Jagetiek en steenbokke

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Dimitri »

James Wilson wrote: Tog kan ek nie dink ek sal ooit op n steenbok jag kan gaan of opgewonde daaroor kan wees nie.
Ek respekteer dit, James. Geen probleem.

Ek wil net ook DirtyOldSix se vraag beantwoord: "Trou steenbokke for life?"

Dit kom van WRSA se website:

Steenbok are mostly solitary or occur in male/female or mother/lamb pairs. They are strictly territorial, with the adult ram and ewe each having a separate, fixed territory. Frequent sightings of the same individuals in pairs in the same vicinity are a result of temporary meetings when individuals pass through the overlaps of adjacent home ranges. Such incidents can last up to three days and are frequently repeated. Pairs frequently form between the same individuals but only for courtship and mating purposes or as a mother with her lamb The common rapid development of horns in male lambs also contributes to the misconception of pair-bonding, as the ewe is seen in close association with her son for an extended period giving a false impression of adult pair-bonding.

WRSA credits 22 sources for the information they compiled on steenbok. Amongst those sources are such icons such as Skinner and Furstenburg which, to me, makes the information believable.
Last edited by Dimitri on Tue Nov 27, 2012 12:31 pm, edited 1 time in total.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by DawieKotze »

Lekker volwasse en sinvolle bespreking!! Dankie!

Ons skiet gewoonlik in die Kalahari op die 1ste dag 'n steenbok vir die pot - lekkerste vleis!!

James - ek glo jy het jou antwoorde gekry. Die onderskeiding tussen die jag en/of beheer van verskillende spesies is al aangeraak op ander posts. Daar behoort geen verskil te wees tussen die gesindheid waarmee jy ongediertes beheer en waarmee jy jag nie. Alle spesies is gelyk! So is dit genoem dat steenbokke baie skade kan aanrig aan groente (en ook wingerde se botsels). Dan moet hulle getalle beheer word. Waar hulle egter baie skaars is, het ek ook al by boere gejag wat weier dat hulle geskiet word - maak nie saak wat die jagter bereid is om te betaal nie.

Vir my het dit niks met etiek te doen nie, maar eerder die volhoubare bestuur van ons natuurlike bronne.

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Dimitri, my ondervinding verskil van wat die experts in jou aanhaling waargeneem het. Sal ook baie boere hoor wat vir jou se jaar in en naar uit is daardie steenbokpaartjie by daardie of daardie dam te sien. Ek self kan jou na n plaas toe vat na n spesifieke plek enige tyd van die jaar en dan is dit nie lank nie of jy sien die paartjie bymekaar. Nie eers n ruk die ooi en die klein lam en dan word die lam groot en ek dink dit is al die tyd die ram nie. Kom ek aanvaar in die lig van die oorweldigende navorsing ek is verkeerd.  Ek wil egter een vraag vra sou dit so wees dat steenbokke wel "trou" beteken dit dat jy hulle dan nie sou geskiet het nie.

ludwig, ek hou baie van jou 2 aanhalings veral die een oor karakter. Die sistemiese bepaling van wat reg en verkeerd is binne sekere konsepte.  Dit wil dus weer vir my blyk dit wat ons al vantevore oor saam stem dat etiek( wat ookal jou breer vertaling is) elke jagter se eie  rels is wat hy self opmaak soos hy blootstelling kry.  Jy se jy is meetse van die tyd in die minderheid met jou opinnie, tog lyk dit ek is die keer ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Madoko, ja dit was nou lekker en jy is reg ek het deur pragtige volwasse antwoorde my antwoord gekry.

Ek moet jou egter se my persoonlike etiese waardes dikteer dat jy nie ongedierte beheer dieselfde kan sien as jagetiek nie.

Hieroor het ek en Ludwig ook al te lekker gesels.

Ek gaan nie n springbok lam skiet nie tog gaan ek jakkals kleintjies skiet.  Ek gaan nie n koedoekoei skiet as ek weet sy is dragtig nie tog doen ons almal dit met n rooikatof jakkals. Ek gaan nie n vanghok vir n blesbok stel nie maar sal dit sonder skroom vir n kat stel. Dit beteken nie ek gaan n jakkals doodmartel nie, waarvoor?

Ek glo vas dat jy ongedierte en die menslikhied waarmee jy dit aanpak nie met normale jagetiek moet probeer meng nie. Dit gaan bots
Last edited by James Wilson on Tue Nov 27, 2012 12:53 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Ludwig wrote:
James Wilson wrote: Ek wil egter een vraag vra sou dit so wees dat steenbokke wel "trou" beteken dit dat jy hulle dan nie sou geskiet het nie.
Ek persoonlik sal slegs ou volwasse steenbok ramme jag.
Ok, dit verstaan ek en het ek begrip mee. Nou dit is net hier waar ek dan dan glo ons moet verskillende selfopgellegde reels gebruik. Ek kies dan aspris om nie die woord etiek hier te gebruik nie. Ek glo die woord raak n struikelblok. Ons moet op n ander woord besluit wat n ander deel van jag uitmaak. Kom ons noem dit jagvoorwaardes( seker daar is n beter woord). Jy sal n n steenbok skiet op voorwaarde dat dit n n ouer ram is, maar slegs dan sal jy die sneller trek. Sou jy egter n sprinbok moet skiet vir die vleis dan sal jou voorwaardes wysig en sal jy  wel n ooi of n jong ram skiet. As n mens dan in hierdie geval nie die woord etiek wil gebruik nie en verwys na "voorwaardes" dan kan die voorwaardes waaronder jy skiet dan wel verskil van dier tot dier. Gebruik n mens die woord etiek hier, dan voel n mens nie reg dat jy se jou etiek mag maar verskil nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by DawieKotze »

James Wilson wrote:
Ek moet jou egter se my persoonlike etiese waardes dikteer dat jy nie ongedierte beheer dieselfde kan sien as jagetiek nie.

Hieroor het ek en Ludwig ook al te lekker gesels.

Ek gaan nie n springbok lam skiet nie tog gaan ek jakkals kleintjies skiet.  Ek gaan nie n koedoekoei skiet as ek weet sy is dragtig nie tog doen ons almal dit met n rooikatof jakkals. Ek gaan nie n vanghok vir n blesbok stel nie maar sal dit sonder skroom vir n kat stel. Dit beteken nie ek gaan n jakkals doodmartel nie, waarvoor?

Ek glo vas dat jy ongedierte en die menslikhied waarmee jy dit aanpak nie met normale jagetiek moet probeer meng nie. Dit gaan bots
James - dis twee verskillende bestuurs metodes. Deur die dragtige jakkals teef te skiet, bestuur jy jou toekomstige verlies. Deur 'n dragtige koedoekoei te skiet verloor jy jou toekomstige inkomste. Ek praat meer oor die ingesteldheid/gesindheid waarmee die twee metodes vir my behoort saam te gaan. Ek persoonlik voel mens moet jouself nie verlustig in die skiet van ongediertes nie, maar dit slegs sien as noodgedwonge boerdery bestuur.

Ek weet ek laat my oop vir manne wat miskien gaan verskil, want ek het nie 'n plaas wat deur ongediertes geteister word nie.  Met hierdie post is dit dan ook duidelik dat daar baie soorte en klasse van "ongediertes" is. Wie het nou ooit gedink dat die mooie ou steenbokkie ook so geklas kan word..... :D :D

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Dimitri »

James Wilson wrote: Ek wil egter een vraag vra sou dit so wees dat steenbokke wel "trou" beteken dit dat jy hulle dan nie sou geskiet het nie.
Sjoe, James. My hart wil se dat ek nie die paartjie moet opbreek nie. Maar my kop se:
1. Dan moet ek ook seker elke aleen-loper steenbok skiet omdat n' jakkals of iets die paartjie klaar opgebreek het en ek nie die ander een net so kan los nie
2. Dat die principle van volhoubare benutting nogsteeds geld. Al die ander roofdiere breek die paartjies op en jagters speel maar net die selfde rol as n' roofdier mits wyse wild bestuur beoefen word. As dit bewys is dat die ander bok sterf as sy maat geskiet/gevang word dan moet jy mos dit in ag neem as jy jou quotas vir die jaar uitwerk.
3. Skiet hulle dan twee-twee (nee, grap eintlik met hierdie een)

Ek gaan maar met nommer 2.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Beretta »

Wedersydse respek is ook n goeie woord soos bv ek sal nie n renoster skiet nie. Dit maak nie sin nie maar as jy dit wil doen en dit is volgens die wet dan moet ek dit respekteer.
Beretta
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

madako wrote:

James - dis twee verskillende bestuurs metodes.
Die een jagters se etiek is die volgende boer se bestuursmetodes. Dit is hier waar ek glo die woord etiek raak n probleem in homself as ons oor n jagwaarde stelsel praat.


Ludwig wrote: James, korrek. Ek dink jy begin nou sien hoe ek die ding benader. My vereistes wat ek myself stel, kan van joune verskil, maar dit beteken nie een van ons het oneties opgetree nie. Ons kan van jag voorwaardes verskil, en steeds beide eties optree.
Demmit, dit was nou lekker. Gaan nogsteeds nie steenbokke skiet nie maar gaan ook nie die manne veroordeel nie.
Kom ons se n jagter se jagreels/voorwaardes kan verskil van dier tot dier en jagter tot jagter, MAAR die etiesie benadering tot God se skepping moet dieselfde bly. Dit is maar n growwe veralgemening maar ek glo binne in dit val die meeste verantwoordelike jagters, en sal daar genoeg raakpunte wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Sjoe julle post te vinnig, gaan eers n paar posts lees wat ek sien ek nou gemis het terwyl ek getik het ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Dimitri, ek dink dit is nou n mooi voorbeeld. In punt nommer een was jy vir n oomblik geneig om jou eie etiese waardes te verander, en dit is wat ek se ek glo daar kan verskillende jagvoorwaardes wees. As ons dan se etiek verwys eerder na ons algemene benadering tot ons handel en wandel met. Die skepping en dan jagvoorwaardes/ bestuursmetodes word deur omsatndighede bepaal en kan wissel na gelang van omstandighede, dan glo ek ons is in bree trekke eensgesind.

Jou punt nommer 2 is natuurlik onaanvegbaar.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Sjoe Ludwig, nou is ons op n mynveld. Ons boerevolk kan nie eers saamstem oor die gebruik van nagmaal kelkies nie.


My selfde Bybel se vir my ons is oor die diere aangestel en ons moet oor hulle heers, dus as jakke n probleem is het ek n mandaat van God om op te tree, eindelik veel meer, dit is eerder n opdrag. As ek dus ongedierte beheer toepas dan doen ek dit so menslik as moonltik net soos by n olifant cull waar hulle die fona bedreig.  Ek doen dit alles so spoedig en pynloos as moontlik en ek doen dit as n gesant wat n opdrag het.

God self het onderskeid getref tussen diere deur vir die mense te se watter diere mag geeet word en watter nie.

Ludwig ek se maar net weer ons kan oor kelkies nie saamstem nie, hierdie onderwerp moet ons tog maar aan elke man se baie intieme persoonlike verhouding tussen hom en sy Skepper los. Hierdie debat hoe eerbaar ookal het die potensiaal om iewers by n punt te kom waar as ek nie met daai een saamstem nie is dit omdat hy nie n ware Christen is nie.  Ek dink dan het niemand iets bereik nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by DawieKotze »

Interessante uitgangspunt Ludwig! En ek gaan nie met jou verskil nie - ek dink ons beklemtoon net miskien twee verskillende punte van dieselfde ding  :D :D

God het ons in beheer gestel - om toesighouers te wees. Daarmee stem ek saam. Die verskil kom in wat elkeen sien hierdie rol moet wees en hoe ons dit uitvoer.

Om te boer met vee of wild of enige ander produk is tog deel van hierdie Opdrag - of hoe? Nou is my argument weer. Om suksesvol te wees met my boerdery, moet ek goeie boerdery beginsels en bestuur toepas. Dis ook 'n God gegewe opdrag (omvat in die heel eerste opdrag van Hom af).

Om 'n dragtige jakkalsteef te skiet, beskerm die boer sy veeboerdery teen toekomstige skade. Dis deel van die Opdrag. Net so kan die skiet van 'n dragtige koedoekoei gesien word as swak boerdery beginsels (indien jy nou met wild boer) en druis dit in teen die Opdrag.

Die skiet/jag van enige van die bogenoemde, moet egter met die regte ingesteldheid gebeur. Uit dankbare, nederige genade dat die jagter/skieter die voorreg en geleentheid het om deel te wees en toesighouer te wees van Sy Skepping!

Ek het egter baie respek vir jou opinie - ons bekyk die saak net uit verskillende oogpunte.

Ai - 'n lekker vuurtjie met 'n glasie osbloed sou nou baie gepas gewees het!! ;D ;D

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Dawie, en was dit nou nie n lekker leersame gesprek nie, op n lekker respekterende manier, niks van die koeel/ punt mentaliteit nie. Lekker produktief en insigewend.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Eugene »

Etiek sal altyd 'n mynveld wees, omdat dit (soos Ludwig al herhaaldelik ges? het) soos geloof is en geskoei is op algemene gemeenskapsopvattings EN jou persoonlike gevoel.

Ek en Dimitri het al op die boogforum vasgesit oor die etiek van in 'n hide sit en boogjag en een van die jagtydskrifte is al toegegooi onder briewe oor die etiek van bakkie jag teenoor op die voet jag.

Elke ou gaan sy opinie daaroor he en nie twee ouens gaan saamstem nie. As 'n voorbeeld, sal die ou wat van die bakkie af skiet, sy rede daarop baseer dat hy 'n baie beter skietplatform het en derhalwe 'n baie beter skoot kan skiet, teenoor die teenargumente van die ou wat nie daarvan hou nie.

Aan die einde van die dag, dink ek hou etiek ook in om te aanvaar dat iemand anders dalk anders oor 'n saak voel en dalk goeie redes het vir sy/haar optrede en om dit te respekteer, sonder dat jy noodwendig daarmee saamstem.
Aim small, miss small
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by tripodmvr »

Etiek - lewensuitkyk, lewensfilosofie, gewete is woorde wat by my opkom as ek na julle betoog luister - julle het baie filosofies geraak.

Met die aanbied van lesings aan nuwe lede van SA Jag het ek al diep gedink oor gebruike en lewenswyses van ander kulture die w?reld oor. Ek het aanvanklik die Amerikaners en Europe?rs kwalik geneem oor hul beheptheid om kalkoene, varke en bokke vanuit hochsitz of skuiling te skiet. Hul vereiste is die vinnige dood van hul prooi. Dit kan jy soveel beter vermag deur oor korter afstande baie goeie skootplasing te verkry. Gesien uit hul agtergrond en tradisie tree hulle dan "meer" eties op as ons wat 'n gejaagde skoot uit die skouer neem.

My jagervaring bestaan uit "deel" wees van die natuur in sy geheel. Blomme, insekte, reuke, spore, mooi berge en diere maak alles deel uit van hierdie ervaring en daarom my liefde vir stapjag. Bakkieskiet in sekere dele van ons land is noodsaaklik om getalle te beheer, maar dit is nie vir my nie en ek sal nie uit my pad gaan om so te jag nie. Word ek genoodsaak sal ek dit egter doen - dit wek nie oordeel by my nie.

Dit wat ek bo weergee wys weer na hoe persoonlik die jag tradisie en gelowe kan wees. Die een wat my die meeste laat nadink is hoe jy optree as jy alleen is en 'n jag onderneem. Jy kan nie vir jouself lieg nie en jou optrede in die omstandigheid wys jou ware etiese denke.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Eugene »

tripodmvr wrote: Etiek - lewensuitkyk, lewensfilosofie, gewete is woorde wat by my opkom as ek na julle betoog luister - julle het baie filosofies geraak.

Met die aanbied van lesings aan nuwe lede van SA Jag het ek al diep gedink oor gebruike en lewenswyses van ander kulture die w?reld oor. Ek het aanvanklik die Amerikaners en Europe?rs kwalik geneem oor hul beheptheid om kalkoene, varke en bokke vanuit hochsitz of skuiling te skiet. Hul vereiste is die vinnige dood van hul prooi. Dit kan jy soveel beter vermag deur oor korter afstande baie goeie skootplasing te verkry. Gesien uit hul agtergrond en tradisie tree hulle dan "meer" eties op as ons wat 'n gejaagde skoot uit die skouer neem.

My jagervaring bestaan uit "deel" wees van die natuur in sy geheel. Blomme, insekte, reuke, spore, mooi berge en diere maak alles deel uit van hierdie ervaring en daarom my liefde vir stapjag. Bakkieskiet in sekere dele van ons land is noodsaaklik om getalle te beheer, maar dit is nie vir my nie en ek sal nie uit my pad gaan om so te jag nie. Word ek genoodsaak sal ek dit egter doen - dit wek nie oordeel by my nie.

Dit wat ek bo weergee wys weer na hoe persoonlik die jag tradisie en gelowe kan wees. Die een wat my die meeste laat nadink is hoe jy optree as jy alleen is en 'n jag onderneem. Jy kan nie vir jouself lieg nie en jou optrede in die omstandigheid wys jou ware etiese denke.
Oom Driepoot, oom sit my gedagtes baie mooi om in woorde!

Ek het 'n pel wat nie na 'n jagplaas toe gaan, as hy nie van die bakkie af kan skiet nie, maar hy skiet een skoot doodskote en sy bokke ly nie, vandaar sy obsessie met bakkiejag. Ek is nie mal daaroor nie, want ek dink jy verneuk jouself uit 'n moerse geleentheid om in die veld te kan wees. Elkeen van onself het 'n opinie en nie een van ons is noodwendig reg en verkeerd nie, maar ons gaan jag saam, hy van die bakkie af en ek op die voet.

Dieselfde met steenbokke skiet of nie. Ek sien nie die nut daarvan nie en die paar steenbokkies by ons se lewende waarde gaan vir my hul karkaswaarde ver te bowe! Ek verstaan egter waarom ander ouens steenbokke skiet en respekteer dit.

Ek dink jou karakter en etiese (en morele) waardes begin eers wys as dinge verkeerd loop! As jy daai bok gekwes het en jy was alleen of die gids is nie doodseker nie en dis laatmiddag en jou voete is seer.... Wat gaan jy doen en hoe gaan jy optree....?
Last edited by Eugene on Tue Nov 27, 2012 3:12 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by DawieKotze »

Nie een van ons het daardie reg nie Ludwig! Soos jy tereg s?, ons deel net ons gedagtes.

Daar is mense met wie ek nooit oor hierdie onderwerp sal gesels nie. Jy is een van die uitsonderings. Dankie daarvoor!!

Daar is vir my persoonlik net een bron om te raadpleeg oor wat reg of verkeerd is en dis my Bybel. In my o? kan vandag se reg nie m?re se verkeerd wees nie en andersom. Is reg altyd eties en verkeerd altyd oneties??

Kyk nou net hou lei James se steenbokkie ons in 'n filosofiese gesprek in ;D ;D

James - ja dis lekker om so sonder 'n gebakleiery en "myne is groter as joune"  oor die lewensdinge te gesels.

Mooiloop julle twee!!

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by FHM »

Ludwig wrote:
As ons s? etiek is 'n morele filosofie, om sistematies, konsepte as reg of verkeerd te klasifiseer. Wie besluit uiteindelik wat is reg en wat is verkeerd? Hoe weet jy iets is verkeerd, of is niks absoluut nie, en alles relatief? Waarop basseer jy jou idees van reg of verkeerd? Wat jou ouers jou geleer het? Dit wat die meerderheid mense s? is reg en verkeerd? Dit wat die regering s? is reg en verkeerd? As jy hierdie vrae kan antwoord, dan weet jy ook wat is eties en wat is oneties. So maklik, of moeilik, is dit.....
Goed gestel Ludwig. Die gesprek is insiggewend en sinvol en ek vind dit interressant.
Die stukkie van Ludwig hierbo - vir my persoonlik, as dit by jagetiek kom in enige vorm en enige dier - luister ek maar altyd na die ou stemmetjie diep in my wat ons almal het en gewete noem. Dit is wat ons uniek 'ek' en 'jy' maak, en verskil van persoon tot persoon, en dit sal altyd so wees.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Eugene »

FHM, daai stemmetjie is die verskil tussen 'n jagter en 'n skieter...
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by FHM »

Eugene wrote: FHM, daai stemmetjie is die verskil tussen 'n jagter en 'n skieter...
...en tussen 'skuldig' en 'onskuldig'...
(sorry ;D)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Jean Marais »

Ek wil nie regtig iets byvoeg tot hierdie debat nie, want ek dink nie dit kon meer volledig bespreek wees nie. Wat my egter opval en be?ndruk is die wete dat die meeste deelnemers aan die gesprek, 'n baie ho? premie plaas op hoe hulle met God se skepping omgaan. Dit op sigself kweek reeds 'n groot mate van respek en etiek.

Dankie deelnemers. Het die gesprek baie insiggewend en opbouend gevind.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Ek het gou weer die topic gegaan en het so n paar opmerkings/waarnemings.

Wanner jy met iemand n kontrak aangaan vind daar gewoonlik in die begin van die kontrak n woordomskrywing plaas. Ek koop n besigheid en die kliente basis, dan word die woord kliente basis omskryf en en diffinieer. Dit sou natuurlik baie handig gewees het as ons hier n paar woorde kan omskryf ter verduideliking. Dit aanvaar ek nou sal nooit kan gebeur nie. Dit is ook nie n probleem nie.

Nog n waarneming is dat almal bewus is van hule verantwoordelikheid teenoor die skepping. Al het die woord verantwoordelikheid verskillende  vertrekpunte vir die lede.

Nog iets is dat almal eens is dat n mens maar versigtig moet wees om TE voorskriftelik te wees aan ander tov van etiek nie.

Die woord etiek is n probleem om mee te begin, en beteken nie vir almal dieselfde nie.

Daar is tog woorde wat nie n probleem is nie soos karakter.


Nou goed wat wel ook opmerklik is, is die raakpunte en hier wil ek in aggenome die goeie geselskap waarin ons is, voorstel dat ons die gesprek dan na die volgende vlak neem.


Waaroor stem ons wel saam? Wat kan ons poog om as n bree riglyn neer te le en op ons self van toepassing te maak, noem dit maar n soort n gedragskode of  n credo. Dit hoef nie spesifieke reels te wees nie maar eerder n difiniesie wat n state of mind probeer vestig waarbinne ons onself gemaklik vind om ons belanstelling uit te leef. Is ek naief om te dink dit is as n groep eensgesinde manne tog moontlik om in die bree trekke tog so saam te stem dat ons darrem op n paar grondbeginsels kan ooreenkom?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by Jean Marais »

James, sou die jagtersvereniging nie reeds so-iets h? nie. Ek is seker dat wat ons nou hier oor gesels het, binne hulle waardes on norme val, en ons onsself daarmee kan vereenselwig?

Hier is SA Jag s'n:

Gedragskode

Met diepe erkentlikheid teenoor die Opperwese, Skepper van alles wat lewe en met innige waardering vir die heelal in die volledige totaliteit daarvan, verbind ek my as jagter en as lid van die Suid Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging om:
? Alle geskrewe en ongeskrewe jagwette en voorskrkrifte te eerbiedig en niks uit die natuur te neem waarop ek nie geregtig is nie
? Met deernis te jag en net uit die natuur te benut wat ek kan gebruik
? Fauna en flora, grond en water en die lewe wat dit versinnebeeld aktief te bewaar en met respek en liefde te bejeen
? My vuurwapen met kundigheid en oordeel te benut en met eerbied vir die lewe aan te wend en om
? Nederig te jag, my medejagter te respekteer en jag te bevorder en uit te bou.
Last edited by Jean Marais on Tue Nov 27, 2012 4:01 pm, edited 1 time in total.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagetiek en steenbokke

Post by James Wilson »

Ja nee ons moet nou netnie die wiel herontwerp nie. Steeds voel ek dat daar ruimte is vir Jaracal om so sy eie geur aan die onderwerp te kan verskaf. Ons unieke weergawe van verantwoordelike jag en ongedierte beheer.

Ek wil darrem net ook hier se , die wat my ken weet ek is nou nie juis n engeltjie nie, en miskien eerder nie die aangewese man om so n gesprek te probeer nie. Maar in hierdie forum vind ek my tog tuis om dit ten minste te probeer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply