Fanta300 wrote:Ek gebruik sommer 'n klein spieëltjie wat teen 45 grade op die vlak van die balkie staan. As ek afkyk kan ek mooi sien as die skaal in balans is.
Hierdie is die beste idee. as jy nou ook ouer oe soos ek het, dan steel jy jou vrou se makeup spieel wat aan die een kant vergroot. Jy sien dan baie mooi wat aangaan.
Aan die ouens wat naalde aan die balkie vasplak, good luck!! die gewig wat jy vooraan sit sal veroorsaak dat jy 10 maal meer kruit as daai gewig moet gooi om weer te balanseer. Die verstelskroef op die skaal is net om die hele lot waterpas te stel.
Soos Thomas se, moet jy die gewig wat jy vooraan bylas, balanseer met gewig wat jy in die agterkant bysit. Die balkie voor is egter baie langer as die agterkant en jy moet dus minder gewig in dieselfde verhouding as die lengteverskil bysit. As dit ek was, het ek heeltemaal weggebly van sulke eksperimente.
Moenie die duiwel tart en met jou kruitskaal karring nie!!!
Groete