gemaak.
Die fotos is destyds via Dropbox links hier gelaai maar Dropbox het ophou dit toelaat.
Goed, beter, 6millimeter!
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Post by 6.5/284Norma »

Geno wrote: Fri Jan 07, 2022 3:21 pm
6.5/284Norma wrote: Fri Dec 24, 2021 5:09 am Kannie fotos sien nie!
Die oorspronklike post is langer as 9 jaar gelede gemaak.
Die fotos is destyds via Dropbox links hier gelaai maar Dropbox het ophou dit toelaat.
Dankie Geno!
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Post Reply