Slang die tyd van die jaar?

User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by vlakvark1 »

Wouter Roets wrote:Vlakvark

Swart mambas se maksimum lengte is in die omgewing van 4,5m, so 2,4m is maar nog n baie jong slang. Doen jouself die guns en vat n slangboek soos die een van Johan Marias en tel die skubbe op die kop en die keel soos in die boek geilustreer word en jy sal dalk heel verras wees om te sien jou 2 meter lange Mosambiekse spoegkobra is dalk net n Egiptiese kobra. ;) Hierdie is die enigste onbetwuste metode van slan indentifikasie want om op kleure ens te gaan lei gewoonlik tot verkeerde identifikasie. Wanneer dit kom by slangbyte is hierdie van kardinale belang met toediening van slangserum. Vlakkie ek se geensins jy is verkeerd nie maar ek kan jou waarborg dat hierdie slange bitter selde oor die 1,8m drempel gaan kuier.

Ek is vrek bang vir slange maar een ding wat hulle doen is om my te fassineer, veral die giftige spesies. Ek verslind alle leesstof en informasie wat ek in die hande kan kry.

Groetnis
Wouter
Ek het die boek juis gekoop omdat hier baie slange is
En daar is darem n duidelike verskil tussen egiptiese en mosambiekse kobra
Het al n hele paar mosambiekse kobras binne in die huis en stoor dood gemaak

Die egiptiese slang spoeg nie en die mosambiekse een spoeg
Het al n paar keer daai gif net-net die oog gemis
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by vlakvark1 »

vlakvark1 wrote:Het ook al baie mosambiekse spoegkobras van kant gemaak wat 2m lank was
Selfde met swartmamba. Hulle sê die goed word nie lank nie maar het al een geskiet van 2.4m
Jammer ouens die vingers tik mis as jy haastig is 2.4m moet wees 4.2 :-[ :-[
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by BRNO (Pierre) »

Hierdie mamba het n gids in Ellisras met n kettie dood geskiet. Ek het twee voor dit op die slang se nes gesit/ of vrek naby daaraan en wag vir iets vir die pot.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Image003.jpg?t=1372260278
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Image000.jpg?t=1372260289
Veiligheid eerste manne!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by spekieries »

Ons het oor die naweek by Bandelierkop-Legkraal. op my neef se plaas 'n boomslang en luislang raak geloop. Slange is defnitief aktief, ook gedurende die winter.
nightro suppressors
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sat May 04, 2013 1:19 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by nightro suppressors »

Daai lyk soos n wipneus kobra warmbad is vol van hulle
Toe ons daar gebly het het ek hulle gereeld gaan vang in die dorp. Sy ou naam
is die kaapse kobra. Het al baie gehoor dat hy daarvan hou om in huise te gaan torpor vir die winter

Groete
.22 Anschutz
.222 Anschutz
.30-06 Brno
12 gauge side by side Brno
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by Lourens Potgieter »

Gerrit, ek het bietjie op Google gegaan....hulle sê die Wipneus of Snouted Cobra was voorheen die Egiptiese Kobra en nie Kaapse Kobra nie....gaan glo oor die naam Egipties........
nightro suppressors
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sat May 04, 2013 1:19 am

Re: Slang die tyd van die jaar?

Post by nightro suppressors »

Deeg jys reg met daai een

Groete en kyk onder die komberse as julle slaap hahahahahaaha
hah hahah
.22 Anschutz
.222 Anschutz
.30-06 Brno
12 gauge side by side Brno
Post Reply