Sinus en hooikoors
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Sinus en hooikoors
Enige iemand met raad vir sinus en hooikoors? Ek sukkel erg daarmee asb en is moeg vir neus spuit middels.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Sinus en hooikoors
Hierdie is nou nie n boereraad nie, maar het n verskil in my lewe gemaak aangesien ek ook maar sukkel met die goete. Drink elke aand n AP Loratadine (anti hestamine). Dit het my pyn en leiding baie ligter gemaak.
Veiligheid eerste manne!
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Sinus en hooikoors
Jy moet baie water drink. Veral in die aande.
Water met so twee eetlepels suurlemoensap of appel asyn is die beste. Dit behoort baie verligting te bring,
Hoop dit help
Water met so twee eetlepels suurlemoensap of appel asyn is die beste. Dit behoort baie verligting te bring,
Hoop dit help
- Hardyman
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am
Re: Sinus en hooikoors
Middag Grumpy,
Ek deel jou pyn en wens dit nie eers vir my grootste vyand toe nie. Myne is ook nie n boere raad nie. Ek gebruik Flow Mist neus sproei soggens en saans en het gevind dit help baie. Dan gebruik ek saam met dit Fexo (n generiese weergawe van telfast) indien nodig. Die neus sproei help egter dat ek baie langer met die Fexo uitkom.
n ander opsie is om vir n inspuiting te gaan maar ek het gevind dit werk vir my net so elke derde jaar werklik goed.
Groetnis

- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ek deel jule pyn...
Ek gebruik Texa 10, maak dit beter, soms ook die Flowmist.
Het die laaste maand deur 2 stelle antibiotica gegaan, sukkel erg die jaar, en die Vaal driehoek maak dit nie maklik nie.
Dis tyd om see toe te gaan...daai soutwater werk mooi met hom.

- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Sinus en hooikoors
My pa maak oplossing van sout en klein bietjie koeksoda, hy spuit dit met spuit in sy neus op elke oggend......ek sukkel nog met die idee maar hy sukkel nie meer met sinus nie.....hy word 80 Juliemaand.......
- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Sinus en hooikoors
As dit rof gaan, doen ek dit ook.Deeg wrote:My pa maak oplossing van sout en klein bietjie koeksoda, hy spuit dit met spuit in sy neus op elke oggend......ek sukkel nog met die idee maar hy sukkel nie meer met sinus nie.....hy word 80 Juliemaand.......
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Sinus en hooikoors
Saline oplossing wat jy by die apteek koop is die beter oplossing as die tuis gemaakte sout. Dis die perfekte konsentrasie en kan geen skade doen nie. Dis ook baie goedkoop.
Ek het dit al probeer maar sukkel om daai water tot in my sinuse te trek
Peet
Ek het dit al probeer maar sukkel om daai water tot in my sinuse te trek
Peet
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Sinus en hooikoors
Goeie raad hierbo.
Wat ek sal voorstel-
- Celestone Soluspan inspuiting begin vd seisoen. Dit is kortisoon en verlaag die histamienvlakke drasties. Dit kan egter nie kronies gebruik word nie agv die newe-effekte van kortisoon by langtermyn gebruik. Een of 2 spuite per jaar doen egter nie skade nie en word dan goed ondersteun deur ander medikasie.
- Goeie kortisoonbevattende neussproei 2x dag - Avamys, Rhinolast, nexomist, Flomist ect is voorbeelde hiervan. Die kortisoon het plaaslik die anti-histamien werking in die sinuskanale, sonder die sistemiese newe-effekte
- Antihistamien tablette. Die nuwer 2de generasie antihistamiene het nie die sederende effekte (maak jou vaak) soos die ouer middels nie. Voorbeelde is Texa, Fexo, Xyzal, Loratidien ect. hulle kan langtermyn gebruik word sonder newe-effekte en lomerigheid. Gewoonlik ook op 'n lekker een-per-dag dosering. Hierdie werk veral goed in kombinasie met die kortisoon-inspuiting. Die kortisoon inspuiting verlaag die histamien vlakke drasties en vinnig en dan handhaaf die antihistamien tablette die vlakke mooi. Alleen is die tablette nie altyd so effektief nie, veral in ernstiger gevalle.
- Soutwater neusspoelings/sproei. Dat was die sinuskanale mooi uit en voorkom infeksie agv die antiseptiese werking van sout. Jy kan dit self aanmaak, maar die produkte op die apteek rak is reeds isotonies. Dit beteken dat die sout en pH gehalte dieselfde is as die van normale liggaamsvloeistowwe en dus nie die neuskanale sal uitdroog omdat die soutkonsentrasie dalk te sterk is nie. Normale soutkonsentrasie moet 0.9% v/v wees. Gebruik hierdie neussproei gereeld deur die loop van die dag , maar nie direk nadat jy die kortisoonsproei gebruik het nie, anders was jy die medikasie uit jou neus uit. Voorbeelde van hierdie sproeie is Salex, Sterimar, Sinuclear Saline, Chamiflor ect.
Hoop dit help
Groete

Wazz
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Thu Jun 13, 2013 1:01 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ook nie rerig n boereraat nie, maar ek gebruik Sinucon. Hulle het dit altyd spoorweg pille genoem. Baie goedkoop en droog jou gou op.
Husqvarna 30-06
Norinco .22
Pietro Beretta 9mm
Lee Enfield .303
SUHL 6.35mm
Howa 6.5x55sm
ATA Elegant Hunter 12ga
Norinco .22
Pietro Beretta 9mm
Lee Enfield .303
SUHL 6.35mm
Howa 6.5x55sm
ATA Elegant Hunter 12ga
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: Sinus en hooikoors
Die een werk. Ek gebruik hom al n paar jaarBRNO .06 (Pierre) wrote:Hierdie is nou nie n boereraad nie, maar het n verskil in my lewe gemaak aangesien ek ook maar sukkel met die goete. Drink elke aand n AP Loratadine (anti hestamine). Dit het my pyn en leiding baie ligter gemaak.
vlakvark en bosvark Bvk
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Sinus en hooikoors
Flomist elke oggend. Jy mag nie slip nie. Ek weet nie meer van sinus nie.
As ek met kaf/hooi werk is voorsorg Texa 10.
As ek met kaf/hooi werk is voorsorg Texa 10.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Sinus en hooikoors
Ek sukkel verskliklik met dit. Ditswel op my neus brug en my neus is so toe soos n klei os se g-t. Ek gebruik Iliadin al hoe lank en wil dit nie meer gebruik nie. Dit beskadig die neus aan die binnekant. Ek is al so raadop en het al Flomist gebruik.
ek sal enige iets probeer. Dink ek gaan na my vriend gaan wat n apteker is en die goed kry dat my vrou my inspuiting gee en dan die anti histamien pille en die flomist weer probeer. Ek sukkel om in die aand te slaap want my neus is so toe en in die oggend is my keel droog en seer.
Nie lekker nie!!
Dankie vir al die raad. Darem voel ek nie so alleen want ek sien nog manne ly saam met my!!
ek sal enige iets probeer. Dink ek gaan na my vriend gaan wat n apteker is en die goed kry dat my vrou my inspuiting gee en dan die anti histamien pille en die flomist weer probeer. Ek sukkel om in die aand te slaap want my neus is so toe en in die oggend is my keel droog en seer.
Nie lekker nie!!
Dankie vir al die raad. Darem voel ek nie so alleen want ek sien nog manne ly saam met my!!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Sinus en hooikoors
Grumpy flomist moet jy elke dag gebruik en dit beskadig nie soos illiadin nie. Ek het beconase ook gebruik maar my neus het sommer gebloei van ligte neusblaas.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- ruger
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Sat Aug 28, 2010 9:24 am
Re: Sinus en hooikoors
Een telepel sout
een telepel koeksoda
een telepel suiker
meng in 750ml lou water
snuif die oplossing in todat dit by jou keel uitkom.
gooi van die oplossing in 'n sproei botteltjie (soos iliadin) en spuit kort kort in jou neus
Hoop jy voel gou beter Grompot
Groete Ruger

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Sinus en hooikoors
Al 20 jaar op Drixine,dis al wat vir my werk.....
As ek by see is snuif ek daai see op tot ek amper kots, maar dan is daar ook geen sinus issues vir die week of twee nie..
As ek by see is snuif ek daai see op tot ek amper kots, maar dan is daar ook geen sinus issues vir die week of twee nie..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ruger ek het ook daai resep en dit werk, maar ek los nou die suiker dan brand hy baie minder!
-
Pottie
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm
Re: Sinus en hooikoors
Ek druk sommer so vinger vol Vicks in elke neusgat, nie lank nie en n klomp gemors kom uit en dit hou sommer die kanale oop. Ek bly by die see en as ek binneland toe gaan droog my neus baie gou uit binne amper soos gebarste lippe en die Vicks help ook baie daarmee. My neus het ook baie maklik gebloei en selfs dit het opgehou na ek die Vicks begin gebruik het.
Die is ook nie n boereraad nie want ek boer nie, maar dis darem maklik en goedkoop om te probeer.
Groetnis, Pottie.
Die is ook nie n boereraad nie want ek boer nie, maar dis darem maklik en goedkoop om te probeer.
Groetnis, Pottie.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Sinus en hooikoors
Ek het gister vir my die Texa 10 gaan koop en Flomist. Sal nou sien wat gebeur!!
My neus is nog redelik geblok en nat soos n damn hond sin!!
My neus is nog redelik geblok en nat soos n damn hond sin!!
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Sinus en hooikoors
Ek het dit nog nie probeer nie want ek sukkel nie met sinus nie, maar hier gaan hy.
Tap vars aalwyn sap uit 'n blaar uit en gooi 'n druppel in die hoek van elke oog, blykbaar proe mens die bitter baie vinnig in jou mond, dis dan wanneer dit werk. Hou vol vir so 3 dae reken die mense wat dit probeer het en die sinusse is op 'n einde.

Boskamper
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Re: Sinus en hooikoors
More Viarox pompie Hier by R300 dit werk
Beclate neusspuit presies dieselfde so R80
Die goed werk regtig en bou jou umienstelsel teen die stof
Pille bring net tydelike verligting en later werk dit nie meer nie
Beclate neusspuit presies dieselfde so R80
Die goed werk regtig en bou jou umienstelsel teen die stof
Pille bring net tydelike verligting en later werk dit nie meer nie
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Sinus en hooikoors
Grumpy ek voel jou pyn. EK het Otrivin gebruik.
Die see doen wonders, veral as n brander soutwater vir jou deur werk.
Die see doen wonders, veral as n brander soutwater vir jou deur werk.
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: Sinus en hooikoors
Grampy is jou sinus al beter ?
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Sinus en hooikoors
Baie van die eerste generasie antihistamine se aktiewe middel is Chlorpheniramine Maleate, soos Allergex of Rhineton. Hierdie middel is geneig om jou erg lomerig te maak. Die nuwe generasie antihistamine se aktiewe middel is Cetirizine. Voorbeelde is Zyrtec, Texa, Adco-Cetirizine, Allecet en Zetop. Hulle doen almal dieselfde werk. Ek sit met 'n chroniese kondisie wat maak dat ek elke dag anti histamine moet drink. Dis nie 'n allergie nie, maar die antihistanmine is die enigste pille wat werk daarvoor. Voor ek op die chroniese antihistamine gegaan het, het ek ook gereeld met sinus en hooikoors gesukkel en nou weet ek nie eens daarvan nie. Kan nie onthou wanneer laas ek met hooikoors gesukkel het nie. Ek drink elke oggend 1 Zetop tablet. Dis 'n generasie twee soos die ander wat ek hierbo genoem het en maak jou nie so moeg nie. Elke aand voor ek gaan slaap drink ek 'n Allergex (generasie 1). Hy kan 'n ou lekker moeg maak so passop vir hom. Die twee generasie werk baie goed saam as hulle op die manier gekombinieer word.
Ek het altyd Phenergan (promethazine) gebruik ook, maar dit wil voorkom of hy van ons mark onttrek is agv van misbruik van hierdie pil omdat hy 'n baie hoë sedetatiewe uitwerking gehad het. Hy het baie goed gewerk maar was net so goed jy drink voorskrif slaap pille. Maar as jy jou generasie 2 anti histamine in die oggend drink en 'n generasie 1 in die aand as jy gaan slaap, sal hooikoors en sinus jou nie weer pla nie.