Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Gert Odendaal »

Ek laai `n paar fotos op rakende `n vorige gesprek oor `n kluis mes, `n mes wat jy nie gebruik nie en net mee "bragg" soos iemand die definisie gebruik het. Ek het my opinie oor `n kluis mes en julle sal weet hoe ek daaroor voel. Maar ek sien ook ander manne se opinies raak en respekteer dit. Maar ek het hard gaan soek dat ek darem ook `n "kluis mes " kan besit, dat ek darem nou nie uitvoel tussen die gerespekteerde" Kluis-mes" manne nie. Hierdie is my beste poging wat ek kan definieer as `n "kluismes" Ek hoor graag van julle manne wat julle opinie is rakende my definisie van `n kluis mes.... ;D ++>: :): :):

Die redes dat hy in my kluis is , is seker ooglopend? :laugh: :laugh:

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010860_zps47073514.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010866_zps8ff13075.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010861_zpsd178c3ca.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010865_zps7c6230fe.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010863_zpsb04e2899.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010866_zps8ff13075.jpg
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Silent Hunting »

Maak hulle nie meer so nie.

Hoekom is ou goed altyd so mooi?
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by LongWolf »

Gert

dit is juis uit respek dat hierdie so n lekker plek is om te kuier.

my 2x kluismesse het ek aan my swaer bemaak, hy het nou n hele uitstalling gemaak.

wanneer ek weer by hom gaan kuier sal ek met sy toestemming n foto of 2 kry en dan hier laai.


jou kluismes is in n besonderse goeie toestand.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Gert Odendaal »

LongWolf wrote:Gert

dit is juis uit respek dat hierdie so n lekker plek is om te kuier.

my 2x kluismesse het ek aan my swaer bemaak, hy het nou n hele uitstalling gemaak.

wanneer ek weer by hom gaan kuier sal ek met sy toestemming n foto of 2 kry en dan hier laai.


jou kluismes is in n besonderse goeie toestand.
Ja, Lonewolf ek dink ons praat van so plus/minus 24 jaar wat ek die "kluismes " het...was eers op `n bord monteer maar het nie vir my reg gelyk nie, nou is hy afgehaal en bly in die kluis.... :laugh: ;D Ek kan draad ook met hom knip. hy het baie gebruike, ek wou hom al verander het of mooier gemaak het , weet net nie of ek iets aan hom kan verander wat hom mooier en "meaner " gaan laat lyk nie, daarom los ek die verander aan hom tot ek eendag weet wat ek wil doen met hom... ;D
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Gert Odendaal »

Silent Hunting wrote:Maak hulle nie meer so nie.

Hoekom is ou goed altyd so mooi?
Omdat hulle ou goed is , kyk maar nou na my , lyk nie te sleg na ek soveel keer al opgebruik is nie , ek is darem mooi ook gemaak, baie jare terug, net soos my kluismes... ++>: ::)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Hein M. »

;D

AK47 bayonet...

Wonder wat sy geskiedenis is :)

Baie mooi kluismes sowaar! Ek soek nog so 'n LAAANG ou Bowie vir die kluis.

Mooiloop!

Hein M
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Gert Odendaal »

Hein , jy is reg, jammer ek kon nie die AK 47 saambring nie, maar daardie tyd was dit "vreemde wapens" en ons moes alles agterlaat vir Unita. Alhoewel as ek tussen `n R4 en Ak moes kies sou ek nog steeds die R4 gevat het, al die ander manne sal met my verskil, maar my R4 wat ek in Infanterie-skool gehad het was baie akkurater en lekkerder om mee te skiet.. ;D ;)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Gerhard »

Ek het ook een erns weg gepak...

En een van die

http://en.wikipedia.org/wiki/Fairbairn– ... ting_knife
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"

Post by Born2Late »

Ek het n mes wat my oorlede oupa uit Noord Afrika gebring het met die 2e wereld oorlog. Dit het n koper skede en n mooi gebuigde lem met maan patroontjies op uitgesny.Was seker een of ander Egiptenaar s'n.
Post Reply