Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die jong familie raakgeloop in die wildskamp wat ek bestuur. Ek het hulle by 'n stormwaterpyp opgemerk wat onder die dam deur die heining loop en besluit om hulle vanaand te loop soek. Dit was verspot maklik, hulle was met skemer buite die pyp besig om te speel en ek het drie tefies net daar met die .22LR geklits. Ek was so 60m van hulle af en elke keer as ek een piets en die gaan aan die skreeu, kom kyk die sussies wat aangaan ! So 100m verder in die gras het ek die boetie se ogies opgetel en hom van kant gemaak. Nog 'n jakkalsie het ek gewaar tewyl dit na die dam se lang riete gedraf het en ek het hom gekwes, maar kan hom nie opspoor nie. Die ma-teef het ek 'n paar keer hoor roep maar sy was aan die ander kant van die heining. Ek het op my maag gaan l? by die pyp en daarin geskyn en nog 'n jakkalsie daar in die nes geklits. So dit maak dit 5 uit die een familie. Ek hoop om die ouers later die week te gaan soek.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Nou het jy n moerse fout gemaak,jy moes die kleinkies gelos het tot jy die ouers geskiet het.Weet nie waar jy boer nie miskien is hulle nog dom.Ek wil nie op jou tone trap nie maar om kleintjies te skiet is kleinkies,jy moet die ouers kry.Hoop jy kry hulle
Boeta
PS. Ek het al die fout gemaak en het baie lank met die ouers gesukkel
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja, so leer 'n mens n? ...
Ek het die kleintjies geskiet sodat die ouers minder springbokke moet vang om almal kos te gee, maar jy reg, miskien was ek te haastig. Ek boer nie, ek werk voltyds en ek sien deeltyds om na die wildskamp van Sasol Nitro in Secunda. Ons het so 80 springbokke en 60 blesbokke wat hier rond loop. Ek sal maar probeer om die ouers te kry as hulle weer aan ons kant van die heining is.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Nee ek het nie geweeg of pens ondersoek nie - die goed het te veel gestink en ek het nie skoon water byderhand gehad om my hande te was nie. Rondom die nes was vars springbok pote, so hulle het baie onlangs heerlik gesmul.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Spanner jou "cradle snatcher" wel gedaan. Onthou om altyd eers die ouers te probeer uit oorl? voordat jy die kinders skiet. As die kinders weg is, is dit nie so maklik om die ouers by die nes te kry nie. Ek wil nou nie dik stingel trek en maak of ek alles weet nie maar my voorstel sal wees om so gou moontlik - laat vanmiddag of vanaand nog as jy kan - in die omgewing van die nes 'n goeie staan plek te kry en klein jakkalsie roep te speel.
Het so jaar of wat terug nogal goeie sukses gehad met 'n laat middag roep naby 'n nes waar ek ook eers die kinders geroer het. Kon darem die teef kry met die metode, die reun so paar dae later in gekry met 'n kos klantjie.
Spanner, Sterkte met die ouers.
Kan jy nie 'n swartwildebees daar agter by Brandspruit reel nie, ek sien daar is 'n paar mooi bulle, of een van daai groot blesbokke by Charlie 2 met die boog? Groete,
Eugene
Nee jong, dit het my maande se g@tlek en smeek gekos om al die nodige papiere en permitte en toestemmings te kry om my vuurwapens te mag inbring in Sasol, daai ouens is vol draadwerk. Ek ken vir Daan, die ou wat die groot wildskamp bestuur goed, maar hulle laat self nie meer toe dat wild uitgeskiet word nie - heeltemal te veiligheids-"oor-versigtig", hulle laat nou uitvang elke jaar. Ek het Daan al 'n paar keer gesmeek om te help as hulle die gemsbokke en elande uitskiet, maar kon nooit sy arm gedraai kry nie ! Die boog-huisies wat hulle laat opsit het was 'n totale mors van tyd, die ou kon slegs 'n paar blesbokke skiet voor hulle slim geword het, nou staan die goed en opvrot. Ek ken ongelukkig nie die Brandspruit ouens nie, sal graah self wil gaan blad skud en myself voorstel daai kant ...
Geno wrote:
Spanner, Sterkte met die ouers.
Kan jy nie 'n swartwildebees daar agter by Brandspruit reel nie, ek sien daar is 'n paar mooi bulle, of een van daai groot blesbokke by Charlie 2 met die boog? Groete,
Eugene
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !