Ek het net 50 skaap wat met n hond vry loop. As die ooie lam word hulle by die huis gevoer anders vreet die jakkalse die lammers ook op, nou elke Sondag namiddag net na ek weg is van die plaas kom ta en vat n lam. Die werkers het hom al voor gele met n hael geweer maar kom hom nooit kry nie. Dit is nou oor n tydperk van seker 6 maande.
Die naweek mense gehad op die plaas , net nadat hulle gery het Maandag middag kom ta toe, hy het seker gedink dis ek wat gery het. n Werker het my kom roep, want hy het die ooie gehoor hardloop. Sommer van agter die geboue by die huis sien ek hom waar hy met n klein lammetjie sit. Die eertse geweer wat ek in die haastigheid gegryp het was die 270 Steyr-manlicher. Hy het so 60 m ver gewees, was so half agter n boom en agter n sifdraad ook, maar die grootste teiken gekies, reg voor die bors net om seker te maak hy vrek! Toe die skoot hom tref het die wambo ook gejuig!
