Manne,
Het julle al gehoor van die oumens storie, dat as jy 'n bobjaan skiet, moet jy by hom uitkom net voor hy dood.
Blykbaar het hy 'n stokkie wat hy in sy kies bere, en as jy dit kry sal jy baie geluk in jou lewe het. Net voor hy sy laaste asem uitblaas bere hy glo die stokkie in die grond.
Wel, ek het dit by my Oupa gehoor, dourie jare en wonder maar nog steeds elke keer as ek een skiet.
Een ding is verseker, skiet hom met 'n .22 deur die maag en hy gaan mal, en trek sy derms uit, die het ek al self in my jonger dae beleef, en dit is nie mooi om na te kyk

Groete Raves