Hier is stukkie advies van iemand wat 'n paar GPS'e besit het en steeds besit en gebruik vir dans, kerk & werk: As jy net een GPS wil he (wat, as 'n man min of meer onmoontlik is om tot te commit
Probeer vir kleurskerm (wat nie te klein is nie) en een met "auto-routing" m.a.w. wat vir jou draai-vir-draai navigasie-instruksies kan gee wanneer jy ry.
As jy eers eenkeer ervaar het hoe maklik 'n GPS dit vir jou maak om in 'n groot, wildvreemde stad reguit na die regte adres te ry, sal jy nooit weer grappies oor hulle maak nie.
Jy moet egter steeds weet hoe dit goed werk.
So sewe, agt jaar gelede toe ek my 276C gekoop het, het ek gedog dis die Hond-se-B*ll*s. Maar hy't baie knoppies gehad!
Nou't ek die (IMHO) Rolls-Royce - die Garmin Montana. Ek kan hom ook as 'n handheld unit gebruik, maar omdat sy skerm groot is, kan ek hom ook in 'n 4x4 of in die stad gebruik. Ek stel weer glad nie in Bluetooth en liedjies speel belang as vereiste vir 'n GPS nie.
So gaan praat met 'n ekspert (m.a.w. NIE iemand in Cape Union Mart nie...).
Daar is 'n paar onafhanklike GPS-handelaars wat ek glo jou die beste advies gee. In Worcester is daar byvoorbeeld GPS Sales and Training ( http://www.gpstraining.co.za/ ). Ek ken die eienaar goed. Sy pryse en naverkopediens is eersteklas en hy koerier oornag na enige plek in Suid-Afrika. Daar is nog sulke handelaars - soek hulle maar.
Die groot winkels druk net volumes - hulle weet nie baie nie en gee nog minder om.

