Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Die kalibers is so na aanmekaar dat 'n persoon nou regtig hare split om hul teen makaar aftespeel.
Net gou iets se oor akkurattheid. Jul weet seker dat ek kan lekker spot oor die Enfield aksie 303. Hier is 'n ou by ons jagters vereniging wat met sy Enfield 303 gelaai met 150 gr hornady punte skiet dat die gons. Hy neem deel aan die groepeerings komp met daai Enfield. Hy is altyd onder die top 10. Die manne hier gooi klein groepe. Hy het al die jakkals tabel GOUD geskiet vanaf die 300 meter merk. EN dit met die ou Enfield 303 wat die ouens se so krom skiet.
303 gooi net soos 'n 308, as dit nie soms beter is nie, en ek praat nou van speod en trajek.
Vergelyk appels met appels. As die 308 en die 30-06 dieselfde twist het en dieselfde loop lengte en albei skiet met 'n 150 of 165 grein punt sal jy moet mooi meet om die verskil tussen die twee se trajek te sien.
Waar dat die 30-06 beter is met die swaarder punte in die 10 duim twist, maar ook weer waar dat die .308 beter is met ligte punte in die 14 duim twist is.
Skiet wat jy van hou, ek hou van my vrou, dalk hou jy nie van haar nie.................
Mense man, wat se gestoot en getrekery is hier aan die gang. Skiet met die roer waarmee jy gemaklik is man, soos majuba tereg erken die een het bietjie meer en die ander een bietjie minder maar hel dit is 'n baie fyn lyn. Ek kan nie sien hoekom mens tot in lengte van dae oor die teorie moet argumenteer nie. Gaan kyk na die balistieke tabelle en maak jou eie nugtere gevolg trekking - dit wys daar swart op wit watter een van die 2 het bietjie meer poeier in sy dop en performance by seker skiet afstande en herlaai kombinasies. Punt is, ons almal is nie en dink nie die selde nie so nooit sal ons almal tevrede wees met een standaard speel ding nie. Verder is ons nog lank nie beperk tot een spesifieke kliber nie ons het nog die vryheid van persoonlike keuse. Hoe kan ek nou wil stry met my kolega dat my vrou beter soen as sy vrou, as jy kan vry kan jy vry en dan kan 'n man nog kies ook daarby - dis nou te s? as jy nie getroud is soos ek nie. So in my situasie mag ek nie meer woeker onder die skoner geslag nie maar niks verhoed my om met die meisies in my kluis te speel nie en bowen al hulle is nie jaloers op mekaar as ek vandag een betas en more 'n ander een nie - wat wil 'n man nou beter h?.
Ek stem saam met Majubakettie, each to its own! Ek is 'n groot Martini en 303 fan en wat mooigeid betref (vir my) is daar nie 'n mooier geweer as 'n Martini Heny nie, maar elkeen kry sy beurt op die regte tyd en plek! My Martini het al bok platgetrek en skiet ok morsdood!
Harris30-06 wrote:
wereld wyd word daar jaar na jaar meer 30-06 gewere verkoop as enige ander kaliber en ook meer wild geskiet met n 30-06. in die selfde maak en model sal n 308 presies dieselfde prys kos...hkm koop die ouens dan die "swakker" geweer? die ladings wat die ouens aandui vir die 308 met 180gr teen 2700 is korrek. maar as die selfde laai metodes( doppe met groot dop kapasiteit, lang tpl ens) kan ek n 200gr teen 2700ft/s sekonde in my 30-06 skiet... wys my hoe doen die 308 dit...
ek voel jy moet koop wat jou gelukkig maak. my broer het n 7x57 en sal dit nooit ryl vir my 30-06 nie of enige 308 nie want hy hou van daardie geweer en cal. ek en 3 van my vriende koop nou gewere- 1x308, 2x30-06 en n ek vat n 243...almal is baie gelukkig met die geweer wat hy koop want dit is wat HY WIL HE! Dit is hoekom ek die die 308/30-06 debat en die 9.3/375 debat is soos n hond wat sy stert jaag- al in die rondte en jy kom nerens! koop wat jou gelukkig maak en pas dit reg toe!!!
groete
Daardie data is reg.Nadat hulle wild geskiet het, kom hulle agter hulle soek eerder n 308. Dan verkoop hulle die 30.06 en so kom die data vandaan...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Nee Harris , ek speel maar net. Ja ek het n 308 en hy loop so 3200 fps. Ek laai hom met 45 gr S335 met n GSC 130 Gr punt. Hy neem maar die plek van n 243 as jy so wil. Vir die groter goed gebruik ek n .375 H&H Mag.
Ek roer maar net die pot. Ek weet hoe elke ou se roer , wat ook al die kaliber, die beste een is in sy oe.
Roer maar net die pot ou pal...
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
let me stir the pot a bit too . you know that most of us don't choose the calibre of our rifles ,they choose us. you'll find a guy offered a rifle at a good price maybe he inherits it or is the only calibre in the rifle he wants what ever the case maybe .
so he gets the rifle uses it ,reads up on the calibre [hears wonderfull things about it ] and then starts hunting with it . all of a sudden it's the best calibre in the world it can do x y z the best .
let's face it all the standerd calibers are about the same , 7x57 , 308 ,270 ,3006 ,303 , 7-08 ect for the man who hunts game to kudu size and the shots are within 300m theres no differance .
meat damage , i can't see the differance in damage between the calibers , the distance of the shot and type of bullet used causes the differance in meat damage .
thanks cheers
bobby
Jis Manne
My pa is 71 en weet niks van ballistiek, vps of sulke goed nie en tog het hy (wat my aanbetref) die beste\maklikste manier om hierdie redenasie tot n spits te dryf en die wind uit die manne se seile te haal: As iemand sou aanhou oor die feit dat sy super doeper TDI soveel beter as my pa se geweer (wat nie n 308 of 30-06 is nie) is, sal my pa net se, " gaan sit hierdie klip, teiken, blik daaar teen die randjie neer en kom le langs my met jou geweer, dan kyk ons wie se geweer is die beste. Dan sien jy hoe keer die manne met die gewere wat nou net soveel beter was.
My pa KAN skiet, hy kan afstand skat,hy ken wind en hy KEN sy geweer. Dis die groot geheim. Soos baie manne al gese het!
Groete
Ribbok