Skietstoel

Enige iets tov messe.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Skietstoel

Post by HennieC »

Hi Nico jy sal moet wikkel met dai stoel.
Die volgende ops moet ons rookies saam gaan (as ons genooi word)
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

Nico jammer ek jou topic so bietjie skeefgetrek maar die groot prentjie was om die onbenullige ge-"inchip" se handbriek op te trek...

Anyway...

Dalk moet jy maar weer so Castle of twee neem met die bouery van die stoel hehehe

Fotos maat fotos
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

"Dalk moet jy maar weer so Castle of twee neem met die bouery van die stoel hehehe"
Ja stem saam moerse idees kom mos gewoonlik voorendag as jy 'n Castle of 2 geniet
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Ok my stoel is klaar en reg vir sy vuurdoop Daar moet nog net aan die arm lening n kassie vas geskroef word vir die ammo en ander parafernelia wat saam moet gaan en die hout trappe moet ook nog vernis kry .Ek sal hom eers gebruik om ongediertes in die dag te jag .Ek moet nog 'n lig en roeper aanskaf voor daar gedink kan word aan jakkalse wat maar die eind doel sal wees . nou nog een vraag aan die ou manne', scope mounted lig of lig aan die stoel en hoekom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

Nico

Koop een wat klaar op die scope vaskom. So weet jy altyd jou lig skyn daar waar jy hom nodig het.

Stef
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Stefan het jy dalk 'n idee wat kos so scope mount?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

Koop die Lightforce lig wat klaar die bracket by het om op n 25mm of 30mm teleskoop buis te pas. Jy kan ook n aparte handle by koop wat dan op spotlight pas en dan kan jy hom as n handling ook gebruik.

die 140mm kos nou R1800 en die 170mm kos R2100
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Dankie sal maar 'n bank moet gaan beroof
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel

Post by Stefan764 »

A few years ago in a small town robbers entered a bank and one of them shouted: "Don't move! The money belongs to the bank. Your lives belong to you.” Immediately all the people in the bank laid on the floor quietly and without panic.
This is an example of how the correct wording of a sentence can make everyone change their world view.

One woman lay on the floor in a provocative manner. The robber approached her saying, "Ma'am, this is a robbery not a rape. Please behave accordingly."
This is an example of how to behave professionally, and focus on the goal.

While running from the bank the young robber (who had a college degree) said to the older robber (who barely finished elementary school): "Hey, maybe we should count how much we stole." The older man replied: "Don’t be stupid. It's a lot of money so let's wait for the news to be told how much money was taken from the bank."
This is an example of how life experience is more important than a degree.

After the robbery, the manager of the bank said to his accountant: "Let's call the cops." The accountant said: "Wait, before we do that let's add the $800,000 to the robbery of that we took to ourselves a few months ago and just say that it was stolen."
This is an example of taking advantage of an opportunity.


The following day it was reported in the news that the bank was robbed in of $ 3 million. The robbers counted the money, but they found only $1 million so they started to grumble. "We risked our lives for $1 million, while the bank's management robbed two million dollars without blinking? Maybe it’s better to learn how to work the system, instead of being a simple robber."
This is an example of how knowledge can be more useful than power.


Moral : Give a person a gun, and he can rob a bank . Give a person a bank, and he can rob everyone.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Skietstoel

Post by Dimitri »

My late father was blessed to have magic hands. A diesel mechanic by trade, he could make just about anything with his hands in our garage at home. Nico, your skietstoel looks like something my dad would have made for me if I had asked him for one. I have never used a skietstoel in my life nor have I even seen a real one. But yours looks good.

Win270, refer to Eugene's post. Predator control is a legitimate and legal form of killing problem animals. It is not walk & stalk hunting. The motivation is different, the execution (excuse the pun) is different and so is the equipment. I think some of your posts were unnecessarily antagonistic.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skietstoel

Post by cassie_calvinia »

nico
gaan maar vir die 170 lig.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

begeer hom maar ooii die prys die budget wil nie saam werk nie
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Skietstoel

Post by musgrave270 »

NicoSmit wrote:... nou nog een vraag aan die ou manne', scope mounted lig of lig aan die stoel en hoekom.
Nico

Ek is self nog in die begin stadium. Het Desember die geleenheid gehad om my stoel te toets. My geweer rus net voor. Die bracket het ek gemaak met 'n ou balljoint. My geweer rus daarop en my lig word ook aan die bracket vasgemaak. Ek kan dit nie oor my hart kry om die lig aan my scope te mount nie. My bracket werk perfect. Hy lock in plek en die voordeel vir my is, as ek moet afklim met die geweer of as daar fout gaan met die lig is die twee appart. Boonop maak ek gebruik van 'n handheld lig, wat dit darm so bietjie goedkoper maak. As jy moet lig koop, kry vir jou 'n Lightforce. Ek jag nie voltyds nie, maar ek probeer om dit op die regte manier te doen.

my 2c

Groete
Ruan
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel

Post by Ian »

Nico

Knap gedaan, moet asb nie huiwer om enige raad te vra as jy by die bedrading kom nie. Ek help graag.

Groete
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

baie dankie sal defnitief op julle manne se knoppie druk as ek daar kom
User avatar
Deon R
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am

Re: Skietstoel

Post by Deon R »

Wat soek al die in die messe sub forum? ::)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Daars hy hy is klaar en reg vir Saterdag se meerkat jag Ek het besluit om maar so bietjie te spaar en 'n ordentlike lig te kry wat op die scope kan mount
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Skietstoel

Post by Jassie »

Nico

Jy neem die regte en glo my, die goedkoper besluit met jou lig, maak nie (vir my) juis saak waar jy dit stewig monteer nie.

Ongelukkig bestaan daar nie so iets soos 'n goedkoop jakkals nie. Daar is net baie duur jakkies en dan @#%@#$# - jakkies, maak nie saak hoe, op enige manier en in watter hoedanigheid jy by hulle betrokke is nie. Ek het hierdie les tot my eie nadeel op my lyf gevoel.

Gelukkig dra selfs die "groenes" (onwetend) al woon hulle in die stad, ook sommer mildelik by as deel van die finansiering van die probleem.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Skietstoel

Post by NicoSmit »

Die stoel het vandag sy werk uitstekend gedoen ek het 8 meerkatte die ewigheid ingestuur en my laaitie 2 .Hy het my 'n bietjie rond gery terwyl ek agter op die stoel was ,nou sy bestuur vernuf is nog nie van die beste nie en ek moes maar raad van agter af gereeld gee.Die stoel was lekker stewig gestaan en wou glad nie met my om donnner nie .Die geweer is lekker styf vas getrek met 'n strap en was baie stabiel na afhanklik so 4 mis skote is die teleskoop 4 clicks afgestel en as die skoot toe geklap het ,het die 58gr vmaxe hulle ding gedoen .Ek wou nie fotos neem van die afgesterwenes nie want hulle was 'n bietjie uitmekaar geskiet Ek het die dag saam met my seun baie geniet en kan nie wag vir ons volgende trip met die stoel nie
User avatar
Naas1
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm

Re: Skietstoel

Post by Naas1 »

Baie mooi Nico
Dis darm lekker as dit alles uitwerk soos jy dit beplan het en deur sweet iets bereik het wat jy graag wou gehad het.
Mag jy baie vreugde he met hom en baie jakkies laat bakkie ry
Groete
Naas
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
Post Reply