"Nuwe" Impala PH Solids

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Re:

Post by Flip Nel »

DWB wrote:Ek en Oom Kobus het nou lekker gepraat en my eerste 100 286gr PH Solids gaan binnekort in die pos wees!

Dis lekker om goeie kwaliteit solids te kan kry teen helfte van die prys van die meer populere fabrikate
Dis great laat weet hoe hulle skiet
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re:

Post by DWB »

Sal so maak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re:

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Net vir die rekord dink ek hierdie is n great produk en verseker een van die solids wat aan die meeste kreteria voldoen teen n goeie prys om alles te kroon. Welgedaan Kobus en span en ons hoop van harte die produk se verkope vaar goed.

Groetnis
Wouter
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Re:

Post by Wismit »

Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Net vir die rekord dink ek hierdie is n great produk en verseker een van die solids wat aan die meeste kreteria voldoen teen n goeie prys om alles te kroon. Welgedaan Kobus en span en ons hoop van harte die produk se verkope vaar goed.

Groetnis
Wouter
:o Wouter jy maak my regtig baie deur mekaar :o
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re:

Post by Wouter Roets »

Wismit

Hierdie is n heel ander produk vir n ander aplikasie as die een wat ons in n ander draad bespreek het. Fokus ou maat! ;D

Groetnis
Wouter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re:

Post by Frederik »

Wismit, jy sien die een is soos Richelieu en die ander een Klipdrift een groot verskil vir dieselfde ding. ;D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re:

Post by Stefan764 »

Fokus manne Fokus
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re:

Post by tau »

Ek het .375 300gr Impala's gekry vir my Ruger. Voor iemand gil, ek wil nie iets jag nie, maar ek dink die koste maak die koeels werklik lekker vir oefen en daai buffel wat my dalk mag storm as ek by spar aangaan.

Kort net begin lading vir S355
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re:

Post by Frederik »

Tau, ek gebruik die 270gr Impalas en is baie gelukkig met hulle skiet van duiker tot olifant met een lading ! Ek het nie 'n lading vir die 300gr nie maar kyk of jy so rondom 2450 fps kan kry met hulle. Genoeg spoed en jy gaan lekker penetrasie kry met hulle.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re:

Post by Stefan764 »

Tau ek sal moet gaan loer, het al so lading...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re:

Post by Stefan764 »

Gaan julle netnou n foto opsit van n 500gr Impala deur n 60cm kameelboom in n sandduin in. Nogals impressive...
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Re:

Post by tau »

Stefan764 wrote:Tau ek sal moet gaan loer, het al so lading...
Asb en dankie Mr. Sullivan
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Re:

Post by Stefan764 »

Stefan764 wrote:Hallo manne

Ek het vandag met oom Kobus gesels. Om verskeie redes gaan die koeels nie winkelrakke toe nie en ek verstaan sy redes 100%

Hy het wel vir my gese daar is baie voorraad by hom en hy verkoop dit direk aan die manne wat soek, julle kan hom direk kontak op impalabullets@icon.co.za

Ek het n klomp van die 375 300greiners gelaai, wag nou net dat die regte geleentheid hom voordoen...

Groete
Stefan
Oom Kobus het tog besluit om hierdie 300gr 375 solid op die winkelrakke te sit! Het laasweek met hom bevestig. Nou maar net bietjie geduldig wees, eks nie seker presies wanneer dit gaan wees nie.

Stef
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Re:

Post by Stefan764 »

Stefan764 wrote:Gaan julle netnou n foto opsit van n 500gr Impala deur n 60cm kameelboom in n sandduin in. Nogals impressive...
Eish, skoon vergeet van die een! Hier is hy nou:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/impala%20solid%20500gr.JPG

Let op die spiral merke wat die boom op die koeel gelos het. Min dinge harder as n ou Kameelboom....

Groete
Stefan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re:

Post by tau »

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=105& ... &start=125

Hulle werk mooi Stafan(al wag ek steeds vir jou herlaai data). Nou kort ek net tyd, geld, en vernuf dan skiet ek 'n Olikrokenosterpikkestruisvoel.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re:

Post by tau »

tau wrote:Ok ek het die 300gr Impala's gaan skiet. Kon nie die TPl langer as 83.8mm kry nie, aangesien die matrys en press my nie toegelaat het om die setter op die bokant van die Redding die nog uit te stel nie. nie, en ek bang was as ek die doppe nog dieper stel gaan ek die nekke donuts druk.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4596_zpsc4149bd0.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4597_zps67311fe6.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_4598_zps66e18abe.jpg

So ek dink nie ek gaan 2400fps haal nie, maar die 69.5 gr lading werk mooi en konstant. Die recoil is ook heel hanteerbaar met die ladings. Ek is verlief op die roer en vir die bos en sub 100m is ek reg.

Sommer gele en skiet vanf my benchrest stand.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re:

Post by DWB »

Manne, hoe lank is daai 300gr in vergelyking met normale 300gr loodkern koeels?

Ek het laat die oom vir my 286gr draai en hulle is 7mm langer as 'n standaard 286gr koeels
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re:

Post by tau »

VREK lank. My die se stelskroef bo moes ek helemal uitdraai en toe die dop ook nie helemal laat bottom teen die die se nek nie. Ek kon ook nie my TPL langer as 83.5mm maak nie, terwyl my ander patrone 84mm is.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re:

Post by DWB »

As die koeels so lank is, wat dink julle manne gaan hulle op wild maak as die paw paw die fan strike?

Daai voorste as is so lank ek is bang hy gaan buig?

Ek het ook vreeslik gesukkel om die voorgestelde spoed op hulle te kry. Sien Stefan sin was ook heelwat laer as wat hy gehoop het dit gaan wees.

Ek dink in die groter kalibers kan dit dalk beter gaan.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re:

Post by Stefan764 »

Deon jou CZ behoort nie n problem met vryboor te he nie? Of hoekom is die vraag?

As jy n Impala buig op n dier vreet ek my stel CAT bootse op. Dai een wat ek hier bo geskiet het deur die boom hardloop seepglad op n spiel, 100% konsentries. Al een wat ek nog kon buig was op 5m in n grondwal vol klip in. En sy neus het meer platgedruk as wat die shaft gebuig het. So om jou te antwoord, NEE, moenie worry lat hulle gaan buig met jag nie.

Groetnis
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re:

Post by DWB »

Ja Stefan, dis nie 'n vryboor issue nie.

Wonder maar net oor hoe hy gaan stabiliseer.

Teen 37mm is dit geensins 'n kort koeel nie.

Het nou 260gr GS Customs bestel en sal maar beide toets.

Maar dit is virseker 'n goeie produk teen 'n nog beter prys!

Gaan nog die oom se arm draai vir hulle in 404 (.423) ook.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re:

Post by Frederik »

Deon, Onthou teen 37mm hoeveel van dit vang eintlik die lands ?
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re:

Post by ZKK »

Goeie naand manne
Ek krap hier weer n ouerige post uit.

Ek wil hierdie 300gr Impala's laai saam met 300gr Rhino's in my CZ
Het iemand nie dalks ladings wat hierdie twee koele mooi die selfde POI gee nie?
Ek weet dit sal seker verskil van geweer tot geweer, maar dit behoort n goeie vertrek punt te wees.

Groete
Post Reply