"Gadgets" 'n Boer maak 'n plan.

Post Reply
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Chris Swart »

THOMAST wrote:
JTM wrote: Om als te beskerm en te versterk het die hele kop gedeelte binne 'n krag kabel end hitte krimp seël toe gekrimp.
Jannie, waar kry 'n man van daai "heat shrink tubing"?
Ek het twee ou skoonmaak stokke wat ek wil skoonmaak en daarmee oortrek

Thomas

Jy kry heat shrink tubing by meeste hardeware winkels. Kyk by die elektriese afdeling
Ek koop gewoonlik by Builders Wharehouse.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

Een van die simpelste werk by herlaai, is om die "primer pockets" skoon te maak. Ek het die plastiek omhulsels van 'n klompie elektriese toue afgehaal en dit in 2"-stukke gesny. Dit om mekaar gewoel en dan die een helfte met soldeersel geïmpregneer. (Warm gemaak sodat die soldeersel in vloei). As die soldersel stol, is die agterse deel dan stewig en hou die draadjies bymekaar. Die soldeersel-deel pas nou in my "Dremel" en ek hou net die rakkie met doppies gereed en maak een na die ander skoon in minder as 'n ½ minuut.
Die elektriese koperdraadjies is sag en beskadig nie die "primer pocket" nie.

Groetnis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by wlm »

Pieter Willem Vorster wrote:Een van die simpelste werk by herlaai, is om die "primer pockets" skoon te maak. Ek het die plastiek omhulsels van 'n klompie elektriese toue afgehaal en dit in 2"-stukke gesny. Dit om mekaar gewoel en dan die een helfte met soldeersel geïmpregneer. (Warm gemaak sodat die soldeersel in vloei). As die soldersel stol, is die agterse deel dan stewig en hou die draadjies bymekaar. Die soldeersel-deel pas nou in my "Dremel" en ek hou net die rakkie met doppies gereed en maak een na die ander skoon in minder as 'n ½ minuut.
Die elektriese koperdraadjies is sag en beskadig nie die "primer pocket" nie.

Groetnis.
Oom PeeWee
Alle slim planne (soos die een) laat dink jou mos altyd dink, "hoekom het ek nie eerste daaraan gedink nie, dis dan so voor die handliggend".
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

wlm wrote:

"You think you play with childs?"
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by theedge »

Pieter Willem Vorster wrote:

Ja stem met die een - Baie dankie vir die deel oom Pieter
User avatar
Gerharddb
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Aug 28, 2013 7:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Gerharddb »

Sjoe,slim plan. Vir iemand wat sy eerste herlaai gisteraand gedoen het is die n slim plan vir daai "gaatjie' in die agtekant van die dop.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Andrew Leigh »

Die "primer catcher" op my Rockchucker IV werk nie mooi nie. Baie primers gaan nie buis af maar val om die press en op die vloor. Vandag irriteer die ding my so hierdie plan het mooi gewerk.

http://i1133.photobucket.com/albums/m582/CZ550/Primer-Catcher.jpg

Net een M6x20 boud wat agter inskroef sonder enige gaatijes te boor. Skroef die boud in of uit tot die "carcher" net aan die ram raak, 30 sekondes later en klaar.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by HennieC »

Wie sal nee se vir 'n universal decapping die?
Ek het by 'n geweer winkel 'n klomp ou dies in 'n emmer gesien, toe soek ek een uit wat die 303 dop sal in pas.
Kry toe 'n 7mm full length die vir R50. Ek laat toe die decapping pin af draai op die draaibank dat hy in die 223 pas.
Nou het ek 'n die wat die 223 en 303 doppe se primers lekker uit druk. Dit help om die primers uit te druk dan te tumble en daar na het ek skoon dope wat na die sizing die toe gaan..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by HennieC »

Ag nog so ietsie om te keer dat mens nie moedeloos raak nie.
My Lyman power dribbler lek alewig kruit uit as ek met bal kruit werk omrede die pypie te los is in die gate.
Ek kry toe 'n pypie wat net net deur die gate skuif en sit rubber pyp oor om te keur dat hy heen en weer gly.
Toe sit ek 'n stukkie conveyer belt onder vas om bietjie meer gewig te gee en siedaar 'n dribbler wat nie meer mors nie en werk net met een hand om te draai, glad nie meer nodig om vas te hou om kruit te dribble nie.

Dit sal nou nie maak dat ek MacGyver genoem word nie maar die klein dingetjies maak die lewe makliker.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Andrev
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 08, 2011 11:29 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Andrev »

Fanta300 wrote:Ek gebruik sommer 'n klein spieëltjie wat teen 45 grade op die vlak van die balkie staan. As ek afkyk kan ek mooi sien as die skaal in balans is.
Hierdie is die beste idee. as jy nou ook ouer oe soos ek het, dan steel jy jou vrou se makeup spieel wat aan die een kant vergroot. Jy sien dan baie mooi wat aangaan.
Aan die ouens wat naalde aan die balkie vasplak, good luck!! die gewig wat jy vooraan sit sal veroorsaak dat jy 10 maal meer kruit as daai gewig moet gooi om weer te balanseer. Die verstelskroef op die skaal is net om die hele lot waterpas te stel.
Soos Thomas se, moet jy die gewig wat jy vooraan bylas, balanseer met gewig wat jy in die agterkant bysit. Die balkie voor is egter baie langer as die agterkant en jy moet dus minder gewig in dieselfde verhouding as die lengteverskil bysit. As dit ek was, het ek heeltemaal weggebly van sulke eksperimente.
Moenie die duiwel tart en met jou kruitskaal karring nie!!!

Groete
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

Andrev wrote:
Fanta300 wrote:Ek gebruik sommer 'n klein spieëltjie wat teen 45 grade op die vlak van die balkie staan. As ek afkyk kan ek mooi sien as die skaal in balans is.
Hierdie is die beste idee. as jy nou ook ouer oe soos ek het, dan steel jy jou vrou se makeup spieel wat aan die een kant vergroot. Jy sien dan baie mooi wat aangaan.
Aan die ouens wat naalde aan die balkie vasplak, good luck!! die gewig wat jy vooraan sit sal veroorsaak dat jy 10 maal meer kruit as daai gewig moet gooi om weer te balanseer. Die verstelskroef op die skaal is net om die hele lot waterpas te stel.Soos Thomas se, moet jy die gewig wat jy vooraan bylas, balanseer met gewig wat jy in die agterkant bysit. Die balkie voor is egter baie langer as die agterkant en jy moet dus minder gewig in dieselfde verhouding as die lengteverskil bysit. As dit ek was, het ek heeltemaal weggebly van sulke eksperimente.
Moenie die duiwel tart en met jou kruitskaal karring nie!!!

Groete
Uiteindelik iemand wat soos ek redeneer oor die balkie-skaal. Manne wat hier ge-"post" het oor die verstelskroef, lees maar weer. Hoop nie julle het al seergekry as gevolg van foutiewe ladings nie!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Riaan Beeslaar »

Ons moet maar oom herdoop na Mr Gadget haha, dankie vir die link
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote:
Andrev wrote:
Fanta300 wrote:Ek gebruik sommer 'n klein spieëltjie wat teen 45 grade op die vlak van die balkie staan. As ek afkyk kan ek mooi sien as die skaal in balans is.
Hierdie is die beste idee. as jy nou ook ouer oe soos ek het, dan steel jy jou vrou se makeup spieel wat aan die een kant vergroot. Jy sien dan baie mooi wat aangaan.
Aan die ouens wat naalde aan die balkie vasplak, good luck!! die gewig wat jy vooraan sit sal veroorsaak dat jy 10 maal meer kruit as daai gewig moet gooi om weer te balanseer. Die verstelskroef op die skaal is net om die hele lot waterpas te stel.Soos Thomas se, moet jy die gewig wat jy vooraan bylas, balanseer met gewig wat jy in die agterkant bysit. Die balkie voor is egter baie langer as die agterkant en jy moet dus minder gewig in dieselfde verhouding as die lengteverskil bysit. As dit ek was, het ek heeltemaal weggebly van sulke eksperimente.
Moenie die duiwel tart en met jou kruitskaal karring nie!!!

Groete
Uiteindelik iemand wat soos ek redeneer oor die balkie-skaal. Manne wat hier ge-"post" het oor die verstelskroef, lees maar weer. Hoop nie julle het al seergekry as gevolg van foutiewe ladings nie!
Ek verstaan wat julle sê rakende 'n naald op die balkie of "arm" self. Maar as jou naald op die basis (raam) self vas is, is daar mos geen invloed nie?

Ek het my skaal gezero en toe naald op die raam self vasgeplak en getoets en zero was steeds perfek... ???
Aim small, miss small
Andrev
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 08, 2011 11:29 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Andrev »

Jy is reg, solank jy nie die balkie self verander nie, sal daar nie n probleem wees nie.
Die probleem wat jy moet uitsorteer, is die paralaksfout wat kan voorkom met die balkieskale. Jy moet dus die skaal van reg voor, op dieselfde hoogte as die balkie lees om paralaks te vermy. Die truuk met die spieel werk perfek hiervoor, en jy hoef niks aan die skaal te verander nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

My geweer/teleskoop is op 100 meter ge"zero". As ek die teleskoop op stel na 400 meter, moet die "turret" 'n paar omwentelinge gedraai word. As ek nou weer nat daarna skielik weer op 100 meter wil skiet, gebeur dit soms dat 'n omwenteling te min of te veel afgestel word.
Sit die anderdag saam met Marius en skiet. Hy het 'n papiertjie geplak om te verseker dat hy weet waar die zero is. Hy me;ld toe dat 'n ringtjie ("spacer") dit baie makliker sal maak.
By die huis gekom, het ek dadelik 'n stukkie plastiek met die regte dikte gesoek en vir my 'n spacer gemaak om die spasie in die foto (gemerk X) te vul. As ek die turret nou afdraai totdat dit stop by die spacer, weet ek dit is my zero op 100 meter.

Marius en Arnold is die manne wat met die langafstand-gong-skiet hier in die Boland eksperimenteer.
Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Pappabeer »

Welkom terug oom PW. goeie plan
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Chris Swart »

Waar was die Oom vir die laaste paar weke?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

Chris Swart wrote:Waar was die Oom vir die laaste paar weke?
Was kwaad vir 'n snotkop wat my beledig het.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Chris Swart »

Pieter Willem Vorster wrote:
Chris Swart wrote:Waar was die Oom vir die laaste paar weke?
Was kwaad vir 'n snotkop wat my beledig het.

Oom Pieter

Ek het lankal in my lewe geleer om my nie meer oor ander mense se 11 1 11 op te werk nie.
Bly om te sien Oom is weer terug in goeie geselskap
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Jean Marais »

Hallo Oom PW

Bly oom is terug. Ek stem met Chris saam.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by JTM »

Praat oom van Marius Van Schalkwyk? Ons het al baie saam geskiet en hy is 'n goeie skut om van te leer.
Jannie Welman
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by NEGE3 »

Baie goeie plan Pieter.
Gaan nou vir my ook maak.
Dankie vir die deel.
Bly jy is weer op die lug.
Groete,
Koos de Beer
atplay
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sun Mar 18, 2012 12:19 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by atplay »

Welkom terug Oom PW, jou insette was gemis.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Freek »

Manne, ek is besig met 'n "gadget" in my gedagtes. Dit het nou absoluut niks met skiet uit te waai nie maar glo julle sal die een interesant vind as ek klaar is met hom. Om die projekkie te voltooi, benodig ek 'n 12V POMPIE ("Pressure pump" of water pomp) wat 4Liter/min teen so 2.5 tot 3 bar kan lewer . Het enige iemand moontlik kontak of verwysing m.b.t tot so iets?

Sal baie waardeer...

Dankie!
Post Reply