Kombuis Eland bul

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Kombuis Eland bul

Post by frinam »

More almal, 'n paar fotos van 'n 2 tand elandbul wat ek gister pm geskiet het. Die man op die foto issie ekkie, is my "pel"/werker!!!! Het 245 kg uitgeslag en ons noem dit 'n kombuisbul omdat wederhelf hom ALLEEN kan baasraak!!!!
Image
Image
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Kombuis Eland bul

Post by Raven »

Oom Frikkie,
Mooi BUL daai, en die skoot plasing lyk sommer baie deftig ook.
Die veld is nog mooi daar by Oom??

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kombuis Eland bul

Post by Francois Marais »

Oom Frikkie

Nu hoe het daai wit jeepetjie gelyk met die eland agterop, of was dit voorop?? ;D ;D

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Kombuis Eland bul

Post by Robert »

Oom Frikkie

Mooi gegooi. Jy moet nou daai "pal\werker" net leer hoe om die kamera te werk en dan kan jy brag by jou bok en ons sien hoe breed jy kan smile ;D

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Kombuis Eland bul

Post by Freddie101 »

Oom Frikkie
Dit sal nou seker lekker vleis wees! Lees maar solank daar by die messlyp topic om die messe reg te kry vir die biltong.
Freddie
yol bolsun
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Kombuis Eland bul

Post by frinam »

Naand almal, dankie vir bydraes en "menings", die Jeepietjie het toe nie getol nie Francois, het maar die Unimog laat kom! Raves, weiding deur genade is nog baie goed, kwantiteit en kwaliteit, groot rede vir baie dankbaarheid. Freddy, daai eland vleisies is so doeksaf, ons sny sommer met skaapskere ;D ;D. Robert, my "maatjie" issie gebou vir die nuwe tegnologiese goeters nie, so ek laat hom maar smile en ek doen die mik en druk, ook maar nog redelik amateuragtig! :-\. Gelukskootjie gehad, die troppie wou nie gaan staan nie,  het maar aanmekaar bly draf. So op 230m 'n skootjie gewaag innie draf, die outjie darem gekry. Mooi vleis manne, heerlike "witvleisie" op!!! Groetnis- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Post Reply