"Gadgets" 'n Boer maak 'n plan.

Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by wlm »

Ek sal nie die prys vir die beste skut of jakkalsjagter op die forum wen nie, MAAR as daar 'n kompetisie vir suinig is sal julle manne moet boude vet smeer ek gaan julle looi.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Gideon@1 »

@Madako

Ek gebruik dieselfde "primer pocket uniformer" as jy, maar met een van die herlaaibare skroewedraaiers.

Die volgende behoort jou probleem op te los. Werk vir my soos 'n bom!!!!

Gaan na die link en soek "Hexagonal Shank Chuck 0.6 - 6.0mm"

http://torkcraft.hardwareonline.co.za/i ... 80364f2009

Sterkte

Gideon
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

7mm wrote:Louis, daai "magaftertjie" sal mooi loop, maar ek sien jy is nog kort met ons.
Op die draad post net die suinigste van die suiniges soos ek en Jannie. ;) Oom Pieter sal ook bloed uit 'n klip tap. ;D
Ek spot sommer, ek en JTM en manne soos Long Wolf is net erg prakties en hou van krap en karring. Dis net Oom Pieter wat suinig is. O0

Ja ek weet Oom Pieter: " My m0&r'"

Groetnis.
Het hom so bietjie getugtig om hom weer op die regte pad te kry.
Sal seker so 'n rukkie hou voordat die voorvarendheid van die jeug weer getem moet word.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Gawie(13mm) »

Nee, ek oefen solank om nie met "die Unckle" te praat nie. Volgende week is Interskole, dan is ons aardsvyande >:+
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by DawieKotze »

Gideon@1 wrote:@Madako

Ek gebruik dieselfde "primer pocket uniformer" as jy, maar met een van die herlaaibare skroewedraaiers.

Die volgende behoort jou probleem op te los. Werk vir my soos 'n bom!!!!

Gaan na die link en soek "Hexagonal Shank Chuck 0.6 - 6.0mm"

http://torkcraft.hardwareonline.co.za/i ... 80364f2009

Sterkte

Gideon
Daaaaaaiiiii kan werk!! Dankie Gideon - gaan sommer gou na werk een gaan soek.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by FanieVenter »

Hallo almal.
Ek sien julle het sommer baie netjiese planne.

Ekself het hierdie modifikasie gemaak toe ek my .270 se teleskoop ring skroewe gestrip het. Sover werk hy mooi, en kon ek saterdagnag 'n springbok op 475m in die kop skiet met die geweer.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Scope.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Scope1.jpg

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by PWV »

Faan
Jy is 'n "genius".
Met so 'n IK moes jy eintlik 'n tweeling gewees het! ;)
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by FanieVenter »

Dankie Oom Pieter.
Ek moet sê, ek is nogal trots op myself. Ek het nooit gedink dit sou werk nie.

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by JTM »

Smaak my jy is 'n ou Ford Mechanic, Fanie. Dink op jou voete en kan als met bloudraad en 'n tang regmaak. :D
Jannie Welman
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Geno »

Nou het ek ook alles gesien!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by grumpy »

Nee man! Koop nuwe ringe! Jy maak nou die jagters se naam tot hie! :): :): :-[
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Freek »

Aarde moet 'n "maplotter" wees - die manne glo mes net aan "bobwire and plier"...

Ek dink daai 475m kopskoot was tedanke aan 'n opslag koël ???
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Jaco Bezuidenhout »

Fanie,weld sommer vlgnde keer die ringe..dan gaan jy nog verder "raak" skiet. ;)
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by LongWolf »

??? ??? ???
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by vlakvark1 »

Geno wrote:Nou het ek ook alles gesien!
Ja verseker

Hierdie een hoort by ''SPEKSKIETSTORIES VAN DIE VELD''
As ek vir iemand moet vertel wat ek gesien het hoe om n teleskoop se ringe reg te maak
sal hulle my nooit glo nie, :o :o
vlakvark en bosvark Bvk
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by wlm »

Fanie
Die Engelse het mos draad aan ons boere kom bekend stel tydens die Anglo-Boere-oorlog. Daarna het die mense na draad verwys as "Engelse riem". Jy vat na my mening die koek as dit by Engelse riem kom.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by wlm »

Pieter Willem Vorster wrote:Faan
Jy is 'n "genius".
Met so 'n IK moes jy eintlik 'n tweeling gewees het! ;)
Oom PeeWee
'n Malle en 'n dooie. :):
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Polla1983 »

Vinnige Fanie...
Kom ek se eers "sjoe..."!!! uitstekend!!! Min mense wat daai tiepe initiatief het...
Ek is seker jy sou met silver weg gestap het op Nampo se uitstalling vir boere patente van die jaar.!
Louis Louw
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Jul 25, 2011 5:16 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Louis Louw »

Nog 'n goeie thread poer in sy moer >:D
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by BRNO (Pierre) »

Louis Louw wrote:Nog 'n goeie thread poer in sy moer >:D
Gee dit net so bietjie tyd. Fanie sal wel ontmasker word, dan sal die goeie boere raad weer voortgaan.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by Geno »

Hahahahahaha hoe lekker lag ek nou vir Fanie se patent.
Goed, beter, 6millimeter!
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by FanieVenter »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Fanie sal wel ontmasker word
More BRNO .06.

Hoe bedoel meneer nou? Ek is hier met eerlike en opregte intensies. Jammer as ek enigiemand tenagekom het, maar ek wil graag kennis op hierdie forum deel on ontvang.

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by BRNO (Pierre) »

FanieVenter wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Fanie sal wel ontmasker word
More BRNO .06.

Hoe bedoel meneer nou? Ek is hier met eerlike en opregte intensies. Jammer as ek enigiemand tenagekom het, maar ek wil graag kennis op hierdie forum deel on ontvang.

Groetnis
Fanie Venter
Dit is juis wat ek bedoel. Dit lyk vir my asof jy huidiglik nog effe skaam is, en n masker voorhou. Los nou maar die skaamheid en deel al jou kennis en patente met ons. Ekself het byv. verlede week nuwe ringe moes koop, na ek die een se skroefie gestrip het. As jy nou vroeer hier was, kon ek R800 gespaar het, en my ringe op jou manier reg gemaak het.
Veiligheid eerste manne!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by FCLoretz »

vlakvark1 wrote:
Geno wrote:Nou het ek ook alles gesien!
Ja verseker

Hierdie een hoort by ''SPEKSKIETSTORIES VAN DIE VELD''
As ek vir iemand moet vertel wat ek gesien het hoe om n teleskoop se ringe reg te maak
sal hulle my nooit glo nie, :o :o
Ek wonder hoekom Fanie die moeite gedoen het om 'n spyker te buis as hy net 'n tie-strap kon gebruik het.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Post by RUPERT »

Fanie is jy seeker jou van is Venter en nie Mcgyver nie.Want hel hulle se n boer maak n plan jy is n Venter met n Plan.

Skaam kry ek nou my ma het n dom kind groot gemaak. :-[
Post Reply