led lensor

johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

led lensor

Post by johans »

manne ekt vir my die flits gekoop en hy lig baie goed,op die beskrywing staan 220m range en 115 lumens.die flits was r250 en is baie klein vir hoe hy lig.nou sie ek jy kry die m14 wat 280-300m kan lig met 225 lumens.hy kos r800.my vraag is kan mens hom gebruik vir jakkals jag om die oog op te tel of gaan daai lig te skerp wees.ek weet dis nie te se hy lig so ver soos hulle se nie maar jy sal n oog maklik optel op 250m het ek gesien.ekt ook die bracket gekoop wat jy die flits aan die geweerloop kan vassit.hier is dalk al so post van dit maar ek is nou nie lus om te gaan soek.ek hoor graag wat julle dink
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: led lensor

Post by PWV »

johans

Tik by "search", die volgende in:  Ligte, Dimmers

Daar bespreek die manne die goed wat hulle gebruik om die arme jakkalse te vermoor. ;)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: led lensor

Post by Cobus(Cobb) »

Oog optel....JA, maar sal jy die lyf van die oë kan ID op 200+ meter?..of skiet jy dalk 'n aardwolf of duiker of iets....
Ek sit met selfde issue...kannie 2k op 'n flits blaas nie.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: led lensor

Post by Hein M. »

Pieter Willem Vorster wrote: Daar bespreek die manne die goed wat hulle gebruik om die arme jakkalse te vermoor. ;)
:laugh:

Jy gaan hier jou tande met gebreekte vingers optel :-X

:laugh:
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: led lensor

Post by PWV »

Hein M

Gelukkig het ek lyfwagte wat in swart karre met blou ligte rondry. 8) 
As die skoen pas, trek hom aan. :)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

Hein M. wrote: :laugh:

Jy gaan hier jou tande met gebreekte vingers optel :-X

:laugh:
cobus daars n artikel in die nuwe weg van n ou wat die ligte getoets het,hy se hy kon n rooibok se lyf op 280m sien
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: led lensor

Post by PWV »

johans wrote: cobus daars n artikel in die nuwe weg van n ou wat die ligte getoets het,hy se hy kon n rooibok se lyf op 280m sien
johans, wat het jou ligte-toets-storie te doen met die dreigement van die ou wat my tande wil uitslaan en my vingers wil breek?
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

sorry pieter ek wou eintlik cobus se post quote
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: led lensor

Post by PWV »

johans wrote: sorry pieter ek wou eintlik cobus se post quote
Het gehoop jy sou aanbied om my te help!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: led lensor

Post by Cobus(Cobb) »

Kan jy vir LED 'n dimmer opsit?...ek twyfel.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: led lensor

Post by cassie_calvinia »

LED kannie dim nie.
as jakkals skiet moord is. is ek 'n trotse reeks moordenaar
HOU HOM DAAI DIKTE
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

cassie eks bly jyt ook hier ingekom want ek dink jy het al lank terug iets soortgelyk gevra.ek wil die flits net gebruik om n oog te kry soos met my soeklig,as jy die oog sien maak nie saak wat dit is nie kan ek mos dadelik my lig met die dimmer op die geweer gebruik om die dier te identifiseer
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: led lensor

Post by Francois Marais »

johans

Ek het n H14R kopliggie en n M14 flits, het met die flits al Springbok oe op 350m gesien met nuwe batterye en op di spot beam. Kon wel nie hulle lywe sien nie......so vir dit wat jy wil doen sal dit werk, MAAR.....

Hoekom wil jy dinge vir jouself moeilikker maak on ligte te switch na jy jakkals gesien het, my opinie is hou dit so eenvoudig moontlik, lig met die spotlight op jou geweer en jy is onmiddelik op die dimmer sodra jy een gewaar.....

My 2c...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: led lensor

Post by smitjs »

Manne, 115 lumens klink vir my hopeloos te swak. Daar is nie 'n manier dat jy iets kan identifiseer met so 'n swak lig nie.
Vir alternatiewe, kyk na Jetbeam BC25 XML 650 lumen @ R950, of Nitecore MT26 800 lumen @ R785+Vat.
Dis darem ook nie heeltemal korrek om te skryf dat led nie kan dim nie. Die probleem is dat die flitse almal dimmers ingebou het, en mens kan dit nie bykom om ekstern te verstel nie. Die ingeboude dimmers is nie werklik geskik vir jakkalse nie.
Die Led Lenser X21 werk nie met ordentlike batterye nie.
Wat baie aantreklik lyk, is die Jetbeam RRT3 XML, 1950 Lumen maks, met 'n dimmer ring wat maklik verstel. Die prys is iets anders, R3900.
As dit so goed kan werk soos die standaard Niteforce 140, kan dit natuurlik die koste van die borsels op die stoel en die bedrading uitsny. Die leds gee darem baie meer lig vir min stroom, en die goed gebruik uitstekende 18650 li-ion herlaaibare batterye. Die laaiers werk ook van 12v af.
Mens weet nooit, ek hou die mark dop, dalk kom die ideale led lig teen 'n kompeterende prys nog te voorskyn.
Groete
Johan Smit
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: led lensor

Post by smitjs »

Jammer, ek het vergeet om te skryf dat die ekstra battery wat so nodig is met die gewone lig, dan ook uitgesny kan word met led ligte. Dis nogal vir my 'n groot faktor. ek hou niks van gaan staan met 'n pap battery nie.
Groete
Johan Smit
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

francois dit wat jy se maak sin,ek dink maar net jy gaan baie minder beweging maak om n sirkel te lig met daai klein flits as wat jy elke keer met die hele skietstoel in die rondte draai.ek weet dit gaan jou minder tyd gee om te skiet as die jakkals ewe skielik voor jou uitdop maar dit gebeur selde hier want dis oop grasvlaktes.
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: led lensor

Post by cassie_calvinia »

ek is jammer, maar ek stem saam met oom frans.
julle probeer 'n klaar moeilike ding nog meer ingewikkeld maak.
Oom taf het vir my gese, "dis klaas moeilik om 'n jakkals te skiet, hoekom dingew nog moeliker maak".
daai verandering in lig, is al wat vlekkie nodig het om pad te vat.
met LF sien jy oe 500-600m ver. wat wil jy meer he?
'n mens skiet anyway eers 99% op 100m die jakkals.
my lig anyway 50% gedim as ek soek vir oe.
koop eerder 'n swarovski Z6, dis daar weer die verskil inkom.
HOU HOM DAAI DIKTE
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: led lensor

Post by smitjs »

Nee wat Cassie, geen rede om jammer te wees nie. Die forum is tog daar om van mekaar te leer en opinies en inligting uit te ruil.
Ek is nie 'n kenner van jakkalsjag nie, maar ek glo nie om van een lig na 'n ander te skuif maak dit soveel moeiliker nie.
Vandat die jakkals die eerste keer gesien is tot die skoot is tog redelik lank, daar is tyd om die geweer met die ander lig reg te kry. Ek sal nie daaroor argumenteer nie, ek weet te min.
Wat ek wel kan skryf is dat die led flits minder kos as die tweede battery. Die kanse van staan met 'n pap battery is ook dramaties verminder.
Sekerlik is daar die kans dat die jakkals omsit wanneer die ander lig aangesit word. As dit baie dof begin word, weet ek ook nie so mooi nie.
Wat ek wel weet is dat sommiges nagsig gebruik tot die jakkals naby is en dan die skietlig aansit. Is dit nie maar dieselfde nie?
Ons het nog nie gelees van iemand wat dit wel gedoen het nie, ek wag daarvoor.
Groete
Johan Smit
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

lyk vir my dis net johan wat my punt insien hier.cassie ek se mos dit gaan net makliker wees om n oog te soek met n flits as om heeltyd met die skietstoel rond te draai,dan maak ek dit vir myself makliker nie moeiliker nie.en die swarovski gaan nie vir my werk nie want ekt nie geld vir een nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: led lensor

Post by cassie_calvinia »

ek sien wat jy se. maar onthou, as jy rondlik mel lig op geweer, is dit net baie meer eentonig, as 'n lig wat op en af beweeg. taffie het dit vir ons geleer.
maar, jou punt geldig, 'n LED M14 gaan ver oe optel, en nie so groot kol gee nie, dalk pla dit nie die jakkalse so erg nie?
ek weet nie. probeer is seker die beste plan.
HOU HOM DAAI DIKTE
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

sal maar kyk of dit werk
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: led lensor

Post by SmitH »

smitjs wrote: Jammer, ek het vergeet om te skryf dat die ekstra battery wat so nodig is met die gewone lig, dan ook uitgesny kan word met led ligte. Dis nogal vir my 'n groot faktor. ek hou niks van gaan staan met 'n pap battery nie.
Groete
Johan Smit
Vir die manne wat alewig sukkel met n pap battery in die veld terwyl hy besig is met jakkies kan gerus hierdie metertjie aanskaf hy werk baie lekker waarsku jou as die battery begin pap raak ek gebruik hom en het nog nie weer gaan staan nie

Image

Groete
Smit
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: led lensor

Post by johans »

die led lensor is toe sommer stukkend voor ek dit nog in die veld kon toets
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: led lensor

Post by Gerhard »

johans wrote: die led lensor is toe sommer stukkend voor ek dit nog in die veld kon toets
Stuur hom terug vir http://www.awesometools.co.za/

Hulle sal hom vir jou reg maak.

Ek het die H14 koplig wat ek gebruik as optel lig.

Die P7 is op die hael pomp gemonteer vir optel gun as die jakkals besluit sy petrol is noggie klaar nie en wil bietjie hol..
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Sniper66
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Sun Sep 11, 2011 3:54 pm

Re: led lensor

Post by Sniper66 »

Dagse manne,ekt op oukersdag vir my by Due South in Windhoek n Klarus xt 30 gekoop wat 820 lumens gooi,hy werk met herlaai batterye,hyt R1500 en R120 vir charger en R220 vir 2 batterye,maar glo my hy lig een snot hou,hy het 3 dim funkies met n strobe funksie. Eks baie tevrede met hom.
"Two lines you should never Cross... The horizontal and the vertical"

223 Voere
Post Reply