My onlangse sukses met Jakkalsies

Post Reply
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Spanner »

Ek het die jong familie raakgeloop in die wildskamp wat ek bestuur.  Ek het hulle by 'n stormwaterpyp opgemerk wat onder die dam deur die heining loop en besluit om hulle vanaand te loop soek.  Dit was verspot maklik, hulle was met skemer buite die pyp besig om te speel en ek het drie tefies net daar met die .22LR geklits.  Ek was so 60m van hulle af en elke keer as ek een piets en die gaan aan die skreeu, kom kyk die sussies wat aangaan !  So 100m verder in die gras het ek die boetie se ogies opgetel en hom van kant gemaak.  Nog 'n jakkalsie het ek gewaar tewyl dit na die dam se lang riete gedraf het en ek het hom gekwes, maar kan hom nie opspoor nie.  Die ma-teef het ek 'n paar keer hoor roep maar sy was aan die ander kant van die heining.  Ek het op my maag gaan l? by die pyp en daarin geskyn en nog 'n jakkalsie daar in die nes geklits.  So dit maak dit 5 uit die een familie.  Ek hoop om die ouers later die week te gaan soek.

Image

Image
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Monrique (SJ) »

Mooi gedaan Spanner. Hoop jy het gemeet en geweeg? Wat was die pens inhoud,en hoe oud was hulle. Groetnis SJ
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by boeta »

Spanner

Nou het jy n moerse fout gemaak,jy moes die kleinkies gelos het tot jy die ouers geskiet het.Weet nie waar jy boer nie miskien is hulle nog dom.Ek wil nie op jou tone trap nie maar om kleintjies te skiet is kleinkies,jy moet die ouers kry.Hoop jy kry hulle

Boeta

PS. Ek het al die fout gemaak en het baie lank met die ouers gesukkel
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Spanner »

Ja, so leer 'n mens n? ...
Ek het die kleintjies geskiet sodat die ouers minder springbokke moet vang om almal kos te gee, maar jy reg, miskien was ek te haastig.  Ek boer nie, ek werk voltyds en ek sien deeltyds om na die wildskamp van Sasol Nitro in Secunda.  Ons het so 80 springbokke en 60 blesbokke wat hier rond loop.  Ek sal maar probeer om die ouers te kry as hulle weer aan ons kant van die heining is.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Spanner »

Nee ek het nie geweeg of pens ondersoek nie - die goed het te veel gestink en ek het nie skoon water byderhand gehad om my hande te was nie.  Rondom die nes was vars springbok pote, so hulle het baie onlangs heerlik gesmul.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
hagar

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by hagar »

Familiemoord! ;D
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Freek »

Spanner jou "cradle snatcher" wel gedaan. Onthou om altyd eers die ouers te probeer uit oorl? voordat jy die kinders skiet. As die kinders weg is, is dit nie so maklik om die ouers by die nes te kry nie. Ek wil nou nie dik stingel trek en maak of ek alles weet nie maar my voorstel sal wees om so gou moontlik - laat vanmiddag of vanaand nog as jy kan - in die omgewing van die nes 'n goeie staan plek te kry en klein jakkalsie roep te speel.

Het so jaar of wat terug nogal goeie sukses gehad met 'n laat middag roep naby 'n nes waar ek ook eers die kinders geroer het. Kon darem die teef kry met die metode, die reun so paar dae later in gekry met 'n kos klantjie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Geno »

Spanner, Sterkte met die ouers.
Kan jy nie 'n swartwildebees daar agter by Brandspruit reel nie, ek sien daar is 'n paar mooi bulle, of een van daai groot blesbokke by Charlie 2 met die boog? Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Tomcat »

Spanner

Arme ou goetjies, kon nog nie eers aan n lammetjie proe nie....
tafjak

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by tafjak »

Spanner
Ek hoop om die ouers later die week te gaan soek.
... jy gaan lank en lekker soek.
Dit was verspot maklik, hulle was met skemer buite die pyp besig om te speel en ek het drie tefies net daar met die .22LR geklits.
...wanneer dit te maklik word, is daar fout!

Mooiloop
Last edited by tafjak on Fri Oct 01, 2010 7:41 pm, edited 1 time in total.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by MEERKAT »

Spanner

Pa en ma gaan jou grootste nagmerrie ooit word.

Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My onlangse sukses met Jakkalsies

Post by Spanner »

Nee jong, dit het my maande se g@tlek en smeek gekos om al die nodige papiere en permitte en toestemmings te kry om my vuurwapens te mag inbring in Sasol, daai ouens is vol draadwerk.  Ek ken vir Daan, die ou wat die groot wildskamp bestuur goed, maar hulle laat self nie meer toe dat wild uitgeskiet word nie - heeltemal te veiligheids-"oor-versigtig", hulle laat nou uitvang elke jaar.  Ek het Daan al 'n paar keer gesmeek om te help as hulle die gemsbokke en elande uitskiet, maar kon nooit sy arm gedraai kry nie !  Die boog-huisies wat hulle laat opsit het was 'n totale mors van tyd, die ou kon slegs 'n paar blesbokke skiet voor hulle slim geword het, nou staan die goed en opvrot.  Ek ken ongelukkig nie die Brandspruit ouens nie, sal graah self wil gaan blad skud en myself voorstel daai kant ... ;D

Geno wrote: Spanner, Sterkte met die ouers.
Kan jy nie 'n swartwildebees daar agter by Brandspruit reel nie, ek sien daar is 'n paar mooi bulle, of een van daai groot blesbokke by Charlie 2 met die boog? Groete,
Eugene
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Post Reply