Spier Spasma's

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Spier Spasma's

Post by Gerhard »

Ek sukkel elke nou en dan met spasma in my nek veral as ek sleg geslaap het.

(Gebreekte nek help ook seker nie)

Dan as dit nou on aangenaam raak drink ek n dicloflam en dit sort n spasma redelik vinnig uit.

Maar nou sit ek met spasma tussen my skouer blaaie.

Dis nie ondraaglik seer nie net onaangenaam.

Wat is die beste manier om van die spasma's ontslae te raak?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Spier Spasma's

Post by SV MAD (Henk) »

Hoe is jou sit postuur by die werk?
ek soek nog wapens...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Spier Spasma's

Post by Eugene »

Gerhard, fisio en naalde! Moet net NOOIT vra dat hulle daai spasma met die hand uitvryf nie, vat die naalde, dis baie beter en BAIE minder pynvol....
Aim small, miss small
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

Eugene wrote: Gerhard, fisio en naalde! Moet net NOOIT vra dat hulle daai spasma met die hand uitvryf nie, vat die naalde, dis baie beter en BAIE minder pynvol....
Ek ken...

Daai naalde is goeie manier maar ek het nie tyd om weg te loop by die werk nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Spier Spasma's

Post by SV MAD (Henk) »

slow-Mag aanvullings?
ek soek nog wapens...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

SV MAD (Henk) wrote: slow-Mag aanvullings?
Nou begin met Magnesium en Calsium aanvullings
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Spier Spasma's

Post by kopskoot »

Gerhard wrote:
Wat is die beste manier om van die spasma's ontslae te raak?
Osteopatiese masering.

Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.

Laat weet my as jy dalk 'n tydjie kan afknyp,dan kom val jy sommer in vir 'n halfuur, anders gee ek jou haar nommer en sy sal na jou toe kom.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

kopskoot wrote: Osteopatiese masering.

Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.

Laat weet my as jy dalk 'n tydjie kan afknyp,dan kom val jy sommer in vir 'n halfuur, anders gee ek jou haar nommer en sy sal na jou toe kom.
Dit klink na n plan...

Sal laat weet as ek bly sukkel.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Spier Spasma's

Post by THOMAST »

Gerhard, as ek so lees het jy 'n ongeluk gehad waartydens jy jouself beseer het.
Indien dit rug verwant is, is dit moontlik dat werwel belyning 'n faktor kan wees, wat kan lei tot inflammasie in die kolom, en spiere wat dan saamtrek om die area te beskerm, wat dan eintlik die ongemak vererger. Sulke tye is 'n yspak op die aangetasde area van meer waarde as hitte, wat inflammasie aanhuts.
Moet dit nie ignoreer nie en met medikasie maskeer nie.
Het jy al 'n chiropraktisyn besoek?
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Spier Spasma's

Post by Born2Late »

Na n harde sessie drink ek eno's of sitro soda in n glas water.Dit haal die melksuur bietjie uit.Ek het dit gereeld gedrink met oefening vir n 100myl wedloop waarvoor ek ge oefen het.Elke dag was amper 20-30km se hardloop en dit het die bene nogal gevreet.Slowmag werk ook mooi of as julle eetplan dit toelaat kan jy piesangs eet.
Groete.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

THOMAST wrote: Gerhard, as ek so lees het jy 'n ongeluk gehad waartydens jy jouself beseer het.
Indien dit rug verwant is, is dit moontlik dat werwel belyning 'n faktor kan wees, wat kan lei tot inflammasie in die kolom, en spiere wat dan saamtrek om die area te beskerm, wat dan eintlik die ongemak vererger. Sulke tye is 'n yspak op die aangetasde area van meer waarde as hitte, wat inflammasie aanhuts.
Moet dit nie ignoreer nie en met medikasie maskeer nie.
Het jy al 'n chiropraktisyn besoek?
Ek het my C3 vertebra vergruis (nek gebreek) met n bakkie ongeluk.

C2 -4 is nou aan mekaar vas met plaate en skroewe nadat hulle been uit my heup gehaal het om C3 oor te bou.

Gelukkig pla dit nie regtig nie behalwe vir n spasma nou en dan as die kussing draai deur die nag en ek sleg le.

Waar ek nou spasma het is so tussen die blaaie en ek vermoed dit is maar omdat ek laas week die kilograme aan gedraai het in die gym en nou gee my rug my bietjie grief... lol

Daar is nie n manier wat ek naby n rug en pluk dokter kom nie agv my nek...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

Born2Late wrote: Na n harde sessie drink ek eno's of sitro soda in n glas water.Dit haal die melksuur bietjie uit.Ek het dit gereeld gedrink met oefening vir n 100myl wedloop waarvoor ek ge oefen het.Elke dag was amper 20-30km se hardloop en dit het die bene nogal gevreet.Slowmag werk ook mooi of as julle eetplan dit toelaat kan jy piesangs eet.
Groete.
Nee vrek...

100 myl wedloop???

Gee jou heupe en kniee nie probleme na al die hardloop nie?

Ek sal van more af weer piesangs kry.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Spier Spasma's

Post by Smirre »

Gerhard
Stress is baie keer die oorsaak van spasma
van die Anti dep pille keer ook spasmas... het laasjaar vir so 6 maade gedrink en my spasmas is weg

VRA jou dr.

Smirre
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

Smirre wrote: Gerhard
Stress is baie keer die oorsaak van spasma
van die Anti dep pille keer ook spasmas... het laasjaar vir so 6 maade gedrink en my spasmas is weg

VRA jou dr.

Smirre
Smirre,

Ja glo my stress word hier by die bakkie vrag vol af gelaai in die kantoor.

As dit aan hou en regtig n probleem raak sal ek by die GP n draai gaan maak.

Dankie vir die raad sover manne...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Spier Spasma's

Post by PWV »

Vra jou dokter wat hy dink van Arcoxia.  Dit het vir my gehelp.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Spier Spasma's

Post by Born2Late »

My kniee gee deesdae bietjie las,maar net tot hulle warm is dan gaan dit aan.n Goeie warmvryf met perdesalf help ook.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

Born2Late wrote: My kniee gee deesdae bietjie las,maar net tot hulle warm is dan gaan dit aan.n Goeie warmvryf met perdesalf help ook.
My Ex Skoonpa het net so baie gehardloop.

Maar hy moes teen 69 n heup vervang agv die hardloop...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Spier Spasma's

Post by henried »

Jis maar julle is oud... ;D ;D ;D
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Gerhard »

henried wrote: Jis maar julle is oud... ;D ;D ;D
Nee,

Net al goed ge pannel beat...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Spier Spasma's

Post by henried »

Ek terg net, sukkel self in die oggend om teen die trappe af te kom, my enkels...
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Spier Spasma's

Post by Born2Late »

Jy begin oud word as jy meer dokter telefoon nommers op speeddail het as vriende. :laugh:
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Spier Spasma's

Post by Dawie Malan »

Gerhard

Pasop vir te veel Natrium Diclofenak soos Voltaren en Cataflam. Dit help, maar dit voeter jou dukderm baie vinnig op.

Ek weet nie wat gaan jou spasmas wegvat nie, maar klink vir my jy het spiere wat oorkompenseer.

Groete

Dawie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Geno »

kopskoot wrote: Osteopatiese masering.

Ons het so maseuse wat elke Woensdag na ons kantore toe kom.
Happy ending and all?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Spier Spasma's

Post by Musgrave »

Geno wrote: Happy ending and all?
LMGA!!!!
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Spier Spasma's

Post by savage(P Coetzer) »

Gerhard, kry vir jou n sleep active memory foam matras.
Hulle is vrek duur maar dis ongelooflik watse nagrus mens met so matras inkry.
Na my skouer operasie het ook met spasmas gesukkel maar na ons so matras gekry het gebeur dit amper nie meer nie.
.223 Sako
.303 lee enfield
cz 9mm
miroku mk 70 o/u
Ruger mini 14ATI tac
Anshutz .22
6.5x55 cz550
maverick 88 12br
marlin 30-30
Tikka varmint .243AI
Pietersburg
Post Reply