Suksesvolle dagroep

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Suksesvolle dagroep

Post by Cois »

Hallo almal

Het donderdag middag die teef ingeroep, sy was nie skaam vir die lewe nie en het lyk my al haar kanse gebruik. Haar agter been is af en sy het vars merke van n slagyster op haar voorbeen gehad. Die hare onder die voet is lekker lank so sy moes hom vir n ruk nie gebruik het nie. Maar sy en haar reun het goed gewoel onder die lammers.

Image
Image

En dan sommer vir interesantheid, n mooi groot reun. Dis die een in die middel
Image
Image

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Doepie01 »

Cois

Baie geluk man. Dit moes nogal baie vernuf van jou gekos het om so n skelm  tannie in te roep. Doen so voort.

Lekker jag
Doepie
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Freddie101 »

Cois
Interressant en mooi gedoen. Lyk my sy het haar laaste lewe hier opgebruik.
Groetnis Freddie
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Francois Marais »

Cois

Goeie werk mater, daai is sommer n YSTER jakkals reun.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Danie01 »

Cois

Moet seker net te lekkker wees om so teef te skiet. Ek wag nog vir my jakkie wat so bietjie karakter het.
Baie mooi jakkies daai!

Danie
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Ooploop »

Cois

Daardie jakkals het al baie kwaad gedoen!
Dit wil gedoen wees.

Groete
Ooploop
Ambessa

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Ambessa »

Hallo Cois
Cois wrote:...dan sommer vir interesantheid, n mooi groot reun. Dis die een in die middel
Image
...en die skaal met die gewig van 'n raps oor die 13 kg...?

Ambessa
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Cois »

Ambessa

Net om te wys die skaal en tape ry nog saam. Sal die gegewens deer gee. ::) ::) ::) ;D

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Freek »

Cois, 'n jakkals hang mos lekker aan 'n mooi skaal. Wel gedaan mater. Lyk vir my die jakkalse daar in jou "valey" kry iewer "steroids" in die goet is masief - wat voer die boere die skape daar? ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ambessa

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Ambessa »

Hallo Cois / Freek
Cois wrote:...te wys die skaal en tape ry nog saam. Sal die gegewens deer gee.
Freek wrote:...'n jakkals hang mos lekker aan 'n mooi skaal.
...ook maar net gewonder... ;)

Ambessa
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Raven »

Ek wonner of daai 3 been jakkals nie mooi sal pas by -  http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9

Groete Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Francois Marais »

Norton

Thanks, sal hom skuif.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Chris101 »

Cois

Praat asb meer oor die klanke gebruik tyd hoe lank uitmekaaren die ligging
afstand vanaf water ens.

Chris101
Knou die gediertes AF.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Cois »

Chris

Ek het op n rand gesit met vlakte voor my en dan n berg, daar was n grond dam so 500 of 600 meter aan my regterkant. Ek was so tien voor vier op my plek en het tien oor begin roep. Ek het met vlekkie 1 begin waarop sy my geantwoord het seker so halfpad teen die berg uit. Na so 15min se stilte het ek met DG2 begin, lekker sag en net kort stukkies met lang stiltes. Na so 40min het ek vlekkie 9 gespeel en syt weer geantwoord, darem nader. Het toe weer stil gesit en die kos ding gedoen. Na n half uur het ek haar gesien en sy het lekker haar tyd gevat, sy kom so tien tree in en ga sit op ha sterre en kyk eers die wereld goed uit. Kon haar darem binne skiet afstand kry ;D

Geduld is maar die ding.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by JACQUES BOTHA »

Cois.
Ek probeer om nooit n dagroep te begin met n jakkals klank nie. Reg of verkeerd  Ek weet nie.
Ek hoor graag hoekom jy die jakkals een begin ' gut feeling '  of is daar n rede in jou resep.
Ek begin met die kosklankie saggies  en al rede is as ek weet hulle is naby  of tekens is daar dat ek op die "regte Plek" is dat as hulle daar naby of naby genoeg is hulle sal inkom vir die kos.. Ek gaan wel later oor na jakkals klank as ek nie reaksie of kom ek se eerder iets in die oog of oor kry nie. Ek luister en leer graag.
Dalk het jy die reun voorheen geskiet of so iets..
Lat wai ek wag
Groetnis
geluk met die skiet jong
Jacques   
Shoot straight and tell the truth!
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Cois »

JB

As jy dagroep doen het jy mos jou huiswerk gedoen en is(moet) jy in hul 85% gebied wees, ek begin met n jak roep want dis die vinnigste om hul die moer in te maak, wat sal n aner jakkals daar soek. Ek het goeie sukses op die manier maar moet by se waar ek nie dood seker is nie sal ek ook eers met kos begin. Dis maar wat vir my werk so ja elke situasie is anders.

Hoor jy het n kursus aan gebied, hoe het dit gegaan, vertel bietjie mater.

Groetnis
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by JACQUES BOTHA »

Cois
Huiswerk gedoen ...Nee nie altyd nie. Jy gaan op dit wat die beor en werkers vir jou se waar die probleem area is.
dan identifiseer ek maar die plek waar ek dagroep kan doen in die probleem area "hotspot", 8o% area ens.
En jy is reg jy laat jou maar lei deur die omstandighede en situasie ens sluit "gutfeeling" ondervinding in.
Kursus.
Ja dis n kursus met die titel : INLEIDING TOT PROBLEEMDIER BEHEER"
Ek het n basies ding saamgeslaan met forum hulp en raad en bystand.
Dis n groep boere en sakemanne van Kroonstad wat al baie jare saam et my jag en lankal vir so iets gevra het.
Die middag roep demo is onderbreek vir 4 veldbrande waar die weerlig bietjie skade gemaak is. Maar die basiese s gedek.
Die POWERPOInt demo kan jy kom loer as jy weer hier is. Ek wl dit ook vir Heinrich stuur vir evaluasie.
Ek het n area gesien wat vri my gaaf gelyk het vir roep en terwyl die een helfte die vuur aansteek het ek die ander helfte geneem vir n demo roep,
Ek het heerlik gelag toe die eerste jakkals inkom en die ou wat ek in die stoel gesit het eers vra mag ek skiet so op 40 tree. Toe die skoot klap die roep 3 boere gelyk uit daar hy nou. Toe lag ons almal lekker want in die kursus het ek mooi gese dis altyd die eerste woorde uit die boer se mond..
Hulleverweer was mens dkan dit nie keer nie.
Die suksesvolle roep en skiet dra vreeslik by tot die glo inwat jy hulle vertel ding. Toe ons inkom met die jakkals  het die manne om die vuur se houding heeltemal verander van dalk werk dit na dit werk verseker.NA  braai weer uitgegaan en twee ingeroep.
Ek het dit nogal kwai geniet die kursus maar sal so bietjie moet afskaal met die inligting -- dis te veel  vir een dag.
Groete
JB
Shoot straight and tell the truth!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Ponkie »

Oom JB

Net een vragie, verskoon tog as ek net pleinweg onnosel is, maar hoe kry julle dit reg om 'n Demonstrasie te lewer van hoe om te roep in die veld terwyl 20 manne kyk en dan kom daar nog 'n jakkals actually in ook? By ons in die distrik is daar nooit meer as 2 persone (drywer en skieter) wanneer daar gejag word nie. Is dit op 'n wildsplaas waar jakkalse vollop en dalk nie gewoond is aan klanke nie? Dit intereseer my baie...

Hoop Oom verstaan wat ek probeer vra.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by JACQUES BOTHA »

PONKIE
DIT is moontlik omdat die groep in 3 deel selfs w en elkeen stelling inneem voor n bos. Vooraf vra jy ervare manne om sommer met n gropeie van 4 of 5 leiding te neem.
Jy probeer n koppie kry met bosse en  redelike uitsig oor die vlakte of ander koppie waar jy hoop vermoed skat dink wens die jakkals kom in.
Die Demo laat jy maar almal om die bakkie sit op die klap ens  en verdeel hulle weer in groepe. Neem een groep op n slag uit of sit hulle op twee bakkies.
Hier werk die remote uitstekend en kan jy dit nie sonder die remote doen nie. As jy n ervare jagter met stoel kan kry om te help , neem hy ook n ander groep na n ander roepplek.
Daar is egter een waarheid hoe minde mense jy is hoe minder bewegig is daar. Saterdagaand se laataand jakkals het mooi ingeom tot so 150 meter en toe skielik aandag weg gevat van die roeper en stip na die bakkie gekyk. Ek het toe vir die skieter gese om lig helderder te draai en te skiet sodra hy gemaklik is en die jakkals sien.
So dit kan werk. "maar """don't do this at home of is dit no don't try this at home""""
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Ponkie »

Oom JB

Nee nou verstaan ek die saak helemal. Het maar net bietjie gewonder.

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Adaan »

Het gister my eerste jakkals roep gedoen.Het 17h45 met jackrabbit distress begin roep volgens die standaard roep metode.Na tien minute het jakkals vinnig ingekom en so 70 meter onder roeper vasgesteek,onseker omgekyk asof sy wag vir versterkings.Op 50 meter het sy mooi gaan staan en het haar toe geskiet.
Sy het nie kleintjies nie ,so ek neem aan dat dit die helper is.Het verder geroep maar niks het ingekom nie.
Wanneer en hoe moet ek weer daar gaan roep?
Dankie Adaan
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Cois »

Adaan

Wag so week of twee en gaan roep weer da, ek sal dan net met n enkel jakkals roep begin en lank wag. Dan kan jy maar op die gewone manier aan gaan.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Adaan »

Cois

Dankie ek sal so maak.
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Suksesvolle dagroep

Post by Adaan »

Het die middag van die 27 ste  weer gaan roep so 300m van die plek waar ek my eerste jakkals geskiet het(dagroep).Het laas keer na my mening die helper geskiet.Begin 17h00 met elsneus na 15 min se stilte  speel ek toe vlekkie 3a ,17h35 speel ek toe toe vir hasie kombo vir so twee min -net mooi niks.17h52 speel ek toe elsneus en net daarna jak bakklei 1. 18h08 speel ek toe weer hasie kombo en twee minute later terwyl hasie kombo nog speel sien ek ta so 200m windaf tussen die bome besig om onder die wind van die roeper in te kom.

Net daar begin my hart soos n stoomenjin klop en ek gaan aan die bewe,maar ou jakkie stel nie telleur nie en hy verloor belangstelling in die hasie en gaan weer terug tussen die bome in en die laaste rigting wat ek hom  gesien beweeg is na my windaf kant,ek sit wel agter n klipmuur maar ek is seker die jakkals sal my binne 30 sekondes ruik.

Dink toe by myself dat die een in jak baklei moes belang gestel het, maar nou van alle tye wil my roeper nie die klank laai nie,en ek is so kwaad dat die hartkloppings en bewerigheid skoon weg is.Kry jak baklei  gespeel en binne sekondes storm die man uit die bosse op die roeper af, op honderd meter van die roeper af kry ek die klank gemute en jakkie stop die skoot loop en daar trek ta-windhond se dinges,kan nie glo dit is mis nie -maar ou jakkie stel nie telleur nie en na so 50 meter  se hardloop slaan ou jakkie in bommelakiesie wat enige ballerina goed oor sou voel en slaan morsdood neer-skoot deur die hart.

Was baie lekker
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Suksesvolle dagroep

Post by frinam »

More Adaan, geluk ook aan jou met die dagroep suksessie!!! Goed om te hoor die bewerasies en die roeper het toe darem op die op die ou end saamgespeel om vir ta te kon "cancel"!!!! Het darem self een aand so 'n ongemaklike situasie gehad. Ry saam met boer na pos waar jakke volgens hom kom water drink, by pos aangekom, (nog sonstaan,) staan jakkie in die kraal en water drink. CHOAS broeder, boer is vir my kwaad omdat roer nie reg is nie, ek is vir myself kwaad, ens :'(. Kry gou vir boer en myself kalm, plaas roeper uit en begin speel springboklam. 4 min later kom darf ta in, stop hom met blaf op 40 m. Laat loop, jak sit om en hol vir dood, boer weer vir my kwaad!!! Jak slaan 35 m verder neer, hartskoot. Boer wil my soen van blydskap, ek verdedig my eer ;). Maak boer weer kalm, gaan aan met steenbok, 12 min later kom maatjie in, stop haar op 175m met blaf, laat loop, liefie gaan af. Boer ontsluit byna vir 'n tweede keer, boer weier om verder te laat roep, die aand. Beur huistoe om die wonderwerk te gaan vier, op pad huistoe, werk gou nog een roep in, skiet groot reun op 75m met "LOCATOR". Boer in toestand, het nie geglo op sy plaas is SOVEEL jakke nie. Ek ry huistoe, boer vier alleen die sukses tot 02h00 die oggend!!! Groetnis-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Post Reply