Klein GPS vir W&S jag saamdra?

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Dagse manne,

ek wil net bietjie by julle uitvis omtrent n GPS wat mens sommer so aan jou belt kan vasclip of wat klein genoeg is dat mens dit in n hemps sak kan sit - maw iets wat loop en bekruip-vriendelik is en my nie gaan pla op n jag nie. Dit moet verkieslik alreeds n goeie track record / naam (Garmin?) he as 'reliable' en 'user friendly'

Is julle manne bewus van of het selfs reeds so tipe GPS wat jy op jou jagtogte / reise gebruik? Laat ek hoor wat stel julle voor asb, ek is in die mark vir so item voor die jag-seisoen begin.

(Laasjaar my woertoe verdwaal in Maltahohe-distrik >:()
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Eugene »

Ek het 'n tipe GPS/kompas funksie op my iphone, wat ek gebruik as ek op vreemde plekke jag. Ek "pinpoint" die jagkamp en sekere bakens en ook waar die bokke lê wat ek geskiet het, vir die optel slag.

Dit het nog altyd vir my gewerk.
Aim small, miss small
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by THOMAST »

Francois, ek het een van daai klein Garmin Gecko gps outjies. Hy het nie kaarte op nie, maar los 'n spoor van waar jy orals gestap het, sodat jy op jou spoor kan terugstap, of reguit na 'n gemerkte plek toe kan gaan.
Myne se skakel knoppie staan so bietjie uit en kan maklik aan en afskakel in jou hempsak. Probleem is opgelos deur 'n skaaprekkie om die knoppie vas te gom om hom te beskerm.
Een groot nadeel is dat hy met AAA batterye werk en nie lank hou nie, so ek merk plekke en sit dan af.
Die Etrex is 'n bietjie groter (AA batterye) maar pas nog steeds in jou hempsak.
Niks fensie aan hulle nie.
Last edited by THOMAST on Thu Jan 31, 2013 9:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Geno »

Cois,
Loer na Garmin se Dakota 20. Ek en Ludwig het elkeen een. Great apparaat!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by JTM »

Ek sien mens kry daai track back tipe gps wat soos 'n kompas lyk. Jy merk jou punt en stap. Dan later track jy net terug na die punt deur die pyl op die gps se gesig te volg. Klein en kompak. Ek dink amper dis 'n bushnell produk.
Jannie Welman
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by THOMAST »

Die geko en etrex het daai eienskap.
Geko is "discontinued"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Dankie manne.

Ludwig / Geno ek sal sekerlik so iets by my plaaslike electronics shop kan bestel - ek weet hulle sal nie in stock he nie want hulle cater net vir reisende toeriste en die maritieme industrie - nie vir jagters. Wil gou bietjie die dingetjie loop beloer op die web maar ek dink dis wat ek soek. Ek is n leek by GPS goetters - moet ek nog sagteware koop om n Namibies map te laai of wat?

Hoe dit ookal sy, ek wil julle op die spot sit nou en vra indien ek sukkel plaaslik en in die volgende paar weke nie regkom nie, of dit moontlik is dat julle my n prys kan uitvind by n verskaffer naby een van julle en dan DHL onkostes tot in Swakop byreken dan eft ek die bedrag in een van julle se rekening en julle stuur dit vir my?

Wat se julle?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Geno »

Cois, probeer 'n Trappers Trading of Cape Union Mart. Julle nie so shop in Whk nie?
Sonie, laat weet dan help ek jou uit. Ja, jy sal kaarte moet koop, maar dit doen mens sommer aanlyn.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Geno wrote: Cois, probeer 'n Trappers Trading of Cape Union Mart. Julle nie so shop in Whk nie?
Sonie, laat weet dan help ek jou uit. Ja, jy sal kaarte moet koop, maar dit doen mens sommer aanlyn.
Dankie Geno - het oppi werf gaan kyk en dis net wat ek soek - net n paar extras bykry soos 'auto nav kit / slip case / swivel belt clip.
Nee ons hettie sulke outles hier nie  >:(- sal op die web gaan kontak probeer maak en kyk of ek dalk direk van hulle af kan bestel.
Dankie vir jou aanbod - sal kom klop as ek nie regkom nie. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Skolla »

FHM

Hoor bietjie of jy nie by Cymot kan regkom nie?

Skolla
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Skolla wrote: FHM

Hoor bietjie of jy nie by Cymot kan regkom nie?

Skolla
Dankie Skolla, het vir Radio Electronic in WVB n mail gestuur en gevra wat sal hulle my vra om so iets van Garmin in SA te kry. Ek sal vir Cymot n mail drop - ken n ou daar in SKP by hulle ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Yogi »

Kyk ook na die Garmin FENIX, Is 'n gewone horlosie wat jy elke dag kan dra.
Het dieselfde funksies as die entry level Garmins. Kan jou roete plot,spoed, waypoint, kompas, dan het hy ook
barometer,altimeter. Alles aan jou arm,amper so groot soos jou gewone horlosie.
Battery hou heeldag, en dan kan jy hom weer vanaand laai.
Wys ook die maan fases etc. Bietjie duur maar baie handig.
243Win,RSA aksie
308 Remington VLS
Glock19
Kalibrgun Cricket
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Yogi wrote: Kyk ook na die Garmin FENIX, Is 'n gewone horlosie wat jy elke dag kan dra.
Het dieselfde funksies as die entry level Garmins. Kan jou roete plot,spoed, waypoint, kompas, dan het hy ook
barometer,altimeter. Alles aan jou arm,amper so groot soos jou gewone horlosie.
Battery hou heeldag, en dan kan jy hom weer vanaand laai.
Wys ook die maan fases etc. Bietjie duur maar baie handig.
Dankie Yogi - maar ek wil n GPS he wat ek op my dashboard ook kan sit as ek gaan bundu bash in die Ugab of Kaoko Veld, die horlosie GPS'e het ek gesien op Garmin se webwerf en dis nie regtig wat ek opsoek is na nie.
Dankie in elk geval ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Beer (Christo) »

Francois

Ek het die varmint Etrax 30. Ek weet nog nie heeltemal hoe om hom te gebruik nie, maar ek kan darem 'n posisie merk en weer terug kom daar

Groter

Christo
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by JPS »

Fhm,

Die Oregon reeks van Garmin is ook Baie goed.
Ek gebruik die Orgen 450. Het pad aanwysings, topografiese karate enS. opgelaai.

Ek het die garmap 2011 kaartreekse op en hy het Namibia ingesluit as ook van die Ander buurlande om SA.

Omtrent die grote van die Dakota met net meer aanwendings.

Groete
JP
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Piet Pille »

Frano,

Ek gebruik ook 'n garmin etrex. sy battery hou omtrend 20uur aanmekaar. Werk baie maklik. Al my visvangspot oppi rivier ook daarop geplot. Gebruik hom ook altyd as ek stap en jag. Jy kan ongelukkig nie kaarte op hom laai nie soos Thomas tereg sê nie, maar werk baie goed vir tracks, backtracks en waypoint opsporing.

Ek sal jou Meimaand wys as jy opkom
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by PWV »

GPS-manne!  Het nie in die veld groot geword nie! :P



Wow...STOP...is maar net 'n grappie, manne!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by JohanvB »

As jy kan, kry vir jou die Garmin 60CSX, onthou as jy kan...ek het een en pas hom soos goud op...dit is wat jy soek...

http://www.google.co.za/search?q=garmin ... B150%3B150
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Kalahari »

Francois

Windhoek het Cape Union wat jy kan probeer, of anders Cymot en dan is daar nog 'n ander Electornics plek ook (kan net nie die naam onthou nie), maar ek glo jy sal by Cymot kan regkom. Daar is mos een in Swakop as ek reg is? Dalk kan hulle jou reghelp of anders die nodige items van Windhoek bestel.

Groete
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by MichielC »

Goeienaand manne,

HIERDIE IS NIE N ADVERTENSIE NIE , WIL NET HELP

As julle ooit vashak om n tipe garmin gps stelsel in die hande te kry, kontak my gerus.In ons bedryf intigreer ons n Garmin GPS met ons produk, en benodig n spesiale kabel om die intigrasie te voltooi. Ek het n ooreenkoms met n maatskappy in SA wat dit vir my invoer. Het so n rukkie terug n  Garmin vir kleinboet wat vlieg ook deur hulle gekry. Wagtyd is soms bietjie lank, maar vir my doeleindes die moeite werd gewees nog altyd.

Groete,

Michiel
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Fookit ek het vergeet om nie op die werf vir die manne raad te vra nie - julle maak dit moeilik vir n man om te besluit met al die idees en voorstelle. ;)

Dankie vir die voorstelle ouens.

Die ou van Radio Electronic in Walvisbaai se hy hou nie meer die Dakota 20 aan nie want dit het nie verkoop by hom nie - maar hy kan dit bestel vir my as ek een wil he. Hy beveel as alternatief die volgende reekse aan:
*** GPSmap-62s # N$4190.00 incl.
*** eTrex-20 # N$ 2270.00
*** eTrex-30 # N$ 2840.00

Aangesien die jagseisoen nog so paar maande ver is dink ek so by myself ek moet eers vasstaan totdat ek einde Maart weer Windhoek toe gaan en eers daar bietjie rondshop by die Gunshops, electronics plekke en Cape Union (nie geweet daar is een nie! - Dankie Kalahari)

Lekker dag verder manne

PS: N pel van my gister 7 x galjoene by myl 6 gevang - hy se dis mooi sizes, die black-sam! So more-oggend voor die mossies poep is ek langs die water - moet gallies opstok - sekere mense is sekere dinge belowe... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

Manne ek het besluit om die eTrex 30 te bestel.
Dankie baie vir julle vrygewigheid met raad en idees / voorstelle. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by THOMAST »

Francois, onthou net, hy maakie koffie nie.  ;)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by FHM »

THOMAST wrote: Francois, onthou net, hy maakie koffie nie.  ;)
Shit nou se jy my...! :o

Ek is nou so de m...oer in >:( >:(, Garmin SA het geen accessories vir die tRex 30 reeks nie, ook nie vir die tRex 20 nie. Nou sal ek hoor of hulle accessories vir die Dakota 20 het en indien wel maar so een bestel en klaar kry. Gelukkig Geno en Ludwig praat goed oor die Dak 20 so dis fine met my - hoop net Garmin het accessories.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Klein GPS vir W&S jag saamdra?

Post by Kalahari »

Plesier Francois

Alhoewel ek dink nie ek het die paar keer wat ek daar was enige gps'e gesien nie. (cape union)

Hoop jy kom reg met die bybehore.
Post Reply