More Adaan, geluk ook aan jou met die dagroep suksessie!!! Goed om te hoor die bewerasies en die roeper het toe darem op die op die ou end saamgespeel om vir ta te kon "cancel"!!!! Het darem self een aand so 'n ongemaklike situasie gehad. Ry saam met boer na pos waar jakke volgens hom kom water drink, by pos aangekom, (nog sonstaan,) staan jakkie in die kraal en water drink. CHOAS broeder, boer is vir my kwaad omdat roer nie reg is nie, ek is vir myself kwaad, ens

. Kry gou vir boer en myself kalm, plaas roeper uit en begin speel springboklam. 4 min later kom darf ta in, stop hom met blaf op 40 m. Laat loop, jak sit om en hol vir dood, boer weer vir my kwaad!!! Jak slaan 35 m verder neer, hartskoot. Boer wil my soen van blydskap, ek verdedig my eer

. Maak boer weer kalm, gaan aan met steenbok, 12 min later kom maatjie in, stop haar op 175m met blaf, laat loop, liefie gaan af. Boer ontsluit byna vir 'n tweede keer, boer weier om verder te laat roep, die aand. Beur huistoe om die wonderwerk te gaan vier, op pad huistoe, werk gou nog een roep in, skiet groot reun op 75m met "LOCATOR". Boer in toestand, het nie geglo op sy plaas is SOVEEL jakke nie. Ek ry huistoe, boer vier alleen die sukses tot 02h00 die oggend!!! Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.