Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek weet ek gaan nou weer op 'n paar tone trap, maar ek haal net aan wat daar geskryf was in die Wild en Jag tydskrif.
Volgens Wild en Jag is die "geadverteerde spoed" van 'n standaard 30-06 en 'n 180gr Remington fabrieks ammunisie 2700ft/s. Dus toe die standaard fabrieks ronte deur 'n chrony geskiet word is sy eintlike spoed 2550ft/s.
Dieselfde patroon Remington in 180gr in 308 winchester word "geadverteer" teen 2600ft/s toe die skryfer hom deur die chrony skiet doen hy toe 2520ft/s.
Dus beteken dit dat die standaard fabriekspatroon in 30-06 in 180gr NET 30ft/s vinniger is.
Dus wil ek my punt stel, daar amper geen verskil tussen die 30-06 en die 308 nie.!!!
Hoekom wil jy meer terugskop "opvreet" van 'n 30-06 as jy presies dieselfde kan doen met 'n 308Win nie..??
Lank lewe die 308 en mag alle 30-06 manne skaamkry dat so "klien seun" so groot man kan maak val.!!
Ek weet ek gaan nou weer op 'n paar tone trap, maar ek haal net aan wat daar geskryf was in die Wild en Jag tydskrif.
Volgens Wild en Jag is die "geadverteerde spoed" van 'n standaard 30-06 en 'n 180gr Remington fabrieks ammunisie 2700ft/s. Dus toe die standaard fabrieks ronte deur 'n chrony geskiet word is sy eintlike spoed 2550ft/s.
Dieselfde patroon Remington in 180gr in 308 winchester word "geadverteer" teen 2600ft/s toe die skryfer hom deur die chrony skiet doen hy toe 2520ft/s.
Dus beteken dit dat die standaard fabriekspatroon in 30-06 in 180gr NET 30ft/s vinniger is.
Dus wil ek my punt stel, daar amper geen verskil tussen die 30-06 en die 308 nie.!!!
Hoekom wil jy meer terugskop "opvreet" van 'n 30-06 as jy presies dieselfde kan doen met 'n 308Win nie..??
Lank lewe die 308 en mag alle 30-06 manne skaamkry dat so "klien seun" so groot man kan maak val.!!
Brno
Ek het 'n CZ550 in 30-06, en was onlang baie verontwaardig toe ek 180 gr ammo oor die chrony skiet en sien die spoed raak net-net aan 2400 fps, Dit nog boonop met 54gr S365 wat 1 grein oor die maksimum is. Omdat ek baie goeie resultate behaal het met S355 in die 303 het ek toe besluit om dit in die 30-06 te try.
Hiers my ladings. Hornady 150gr Interbond, 57 gr S355, spoed = 3046 fps, Nosler 180gr Accubond Hunting, 54.5 gr S355, spoed = 2740 fps.
Moet dit asseblief nie met jou 308 buksie probeer nie, jy gaan hom opblaas! Om die waarheid te se met S355 sit die 303 vir die 308 ore aan!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Ek dink oom het 'n baie wyse besluit gemaak om maar net Ja te se..
Oom Brno
My pa skiet 30-06 en my broer Ponkie skiet 308.. Hulle het onlangs die 2 met die chrony vergelyk en as ek die storie reg verstaan het, het die 308 die 30-06 baie gemaklik geklop.. Maar ek was nie die dag by nie en ek weet nou nie wat se lading en punte is gebruik nie.. Sal hom vra om bietjie die besonderhede vir julle te kom gee..
Hoe groter die dop, hoe swaarder die punt wat jy moet skiet om werklik die voordeel te kry uit die groter dop kapasiteit. Goeie voorbeeld is die Magnums (bv. 7mm RM), jy gaan moontlik 3300 fps kry met ligte punt (130gr - 140gr), maar met baie kruit (65 - 67gr S385). Jy kan dieselfde spoed kry met baie kleiner dop (284 Win), met baie minder kruit (56gr S385), maar, jy kan 'n 175 -180gr 2920fps skiet met die Magnum, en jy gaan die nie regkry met die kleiner dop nie, al wil jy.
Dus, as ons praat van 180 - 220gr .30 punte, dan gaan die 30-06 redelik gereeld die .308 uitstof, met die ligter punte sal die verskille baie baie minder wees.
So "by the way", as jy 'n ordentlike ballistiese program het, wat met G7 BC's werk, nie die geadverteerde G1 BC's nie, sal jy sien dat 100 tot 150Fps spoed weinig verskil maak aan jou trajek, so min dat jy nie hoef tyd te spandeer om die 100 fps vinniger te probeer skiet nie.
Ek weet ek gaan nou weer op 'n paar tone trap, maar ek haal net aan wat daar geskryf was in die Wild en Jag tydskrif.
Volgens Wild en Jag is die "geadverteerde spoed" van 'n standaard 30-06 en 'n 180gr Remington fabrieks ammunisie 2700ft/s. Dus toe die standaard fabrieks ronte deur 'n chrony geskiet word is sy eintlike spoed 2550ft/s.
Dieselfde patroon Remington in 180gr in 308 winchester word "geadverteer" teen 2600ft/s toe die skryfer hom deur die chrony skiet doen hy toe 2520ft/s.
Dus beteken dit dat die standaard fabriekspatroon in 30-06 in 180gr NET 30ft/s vinniger is.
Dus wil ek my punt stel, daar amper geen verskil tussen die 30-06 en die 308 nie.!!!
Hoekom wil jy meer terugskop "opvreet" van 'n 30-06 as jy presies dieselfde kan doen met 'n 308Win nie..??
Lank lewe die 308 en mag alle 30-06 manne skaamkry dat so "klien seun" so groot man kan maak val.!!
Brno
Ek het 'n CZ550 in 30-06, en was onlang baie verontwaardig toe ek 180 gr ammo oor die chrony skiet en sien die spoed raak net-net aan 2400 fps, Dit nog boonop met 54gr S365 wat 1 grein oor die maksimum is. Omdat ek baie goeie resultate behaal het met S355 in die 303 het ek toe besluit om dit in die 30-06 te try.
Hiers my ladings. Hornady 150gr Interbond, 57 gr S355, spoed = 3046 fps, Nosler 180gr Accubond Hunting, 54.5 gr S355, spoed = 2740 fps.
Moet dit asseblief nie met jou 308 buksie probeer nie, jy gaan hom opblaas! Om die waarheid te se met S355 sit die 303 vir die 308 ore aan!
Hi Do6.
Wat is jou TPL op jou 150 grainers en 180grainers hierbo genoem.
Wou darem net weer die manne bietjie wakker maak oor die onderwerp. Lees bietjie wat een van die legendes van die skiet wereld se opinie is:
Accuracy Facts
.308 Winchester versus .30-06 Springfield
By Bart Bobbitt
Seems to me that any time there's more metal contacting the bullet, the greater [the] chance that more variables come into play. Besides, folks who shoot highpower rifles the most accurate[ly] have very little case neck tension on the bullet anyway.
It's really easier to have uniform case neck tension by having it light in the first place; neck length doesn't come into play when this is how it's done. And ammo that's been handloaded [which is] then let set for several weeks or months will have a greater release force needed with long necks because of dissimilar materials bonding between bullet jacket and case neck/fouling. There's more area to bond when longer necks are used.
All that aside, lets go back to when the .30-06 and .308 were the only cartridges allowed in NRA match rifle matches. Both cartridges were used in barrels of equal quality as well as the same action and stocks by several top shooters in the USA. Both cartridges were used in matches at ranges from 100 through 1000 yards. Many thousands of rounds were fired in both types. Bullets from 168 through 200 grains were used with several powder, case and primer combinations.
In comparing accuracy between the .308 and .30-06, folks who used each quickly agreed on one thing: .308s were two to three times more accurate than the .30-06. In the early 1960s, it was also observed that competitors with lower classifications using .308s were getting higher scores than higher classified folks using .30-06s; at all ranges. By the middle to late 1960s, all the top highpower shooters and virtually all the rest had switched to the .308. The Highpower Committee had received so many complaints of ties not being able to be broke between shooters using the .308 and shooting all their shots in the tie-breaking V-ring, something had to be done to resolve this issue. In 1966, the NRA cut in half the target scoring ring dimensions.
At the peak of the .30-06's use as a competition cartridge, the most accurate rifles using it would shoot groups at 200 yards of about 2 inches, at 300 of about 3 inches. The 600-yard groups were 6 to 7 inches and at 1000 yards about 16 inches. As the high-scoring ring in targets was 3 inches at 200 and 300 yards, 12 inches at 600 and 20 inches at 1000, the top scores fired would have 90+ percent of the shots inside this V-ring.
Along came the 7.62mm NATO and its commercial version; the .308 Winchester. In the best rifles, 200 yard groups were about 3/4ths inch, at 300 about 1-1/2 inch. At 600 yards, groups were about 2-1/2 inch and at 1000 about 7 to 8 inches. It was not very long before the .30-06 round no longer won matches nor set any records; all it's records were broken by the .308 by a considerable margin. Some accuracy tests at 600 yards with the .308 produced test groups in the 1 to 2 inch range. These were 20 to 40 shot groups. No .30-06 has ever come close to shooting that well.
At 1000 yards, where both the .30-06 and .308 were allowed in Palma matches, the .308 was the clear-cut most accurate of the two. If top shooters felt the .30-06 was a more accurate round, they would have used it - they didn't. In fact by the early 1970s, the scoring ring dimensions on the 800 - 1000 yard target were also cut in about half due to the accuracy of both the .308 Win. over the .30-06 and the .30-.338 over the .300 H&H when used in long range matches.
Most top highpower shooters feel the main reason the .308 is much more accurate than the .30-06 is its shorter, fatter case promotes more uniform and gentle push on the bullet due to a higher loading density (less air space) and a more easily uniformly ignitable powder charge.
Military arsenals who produced match and service ammo in both 7.62mm and 30 caliber have fired thousands of test rounds/groups with both. They also found out that with both ammo types, the smallest groups were with the 7.62 by about 50 to 60 percent. M1 rifles in 7.62 shot about twice as small of groups as .30 M1s at all ranges. When the M14 was first used, there were some .30-06 M1 rifles that would shoot more accurately. It took the service teams several years to perfect the methods of making M14s shoot well, but when they did, they shot as good as M1s in 7.62.
There will always be folks who claim the .30-06 is a more accurate cartridge. All I have to say to them is to properly test .308 vs. .30-06 and find out. Theory is nice to think about; facts determine the truth.
* Note
Mr. Bobbitt did not submit this article to Sniper Country, but rather to the rec.guns newsgroup on February 7, 1997. He has authored many postings to rec.guns, and is highly qualified to comment on a variety of shooting-related topics. Among his many distinctions within the shooting community, he once fired a 20-shot, 3.325" group at 800 yards! (Refer to the advertisement for Krieger Barrels in the May, 1997, issue of Precision Shooting magazine.)
OOOOOOOOOO hete, dis mos nou al 'n oujare se ing dat die manne stry oor watter een van die 308 en 30-06 nou die beste is...
Wel eerstens kan 'n skut baie maklik 'n kaliber die skuld gee vir sy swak skietvernuf en dan le die probleem eintlik agter die roer! Maar nou is ons net besig met spoed en trajek lyk dit vir my.
Oom Francois, Ek het die dag getoets watter spoed ek in my 308 met die 110gr V-mav'e kan kry, en ook met die 150gr gamekings van Sierra. Ek het die kruitinhoud afgewissel met die V-max'e, maar met die gamekings het ek 44gr s335 gelaai en ek dink my gem spoed was 3013ft/s. Dit is egter net 0.5gr onder die voorgeskrewe maksimum vir 'n 150gr punt in 'n 308.
Aan die ander kant laai my pa s365 in sy 30-06, maar ek weet dat hy daardie dag beslis nie geskiet het met ammunisie wat op hulle maksimum lading was nie, so indien hy bietjie gaan sit en speel met die ladings, behoort hy my sekerlik te klop as ons beide met 'n 150gr gameking skiet, MAAR oor die akkuraatheid gaan ons 'n bietjie langer gesprek he, want hy raak oud en ek skiet met .308 so beide tel in my guns dat ek hom sal klop!!!!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Bruno my maatjie, jy stir nou al weer lekker ne!!!!
Maar soos jy ook weet my vriend, hoop eerder 'n 270 voor jy 308 koop!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Wanner gaan ons daai fancy skietbaan betree?
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Almal kan se wat hulle wil maar op die ou end gaan dit oor met watter roer jy vertroud is en gemaklik voel, as die drywer reg is agter die 308 of 30-06 gaan altwee doodmaak so dit bly maar net persoonlike smaak. Party manne ry Isuzu en ander Toyota en so gaan dit maar met die skiedgoed ook.
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
wereld wyd word daar jaar na jaar meer 30-06 gewere verkoop as enige ander kaliber en ook meer wild geskiet met n 30-06. in die selfde maak en model sal n 308 presies dieselfde prys kos...hkm koop die ouens dan die "swakker" geweer? die ladings wat die ouens aandui vir die 308 met 180gr teen 2700 is korrek. maar as die selfde laai metodes( doppe met groot dop kapasiteit, lang tpl ens) kan ek n 200gr teen 2700ft/s sekonde in my 30-06 skiet... wys my hoe doen die 308 dit...
ek voel jy moet koop wat jou gelukkig maak. my broer het n 7x57 en sal dit nooit ryl vir my 30-06 nie of enige 308 nie want hy hou van daardie geweer en cal. ek en 3 van my vriende koop nou gewere- 1x308, 2x30-06 en n ek vat n 243...almal is baie gelukkig met die geweer wat hy koop want dit is wat HY WIL HE! Dit is hoekom ek die die 308/30-06 debat en die 9.3/375 debat is soos n hond wat sy stert jaag- al in die rondte en jy kom nerens! koop wat jou gelukkig maak en pas dit reg toe!!!
groete
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Dieselfde gesprek die afgelope naweek gehad, hier was aanhangers van beide kalibers hier by my gewees. Die gesprek sal seker nooit end kry nie, elke ou se girl is mos maar die mooiste.
"Ek kan my 30-06 soos 'n 308 laat skiet" of " ek kan die 243 namaak met sekere ladings in die 30-06"
Nou hoekom wil jy dit doen? Ek glo jy koop dit wat aan jou behoeftes voldoen.
Kom ons vat die volgende vraag:"As ek net een geweer kan h?, wat sal dit wees?" Hierop gaan jy net soveel antwoorde kry as wat ons nou mee sit.
Dit is egter lekker om al die manne se antwoorde en redenasies te lees.
Dieselfde redenasie het so paar jaar gelede ook om die 303 ontstaan. Hy is te stadig, hy val te veel, hy so en hy so.
Kom ons vat bv GSCustom se punte. Ek kan my 303 met 'n 140gr punt gelaai met S 321 (44gr) teen 2925vt/sek laat skiet. Dit was nie in die verlede moontlik nie.
Ek besit 'n 303, 308 en 30-06, elkeen doen die job wat ek wil h? hy moet doen, so nou begin ons weer van voor af. Wat is die beste geveer om te besit? 303, 308 of 30-06? Het ek nou te veel van een of te min van die ander
Gaan so voort laat die skote klap
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
Dit is waar, wereldwyd word daar meer 30-06'e verkoop, waarvan die grootste gedeelte in Amerika verkoop word (VSA maak 67% van die wapen mark uit, wereldwyd). Die rede hoekom hulle so verkoop daar is omdat dit in Amerika 'n militere kaliber was , en nog steeds is in hulle komando stelsel, dus is ammunisie vrylik beskikbaar, en in elk geval goedkoop as jy dit gaan koop. Daar is ook sekere skyfskiet dissiplines in die VSA wat net met militere gewere gedoen word (ons ou diensskiet), daarom is die kaliber so gewild.
"Ek kan my 30-06 soos 'n 308 laat skiet" of " ek kan die 243 namaak met sekere ladings in die 30-06" Angry
Nou hoekom wil jy dit doen? Ek glo jy koop dit wat aan jou behoeftes voldoen.
Se ek mos van HOEKA af vi julle.
Dawie
Die rede hoekom hulle so verkoop daar is omdat dit in Amerika 'n militere kaliber was , en nog steeds is in hulle komando stelsel, dus is ammunisie vrylik beskikbaar, en in elk geval goedkoop as jy dit gaan koop.
Die het ek ook al ge-opper in die ANDER 308 topic, dis oor hulle so GOEDKOOP is dat hulle so gewild is
Bruno kan "s?" so veel soos hy wil. As hy nonsens praat gaan niemand luister nie. Die 308 se spoed met 180gr punte en maksimum ladings haal net-net 2600 fps. Almal weet dit, dis nie 'n geheim nie. Dis dan ook seker die rede hoekom hy my nie "ges?" toe ek hom geantwoord het nie.
Bottom line, die 308 is goed, maar die 30-06 is beter. Net so kan jy s? die 30-06 is goed maar die 300 Winmag is beter en die 300 winmag is goed maar die 30-378 Weatherby is beter. Die hoeveelhede kruit wat die groot magnums gebruik is egter belaglik (30-378 WM gebruik 120 gr B12.7!!!) So as jou 308 die "job" gedoen kry dan is hy mos reg!
Haal die emosie uit die argument en kyk na die feite. Die 30-06 se dop vat +- 10gr meer kruit as die 308 dop, daarom gaan hy met alle punte (110, 125, 143, 150, 165, 180, 200 en 220 gr) vinniger wees as die 308.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Moenie my vloek nie, maar hier is my redes hoekom ek met 'n .308 skiet:
1: Militere ammunisie is verniet, so ek kry baie oefening vir geen koste.
2: Hy is inherend meer akkuraat, maar daar is baie vreeslike akkurate 30-06'e ook.
3: Hy skop 'n bietjie minder. Noem my maar 'n trassie, maar 'n geweer wat minder skop, skiet lekkerder.
4: Ek het nie juis nodig vir die ekstra spoed nie, 'n 110gr v-max teen 3000+vps skiet lekker als tot op blesbok, 'n 150gr koeel teen 2800vps werk mooi op ander vlakte wild en 'n 180gr teen 2500vps skiet BAIE lekker in die bosveld.
Bottom line, skiet met dit wat vir jou selfvertroue gee.
My skoonpa sweer weer net by sy .303, my pa by 'n .243, my vriend by sy .300win mag en 'n ander vriend by sy .25-06. Almal goeie kalibers.
Dis wie die skietwerk doen wat saak maak.
DirtyOldsix wrote:
Haal die emosie uit die argument en kyk na die feite. Die 30-06 se dop vat +- 10gr meer kruit as die 308 dop, daarom gaan hy met alle punte (110, 125, 143, 150, 165, 180, 200 en 220 gr) vinniger wees as die 308.
Ek glo nie dat dit heeltemal waar is nie, S321 werk beter in die korter(51.9mm) dop as die 64mm(30-06). Met dit s? ek eintlik dat die 308 meer met die kruit(verskillende ontbrandings tempo's) kan doen as die 30-06 op dieselfde gewig koe?l. Druk agter 'n 150gr 30 kaliberkoe?l is tog die direk verantwoordelik vir die spoed van die koe?l sou ek reken. So as die druk 60 000 psi is in die 308- en 30-06kamer is, met dieselfde groefdraai, dieselfde looplengte en dieselfde koe?l moet die spoed ook dieselfde wees. Of, is ek nou heeltemal mal? Help asb!
Die 308 kan nie die 180-220gr koe?ls so vinnig as die 30-06 skiet nie, maar is ook nie daarvoor gemaak(1in12 twist) nie. Die 30-06(1in9 of 1in10) doen net beter met swaarder koe?ls as die 308.
Maar dat die 30-06 skuts beter as die 308-manne is, is gewis.