Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Swart mambas se maksimum lengte is in die omgewing van 4,5m, so 2,4m is maar nog n baie jong slang. Doen jouself die guns en vat n slangboek soos die een van Johan Marias en tel die skubbe op die kop en die keel soos in die boek geilustreer word en jy sal dalk heel verras wees om te sien jou 2 meter lange Mosambiekse spoegkobra is dalk net n Egiptiese kobra. Hierdie is die enigste onbetwuste metode van slan indentifikasie want om op kleure ens te gaan lei gewoonlik tot verkeerde identifikasie. Wanneer dit kom by slangbyte is hierdie van kardinale belang met toediening van slangserum. Vlakkie ek se geensins jy is verkeerd nie maar ek kan jou waarborg dat hierdie slange bitter selde oor die 1,8m drempel gaan kuier.
Ek is vrek bang vir slange maar een ding wat hulle doen is om my te fassineer, veral die giftige spesies. Ek verslind alle leesstof en informasie wat ek in die hande kan kry.
Groetnis
Wouter
Ek het die boek juis gekoop omdat hier baie slange is
En daar is darem n duidelike verskil tussen egiptiese en mosambiekse kobra
Het al n hele paar mosambiekse kobras binne in die huis en stoor dood gemaak
Die egiptiese slang spoeg nie en die mosambiekse een spoeg
Het al n paar keer daai gif net-net die oog gemis
vlakvark1 wrote:Het ook al baie mosambiekse spoegkobras van kant gemaak wat 2m lank was
Selfde met swartmamba. Hulle sê die goed word nie lank nie maar het al een geskiet van 2.4m
Jammer ouens die vingers tik mis as jy haastig is 2.4m moet wees 4.2
Hierdie mamba het n gids in Ellisras met n kettie dood geskiet. Ek het twee voor dit op die slang se nes gesit/ of vrek naby daaraan en wag vir iets vir die pot.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Image003.jpg?t=1372260278
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Image000.jpg?t=1372260289
Ons het oor die naweek by Bandelierkop-Legkraal. op my neef se plaas 'n boomslang en luislang raak geloop. Slange is defnitief aktief, ook gedurende die winter.
Daai lyk soos n wipneus kobra warmbad is vol van hulle
Toe ons daar gebly het het ek hulle gereeld gaan vang in die dorp. Sy ou naam
is die kaapse kobra. Het al baie gehoor dat hy daarvan hou om in huise te gaan torpor vir die winter
Groete
.22 Anschutz
.222 Anschutz
.30-06 Brno
12 gauge side by side Brno
Gerrit, ek het bietjie op Google gegaan....hulle sê die Wipneus of Snouted Cobra was voorheen die Egiptiese Kobra en nie Kaapse Kobra nie....gaan glo oor die naam Egipties........