Long range Springbok...

Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Charles.308 »

Ek sien op daai afstand en die punt gaan nogsteeds reg deur die bok, ek wonder wat se spoed sal daai punt bok tref, het iemand n idee wat se spoed n .308 140g op 1000meter is?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Long range Springbok...

Post by Eugene »

Charles, ek weet nie van 'n 308 nie, maar my 6.5x284 loop nog teen so 1406 ft/s op 1200y.
Aim small, miss small
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Long range Springbok...

Post by Riaan Beeslaar »

cassie_calvinia wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Gaan kyk in Sutherland. Hulle het groot teleskope wat tot by die sterre kan kyk. Kyk of hulle nie een wil afstaan nie! ::)
hahaha
oom, dink daai is nog te lig vir henk!!
Jis ou Henk die manne haal jou darem maar lekker uit hier
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Silent Hunting »

Riaan,

Ja. Gebeur maar as hulle verveeld is. Ledigheid is 'n lelike deng....

Is maar reg, sal kyk wie kry daai 416.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Jakkie 321 »

Sjoe sal ook maar moet wag totdat ek eendag groot is..... Lekker man lekker.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Charles.308 »

Eugene as ek reg is op daai spoed gaan n jagpunt nie ifektief oopmaak nie.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Long range Springbok...

Post by JPS »

Charles,

Juis die rede dat LA Jagters nie premium jagpunte gebruik nie en oor die algemeen 'n sagter punt gebruik.

nosler se nuwe long range accubonds word adverteer dat hy tot met spoed so laag as 1300fps sal oopmaak. Dit gesamentlik met die mooi BC van die koeels is hoekom ons nie kan wag dat hulle hier beskikbaar is nie..
Van hulle site:
"Nosler, Inc. is pleased to announce the release of their new line of AccuBond® Long Range bullets. Developed through a combination of bullet manufacturing techniques that are unique to Nosler, the design of the AccuBond®-LR allows for the highest B.C. possible in a bullet of the same caliber and weight. Designed with an optimum performance window ranging from 3,200fps to 1,300fps, the unique tapered jacket geometry and proprietary bonding process of the AccuBond®-LR allow it to expand rapidly for effective energy transfer and significant tissue damage while retaining sufficient weight to ensure deep penetration into the vitals. The AccuBond® bonding process allows the AccuBond®-LR to perform reliably on game throughout the entire velocity range, eliminating the problem of being “too close” often encountered with other high-B.C. bullets. The high-performance boat-tail, long ogive, and polymer tip combine to make the AccuBond®-LR the sleekest, flattest- shooting, bonded, hunting bullet ever created. The ogive of the AccuBond®-LR is designed to provide excellent accuracy in a wide variety of firearms without the necessity of being loaded close to or in contact with the lands."
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Charles.308 »

JPS
Wat dink julle van lapua scenar punte, ek skiet tans met hulle en is heel gelukkig.
155g bthp .308
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Long range Springbok...

Post by JPS »

Charles,

Vir papier skiet is die.scenars goed. Hy het ook lekker hoe BC sels hoeer as die Bergers. Nie so groot soos hulle dit.adverteer nie.....Brian Litz het hulle getoets en gevind daar is omtrent 10% verskil in gemete bc teenoor wat hulle adverteer.

Ek weet nie van iemand wat LAJ toepas met die scenars nie. Van wat ek gelees het is die scenars baie hard en sal dus nie aangewese wees nie.

JP
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Charles.308 »

Hi JPS
Wat gebruik jy tans en wat prys die punte per 100.

Dankie
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Long range Springbok...

Post by JPS »

Hi,

Ek gebruik sierra matchkings. Die manne wat nou lang afstand jag skiet oor die algemeen met die hornady Amax punte van wat ek gesien het. As jy gaan kyk op Longrangehunting forum sal jy sien die manne daar is baie lief vir die sierra match kings. In die 308 155gn klas wen die scenars die bergers.en die smk koeels. Die Smk is 3de uit die drie wat BC betref maar die manne gaan nog steeds vir hom. Ek kyk na die Berger VLD en hybrid koeels in 140gn asook die Smk 142 gn koeels vir.die 260 Tikka T3 Sporter Hulle doen verskriklik goed in my skiet partner se T3 Sporter en veral omrede Hornady heelwat van die Amax punte nou nie gaan vervaardig vir 'n onbepaalde tydperk nie help dit nie vir my om nou met hulle te gaan nie.

PS. Jammer Polla oor die hijack van die topic.

Groete
JP
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Hein22 »

.303 wrote:Ek sien die ou het n kd op sy geweer was daar nie gese dat n kd langafstand akuraatheid beinvloed nie?
Baie mense wat ek al mee gepraat het beweer dat silencer akkuraatheid verbeter, nie net agv minder recoil nie maar dat die gasse meer eenvormig rondon die koeël versprei, veral as jou kroon nie mooi gesny is nie. Ek dink meer die rede hoekom langafstand skieters KD vermy is die mirrage wat pla wanneer hy warm word. Ek is egter nie 'n ekspert nie, dit is maar net wat ek hoor.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Long range Springbok...

Post by KalahariKlong »

Baie goed geskiet daar. Weet verseker dat daar dae se voorbereiding en harde werk agter die skerms gebeur.
Ek glo dat Hornady se AMax reeks uitstekend is vir hierdie doel. Dit beskik oor 'n baie goeie BC is lekker sag en as jy hulle gaan weeg is die afwyking in 'n "batch" regtig minimaal in vergelyking met enige ander top produk.
Die 162gn verrig regtig wonders uit my 7x64 en dit is vir my baie hartseer dat hornady produksie tydelik gestaak het op die produk.

Groete
KK
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Long range Springbok...

Post by Doomslayer »

Net so stukkie inligting: Die skut "hititatlongrange" is 'n bekende Protea Bisley skut wat ons al internasionaal verteenwoordig het (en sover ek weet meestal onder die top manne van S.A. was).

So van skiet verstaan hy waarskynlik so bietjie meer as die res van ons (en ek sluit definitief myself hierby in!).

Dit is voorwaar welgedaan - onthou dis first round cold bore hits meestal op daardie afstande.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Long range Springbok...

Post by PWV »

Doomslayer wrote:Net so stukkie inligting: Die skut "hititatlongrange" is 'n bekende Protea Bisley skut wat ons al internasionaal verteenwoordig het (en sover ek weet meestal onder die top manne van S.A. was).

So van skiet verstaan hy waarskynlik so bietjie meer as die res van ons (en ek sluit definitief myself hierby in!).

Dit is voorwaar welgedaan - onthou dis first round cold bore hits meestal op daardie afstande.
Die res van ons!!? Dit impliseer almal wat hierdie post lees. Ja, hy weet verseker meer as ek, en ek admireer hom, maar onthou net hier op die forum is baie ouens wat net soveel of dalk meer weet!

Sorry Hititatlongrange, gladnie bedoel om jou te na te kom nie! Ek stel maar net feite.
Groetnis
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Long range Springbok...

Post by Eugene »

Oom Pieter, teoretiese kennis is een ding, maar praktiese toepassing daarvan, is 'n hele ander ballgame... Peet het al internasionaal deelgeneem en SA daar verteenwoordig, hoeveel manne uit die 2500 lede het dit al gedoen? Dan is die man mos darem 'n trappie hoër as die normale naweekskut, myself ingesluit? Dit is hoe ek die "feite" sien....
Aim small, miss small
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Long range Springbok...

Post by Geno »

Oom Pieter,
Hoeveel ander forumlede was al 10de in die wêreld, en die beste skut in SA op 'n F-Klas wêreld kampioenskap?

http://www.icfra.co.uk/USERIMAGES/2005- ... nship2.pdf


Kyk gerus op bl.18. No.10
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Long range Springbok...

Post by PWV »

Eugene wrote:Oom Pieter, teoretiese kennis is een ding, maar praktiese toepassing daarvan, is 'n hele ander ballgame... Peet het al internasionaal deelgeneem en SA daar verteenwoordig, hoeveel manne uit die 2500 lede het dit al gedoen? Dan is die man mos darem 'n trappie hoër as die normale naweekskut, myself ingesluit? Dit is hoe ek die "feite" sien....
Heeltmal reg, Eugene. Soos ek gesê het, wil ek gladnie Peet se praktiese en teoretiese kennis in twyfel trek nie. Ek het ook gemeld dat ek sy vermoëns bewonder.
As Peet dan al skut is wat hieroor beskik, en die prestasies behaal het, vra ek nederig om verskoning.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Long range Springbok...

Post by douw »

Doomslayer wrote:Net so stukkie inligting: Die skut "hititatlongrange" is 'n bekende Protea Bisley skut wat ons al internasionaal verteenwoordig het (en sover ek weet meestal onder die top manne van S.A. was).

So van skiet verstaan hy waarskynlik so bietjie meer as die res van ons (en ek sluit definitief myself hierby in!).

Dit is voorwaar welgedaan - onthou dis first round cold bore hits meestal op daardie afstande.
Post Reply