Sinus en hooikoors
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ghillie, weet hulle van enige newe-effekte. Ek is maar bang om chroniese medisyne te neem.
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Sinus en hooikoors
Biltong, soos met alle medikasie, is daar die moontlikheid dat sommige newe-effekte jou kan raak, maar niks ernstigs nie en antihistamine is oor die algemeen baie veilig om te gebruik.
Die kondisie wat ek het, word in Engels Dermatographic Urticaria genoem. Ek weet nie wat die Afrikaans is nie. Dis nie 'n allergie nie, en die dokters weet nie regtig wat veroorsaak dit nie. Daar is geen genesing van hierdie kondisie nie en by party mense gaan dit later met tyd weg terwyl ander die kondisie vir die res van hulle lewe het. My lewe was hel voor ek antihistamine begin drink het. Die geringste ding soos 'n belt of 'n hemp se kraag wat jou skuur maak dat daardie gedeelte opswel. Dan brand dit soos vuur en jeuk soos jy nog nooit gevoel het nie. Vandat ek op chroniese antihistamine is, is dit heeltemal weg en kan ek normaal lewe, maar as ek my antihistamine vir 2 dae los, is hy maar weer terug en net so erg soos voorheen. Ek sal enige dag die newe-effekte van antihistamine trotseer bo die alternatief.

Last edited by Jakkies on Thu Jan 16, 2014 2:29 pm, edited 1 time in total.
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ghillie, dis goed so. Eks bly dat moderne medisyne mense met jou kondisie kan help.
Ek het maar net die normale hooikoors van stuifmeel en soms gras of stof. Neem dan maar 'n Texa.
My vrou kry soms 'n allregiese reaksie waar daar kolle op haar vel uitbreek wat warm en opgeswel is. Ons kon dit nog nie positief gediagnoseer kry nie en dis maar baie frustrerend vir haar.
Ek het maar net die normale hooikoors van stuifmeel en soms gras of stof. Neem dan maar 'n Texa.
My vrou kry soms 'n allregiese reaksie waar daar kolle op haar vel uitbreek wat warm en opgeswel is. Ons kon dit nog nie positief gediagnoseer kry nie en dis maar baie frustrerend vir haar.
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Sinus en hooikoors
Biltong, mens kry baie verskillende vorme van urticaria. Almal veroorsaak een of ander vel uitslag wat geswel is en kan jeuk of brand. In 99% van alle gevalle van urticaria, sal 'n dokter of dermatoloog, antihistamine voorskryf. Jou vrou kan dit gerus probeer en van jou Texa drink volgende keer as dit weer met haar gebeur en kyk of dit haar simptome verbeter. Indien wel, het sy mees waarskynlik een of ander vorm van urticaria. Die moeilike gedeelte is om vas te stel watter een.
http://en.wikipedia.org/wiki/Urticaria
http://en.wikipedia.org/wiki/Urticaria
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sinus en hooikoors
Groei baard.
Ludwig het blykbaar niks hooikoors vandat hy soos Abe Lincoln lyk nie. Die baard filter blykbaar al die vuilgoed voordat dit by jou uitkom.

Goed, beter, 6millimeter!
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Sinus en hooikoors
Geno wrote:Groei baard.
Ludwig het blykbaar niks hooikoors vandat hy soos Abe Lincoln lyk nie. Die baard filter blykbaar al die vuilgoed voordat dit by jou uitkom.
Dankie Ghillie.