My 1ste Bobjaan.

Post Reply
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

My 1ste Bobjaan.

Post by Ooploop »

Dagse

n Foto van my 1ste bobbejaan,geskiet met 7 x 64.
Bobbejaan is die 1 in die middel!

Mooiloop
Ooploop

Image
Image
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Robert »

Daai is 'n mooi kees.

Vertel bietjie hoever was die ou toe hy gesnewel het. Lyk of daat lekker koppe is waar die kese kan sit??

Lekker man.

Ek het my 1ste bob se kop loop begrawe in 'n lemoen sakkie by 'n mier nes en hom so paar maande later uit gespit en skoon gemaak. Hy pronk nou nog op sy plankie in my laai kamer.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Nico Harris »

mooi bob daai!! gee meer info!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Nico de Jager »

Ooploop
Ek dog dis n 3 lid spanfoto van een of ander sport!
Groete
Ribbok
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Raven »

Manne,
Het julle al gehoor van die oumens storie, dat as jy 'n bobjaan skiet, moet jy by hom uitkom net voor hy dood.
Blykbaar het hy 'n stokkie wat hy in sy kies bere, en as jy dit kry sal jy baie geluk in jou lewe het. Net voor hy sy laaste asem uitblaas bere hy glo die stokkie in die grond.  ::)

Wel, ek het dit by my Oupa gehoor, dourie jare en wonder maar nog steeds elke keer as ek een skiet.  ::)

Een ding is verseker, skiet hom met 'n .22 deur die maag en hy gaan mal, en trek sy derms uit, die het ek al self in my jonger dae beleef, en dit is nie mooi om na te kyk  :-\
Groete Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Ooploop »

More Robert en Harris

Dit is redelik gelyk waar ons boer,met bitter baie kalk klippe wat op die lande voorkom.Hier kom nie bobbejane voor nie,meer na die berge se kant toe wat so +- 25 km van ons is,is daar baie bobbejane.
Die spesifieke mannetjie het 1 van die bure se klein volstruisies gevang en die voer bakke omgegooi.Hy het ook my werkers op n hoop gejaag by hulle huise.
My broer het hom op die lande gesien waarna ons hom gaan skiet het.

Hy was verskriklik wakker gewees en dadelik begin padgee toe hy ons gewaar het.
Ek het hom op so 120 m geskiet terwyl hy besig was om so skuins van ons weg te hardloop,140gr sierra game king, 7x64.Net daar in sy spore geval.
Ek het ook sy kop op n klip hoop gesit sodat die miere hom kan kaalmaak vir my,maar hulle is nog besig!

Mooiloop
Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Ooploop »

Ribbok more

Party dae dink ek ook of dit n span kan wees........

Groete
Ooploop
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Robert »

Ooploop

Jy moet net oppas dat die tande nie uitval as die skedel droog raak terwyl die miere hulle werk doen nie. Dit is hoekom ek myne in 'n lemoemsakkie gesit het. Die miere loop regop deur die openinge maar die tande muis kom haal nie tanne nie.

Dit bly maar lekker om hulle uit te oorle.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by baboonstalker »

Ek het al self 'n hele paar bob-skedels skoongemaak en vir my werk die volgende metode goed. Die skedel kom spierwit uit.

Verwyder soveel as moontlik vleis van die skedel. Moet net nie in die been insny nie.
Krap die harsings uit waar die rugmurg by die skedel uitkom. Spoel/ krap met 'n draad "loop" tot alles uit is.
Sit hom in 'n lemoensakke en begrawe in die komposhoop. Sit net iets bo-op dat die honde dit nie uitgrawe.
Na so 3 weke kan jy hom maar uitgrawe en met borseltjie skoonskrop.

Ek gooi hom dan in 'n emmer water saam met die swembad se chloor dobber vir 'n dag of so. Sit hom nou in die son en hy is klaar.
Pieter
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Ooploop »

Robert

O goeiste ou kerel, ek gaan nou dadelik kyk of die tande nog daar is....

Ooploop
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Ooploop »

Pieter

Klink na goeie plan.

Ooploop
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by Monrique (SJ) »

Ooploop, mooi so.  Ek wil ook nog vir Bob se kind looi,met die roer!! Groetnis  SJ
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: My 1ste Bobjaan.

Post by baboonstalker »

O-ja, onthou ook as jy die skedel in diei son sit om dit so te doen dat jou honde hom nie in die hande kry nie!
Ek het een Sondag by die huis gekom net om my RW vlakvark skedel die hele gras vol te sien l? >:(
Post Reply