Doppe wat in kamer vassit

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Middag manne - my .270 het so ruk gelede met die moeilikheid begin. Dit was so 1 uit 10 dope as hy begin warm raak het en met winkel ammo. die problem het egter begin erger raak en het hom al 2 keer by n geweersmid gehad wat glad nie die problem kan raaksien nie. Ek het onlangs begin om met ladings te eksperiminteer en weereens was dit na elke 4 skoot n probleem. Die doppe sit behoorlik en moet met van voor af met n skoonmaak stok uitgestamp word. Ek woon in Centurion en sal werklik alle raad verwelkom.

Groete
Schalk
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Witpietskiet »

Schalk as ek mag vra watse doppe en "winkel ammo" gebruik jy?
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Witpietskiet wrote:Schalk as ek mag vra watse doppe en "winkel ammo" gebruik jy?
Hi Witpietskiet - dit is PmP pro-am winkel doppe wat ek so oor die jare uitgeskiet het en nou begin herlaai het.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Jean Marais »

Gee bietjie jou laaidata, kruittipe ens
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Witpietskiet »

Saagmeel wrote:
Witpietskiet wrote:Schalk as ek mag vra watse doppe en "winkel ammo" gebruik jy?
Hi Witpietskiet - dit is PmP pro-am winkel doppe wat ek so oor die jare uitgeskiet het en nou begin herlaai het.
Schalk probeer n ander maak doppe gebruik en kyk of die probleem weer gebeur.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Johan Reyneke »

Jean Marais wrote:Gee bietjie jou laaidata, kruittipe ens
Schalk

Se sommer ook of jy jou doppe elke keer full size of net neck size ook as hierdie antwoord.

En dalk hoeveel keer dit al herlaai is
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Jean Marais wrote:Gee bietjie jou laaidata, kruittipe ens
Ek sit met al die data by die huis - sal so maak
Die probleem het egter al voor die tyd begin kop uitsteek met PmP patrone
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by tripodmvr »

Ek dink as hierdie doppe hitte behandel word kan dit dalk help. My beste raad is egter om na Lapua, Norma of Nosler doppe te soek en hulle te gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Witpietskiet wrote:
Saagmeel wrote:
Witpietskiet wrote:Schalk as ek mag vra watse doppe en "winkel ammo" gebruik jy?
Hi Witpietskiet - dit is PmP pro-am winkel doppe wat ek so oor die jare uitgeskiet het en nou begin herlaai het.
Schalk probeer n ander maak doppe gebruik en kyk of die probleem weer gebeur.
Sal so maak die naweek - dit is net vreeslik frustrerend en ek wil die problem so gou moontlik uitsorteer. Jy kan nie so in die veld stap nie!!! :-X
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

tripodmvr wrote:Ek dink as hierdie doppe hitte behandel word kan dit dalk help. My beste raad is egter om na Lapua, Norma of Nosler doppe te soek en hulle te gebruik.
Het n pakkie Noslers wat eenmaal geskiet was herlaai met die selfde probleem. Al die doppe wat herlaai was was slegs eenmaal deur hierdie wapen gevuur.
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Manne - ek is regtig verras deur almal se spoedige bystand. word waardeur
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Johan Reyneke wrote:
Jean Marais wrote:Gee bietjie jou laaidata, kruittipe ens
Schalk

Se sommer ook of jy jou doppe elke keer full size of net neck size ook as hierdie antwoord.

En dalk hoeveel keer dit al herlaai is
Die doppe was ge-full size. Eerste keer herlaai.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by tripodmvr »

Dan moet ons kyk of jy nie supersoniese ladings gebruik wat die vassit veroorsaak of aanhelp nie. Gooi die ladings dat ons kan kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Johan Reyneke »

Schalk

Net vir interessantheid. Ek kan glad nie gekoopte PMP patrone bv in my 243 skiet, hul sit amper elke keer vas. As ek pmp doppe laai moet ek hulle ook heelwat laer as bv lapua laai.

Miskien as jy spoed ook kan bysit van jou self herlaaide patrone kan hier dalk paar manne vir jou kyk op QL wat is jou druk

Kyk sommer onder QL wat is alles nodig.
Jy kan hier loer http://jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312

Ek kry nie kans om te submit nie, hier is manne wat gans en al te vinnig tik, Probeer nou die 3de keer
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

tripodmvr wrote:Dan moet ons kyk of jy nie supersoniese ladings gebruik wat die vassit veroorsaak of aanhelp nie. Gooi die ladings dat ons kan kyk.
Sal so maak - sover ek kan onthou was die hoogste lading gemeet teen 3050vt/s en so laag as 2700. Almal het dieselde probleem veroorsaak. Ek het nog nooit die PmP 130g / 150g gemmet nie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by 243Songdaug »

Saagmeel, het jy dalk op een of ander stadium aan jou geweer se kamer laat sny of die loop vervang? Ek stem saammet Witpietskiet - verander na 'n ander maak doppe en kyk of die probleem voortduur.

Kry verkieslik nuwe doppe en doen van voor af lading ont wikkeling.

Groete.
Jaco
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Witpietskiet »

Het jy al gekyk of daar nie dalk n bietjie roes in jou kamer is nie, miskien jou kamer laat polish?
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Johan Reyneke wrote:Schalk

Net vir interessantheid. Ek kan glad nie gekoopte PMP patrone bv in my 243 skiet, hul sit amper elke keer vas. As ek pmp doppe laai moet ek hulle ook heelwat laer as bv lapua laai.

Miskien as jy spoed ook kan bysit van jou self herlaaide patrone kan hier dalk paar manne vir jou kyk op QL wat is jou druk

Kyk sommer onder QL wat is alles nodig.
Jy kan hier loer http://jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=12312

Ek kry nie kans om te submit nie, hier is manne wat gans en al te vinnig tik, Probeer nou die 3de keer
Johan - ek het met hulp van n vriend die ladings begin doen op QL. Dit kom voor of die algemene probleem blyk om die PmP doppe te wees. Dit sal net jammer wees om weg te doen met honderde 1-skoot doppe. Seker daar sal n paar belangstellendes wees as ek daai roete moet volg.
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

Witpietskiet wrote:Het jy al gekyk of daar nie dalk n bietjie roes in jou kamer is nie, miskien jou kamer laat polish?
Die wapensmid het dit by beide geleenthede gedoen en ek het daarvoor betaal. Volgens hom is dit in n baie goeie kondisie.
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

243Songdaug wrote:Saagmeel, het jy dalk op een of ander stadium aan jou geweer se kamer laat sny of die loop vervang? Ek stem saammet Witpietskiet - verander na 'n ander maak doppe en kyk of die probleem voortduur.

Kry verkieslik nuwe doppe en doen van voor af lading ont wikkeling.

Groete.
Jaco
Dankie Jaco - nee nog nooit daaraan gepeuter nie. Musgrave MOD 80 wat ek so 12 terug uit n boedel van n boer gekoop het by n geweerwinkel. Sal nie weet of daaraan gewerk was nie. Ek het hom net laat "gun-blue".
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

tripodmvr wrote:Ek dink as hierdie doppe hitte behandel word kan dit dalk help. My beste raad is egter om na Lapua, Norma of Nosler doppe te soek en hulle te gebruik.
Middag Tripod - hoe bedoel jy om dit met hitte te behandel? Ek is nog vars in die herlaai proses en gooi nog net geld in hierdie bodemlose put in. So nog baie om te leer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by tripodmvr »

Sien ons hou jou tikvinger skerp.

Hierdie vrae wat die manne vra is om te probeer elimineer watter probleem jy nie het nie.

"Annealing" is waarna ek verwys, waar die nek en skouer van die dop uitgegloei word om die brass weer sag te maak. Gewoonlik word dit na 3 maal se nekvorming gebruik.

Dit kan ook help om te sien of jy nie met "doughnuts" in die nek/skouer gebied sit nie.

Google die terme wat ek bo noem en jy sal 'n beter verduideliking kry. Op die forum is dit ook al breedvoerig bespreek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Saagmeel
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Oct 30, 2013 11:04 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by Saagmeel »

tripodmvr wrote:Sien ons hou jou tikvinger skerp.

Hierdie vrae wat die manne vra is om te probeer elimineer watter probleem jy nie het nie.

"Annealing" is waarna ek verwys, waar die nek en skouer van die dop uitgegloei word om die brass weer sag te maak. Gewoonlik word dit na 3 maal se nekvorming gebruik.

Dit kan ook help om te sien of jy nie met "doughnuts" in die nek/skouer gebied sit nie.

Google die terme wat ek bo noem en jy sal 'n beter verduideliking kry. Op die forum is dit ook al breedvoerig bespreek.
Ek het nou baie huiswerk gekry.... Op n paar baie goeie artikels intussen afgekom. Sal more weer hervat.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by theedge »

Witpietskiet wrote:Het jy al gekyk of daar nie dalk n bietjie roes in jou kamer is nie, miskien jou kamer laat polish?
Gelukkig lees ek die een nou raak. Het so ruk terug met pel se roer gesit - die kamer so bietjie gepoleer en daar het alles weer mooi geloop. Dink dit kan jou probleem wees weral as jy winkel ammo en self gelaaide ammo ebruik en dit maak dieselfde.
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: Doppe wat in kamer vassit

Post by SAKO »

Ek het onlangs met dieselfde pyn op my 22-250 gesukkel, tweekeer by Kevin in Bloem gehad om kamer te poleer. Ek het tot op hede net PMP winkelpatrone gebruik omdat ek redelik baie skiet. Noodgedwonge oorgeslaan na Sako en Norma winkelpatrone - probleem weg!! Kevin het ook van sy PMP, Sako en Remington patrone getoets en almal het mooi uitgedop. Ons reken dit moet 'n batch van my PMP's wees...
Hoop dit help!
Post Reply