Watter case lube?

Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Watter case lube?

Post by Chris Swart »

Goeie dag mense

Ek gebruik nog altyd Lee se case lube om doppe te size.
My buisie is egter nou klaar en ek is nie seker of dit regtig die beste lube is nie.
Ek is nie mal daaroor om dit met my fingers aan te smeer nie, aangesien dit nie oral ewe dik smeer nie.
Dit is ook tydrowend om elke dop aan die binnekant van die nek met 'n earbud te lube.

Nou wil ek graag hoor,
Wat gebruik die ander manne?
Is daar beter/makliker produkte op die mark?
Of is ek onnodig vol st%$nt?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Watter case lube?

Post by DWB »

IMPERIAL SIZING WAX
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Pottie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Mon Feb 21, 2011 7:27 pm

Re: Watter case lube?

Post by Pottie »

Spray & Cook werk baie goed, is goedkoop en altyd beskikbaar veral as jy ver in die platteland woon. Was net jou doppe as jy klaar is met Sunlightlioud, wynsteensuur en warmwater.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Watter case lube?

Post by Jacko »

Hoekom gebruik niemand sintetiese motorolie nie? Dit is baie goedkoop (as jy reeds die olie het), het 'n baie hoe "shear strength", beter lubrikasie = jou doppe gaan nie 'n f** in 'n die kan vassit nie. Om maar 'n paar argumente te noem. Met moderne meganika gebruik jy gevorderde smering. Hoekom gebruik die meeste herlaaiers ouvrouprodukte? :laugh:

Ek kan 'n paar argumente daarteen nou al voorspel. Maar ek het 'n paar teenargumente. O0

Fire away!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter case lube?

Post by Eugene »

Jacko, dit stink.... ;)
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter case lube?

Post by Eugene »

Ludwig, Case Lube Spray, wat dink jy daarvan? EK het 'n blikkie persent gekry en dit werk maklik en vinnig en behoort ook baie lank te hou.
Aim small, miss small
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Watter case lube?

Post by Chris Swart »

OK

Nou vir die stupid vraag.

Wat is die verskil tussen Imperial sizing WAX en die Imperial Dry neck lube?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter case lube?

Post by BLOK »

Lyman se spray on lube, ek het al almal probeer en die een is die minste gemors. Pak die doppe op n skinkbord spuit hul liggies en size.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Watter case lube?

Post by Jacko »

Ludwig wrote:Enige lube wat op die mark verkoop word vir die doel van doppe te size en weer laai, mag geen kontaminerende effek op kruit hê nie. So indien daar bietjie van die lube binne in die dop agterbly, sal dit nie tydens ontbranding van die kruit enige effek hê nie. Ek dink nie mens kan dieselfde van sommer enige ander olie of smeermiddel sê nie. ??? Die dat Pottie sê jy moet die doppe baie goed was as jy byvoorbeeld iets soos Cook&Spray gebruik het. Imperial Sizing wax werk met bitter min moeite, dis nie smerig of taai of maak 'n gemors nie, dit verwyder baie maklik met 'n bietjie acetone indien nodig, en mens gebruik ongelooflik min daarvan. 'n Klein potjie imperial sizing wax sal jou maklik 20 000 doppe se fullsize kan gee as ek rofweg moet raai. Ek het seker nou al 1000 doppe met myne gesize en mens kan skaars sien dat daar al gebruik is. Ek persoonlik kan nie sien hoekom ek enigiets anders sal wil gebruik nie.

En as ek heel eerste resize en dan die doppe in die sonic cleaner gooi (net baie Clean Green)?

Ek kan jou waarborg daar bly zero olie agter.

Miskien is ek net 'n rebelse cheapskate. ^-^
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter case lube?

Post by BLOK »

Glo dit nou of julle wil of nie ek het al vlieee gif ook probeer, kon nie onthou watter een, doom bygone ??? nie maar het nie lube gehad nie toe try ek dit ook. Het mos n olie basis en ja dit het gewerk. ;D ;D

Ten minste sal borsluise nou nie in my ammo bokse klim nie ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter case lube?

Post by Eugene »

BLOK wrote:Lyman se spray on lube, ek het al almal probeer en die een is die minste gemors. Pak die doppe op n skinkbord spuit hul liggies en size.
Werk vir my beter, vinniger en skoner as LEE se case lube en het nog geen probleme gehad nie! Miskien is ek ook net lui... :)
Aim small, miss small
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Watter case lube?

Post by Chris Swart »

Ludwig

Verstaan ek jou reg dat dit nie nodig is om die doppe weer skoon te maak om die lube/wax af te haal voor jy koeels seat nie?

Of vee dit net maklik met 'n lap af?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Watter case lube?

Post by FCLoretz »

Gebruik jy al 3 die produkte Ludwig?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Watter case lube?

Post by Chevvy SS »

Ek het albei nou eers gesien hoe gebruik ! Nice!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Watter case lube?

Post by FCLoretz »

Ek verstaan nie mooi die verskil tussen die application media en dry neck size lubrication nie. Ek sien die Application media het ceramic coated met dry neck size lube.

Weet jy dalk hoekom?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Watter case lube?

Post by THOMAST »

Die dry neck lube is minder morsig binne die nek van die dop en affekteer glad nie die dryfmiddel nie, so jy het nie nodig om die dopnek binne in skoon te vee nie.
Moet net nie die houertjie omneuk nie..
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Watter case lube?

Post by THOMAST »

Kom ons sê maar dat die mat in my herlaaikamer vir 'n tyd 'n interessante kol gehad het >:(
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Watter case lube?

Post by LUAN »

Daardie dry neck lube lyk soos graphite ghries as ek so na dit kyk(het altwee)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter case lube?

Post by PWV »

Chris

Hier is die goed wat jy moet gebruik. Werk lekker "skoon".
Moenie enige olie gebruik soos wat ek jare gelede probeer het nie. Dop sit vas in die en moes nuwe die kry.
Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Watter case lube?

Post by JohanP »

Wat is die voordeel daaraan om dry neck lube te gebruik?
Ek het dit nog nooit gebruik nhie, en nou eers gehoor daarvan.

Ek het al selfs ñ herlaai kurrsus of twee bygewoon om meer te leer, maar nog nooit van dry neck lube nie.
Ek luister graag..
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Watter case lube?

Post by Chris Swart »

JohanP wrote:Wat is die voordeel daaraan om dry neck lube te gebruik?
Ek het dit nog nooit gebruik nhie, en nou eers gehoor daarvan.

Ek het al selfs ñ herlaai kurrsus of twee bygewoon om meer te leer, maar nog nooit van dry neck lube nie.
Ek luister graag..
Ek wil hierby aansluit deur te vra, kan mens die full length sizing wax gebruik vir die nek ook? of foeter dit rond met die kruit?
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Watter case lube?

Post by andre007 »

Rhino Lube. Dis n "non earosol" aanspuit smeermiddel. R50 vir n houertjie, hou lank en werk soos n droom.
Eugene wrote:
BLOK wrote:Lyman se spray on lube, ek het al almal probeer en die een is die minste gemors. Pak die doppe op n skinkbord spuit hul liggies en size.
Ek het ook Lyman se spraylube gebruik maar ek glo dat Rhino se produk beter en goedkoper is. Nognooit n "stuck case" gehad van ek die produk gebruik nie!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Watter case lube?

Post by Schalk75 »

Goeiemore.

Net om `n ou thread weer op te warm. Ek beplan vir die oomblik om primer my 30-06 doppe te neck-size, en dan FL size soos en wanneer nodig.

Kan ek `n mens skoon grafiet poeier gebruik vir `n neck lube? Ek wil sommer my eie houertjie maak met nommer 9 haelkorrels en grafiet, en dan die dop se nek daarin druk. Behoort bietjie van die gemors hok te slaan.

Indien ek dit so doen, moet ek die grafiet weer afvee voordat ek die koeël seat?

Ek het baie grafiet poeier, dit is hoekom ek dit oorweeg.

Ek het Lyman se lube en pad vir die vollengte jobbie (vir die oomblik).

Vanwaar kry julle ouens die Imperial Sizing Wax?

Dankie vir enige raad.
Schalk
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Watter case lube?

Post by theedge »

Ek het n ink pad geneem (nuut) geen ink in nie - gooi toe gewone motor olie op en gebruik so. het gevind dat dit baie leker werk alhoewel ek lube (lyman) het nog nooit gebruik nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watter case lube?

Post by Johan Nel »

Blackplastic wrote:Goeiemore.

Net om `n ou thread weer op te warm. Ek beplan vir die oomblik om primer my 30-06 doppe te neck-size, en dan FL size soos en wanneer nodig.

Kan ek `n mens skoon grafiet poeier gebruik vir `n neck lube? Ek wil sommer my eie houertjie maak met nommer 9 haelkorrels en grafiet, en dan die dop se nek daarin druk. Behoort bietjie van die gemors hok te slaan.

Indien ek dit so doen, moet ek die grafiet weer afvee voordat ek die koeël seat?

Ek het baie grafiet poeier, dit is hoekom ek dit oorweeg.

Ek het Lyman se lube en pad vir die vollengte jobbie (vir die oomblik).

Vanwaar kry julle ouens die Imperial Sizing Wax?

Dankie vir enige raad.
Schalk
Schalk, ek gebruik grafiet poeier vir resizing. Ek het daarvan in 'n marmite botteltjie. doop die dop nek eerste in die poeier, tot verby die skouer skud heen en weer in die botteltjie om los grifiet uit die nek te kry, sit in my pers en resize. Verskeie geweerwinkels hou die van die sizing wax aan, skakel hulle maar.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply