Jagetiek en steenbokke
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Jagetiek en steenbokke
Manne ek is n groot voorstander dat elke jagter sy eie etiese waardes op besluit en dit dan so uitleef.
Teensy iemand grof iets anders doen as wat ek voel eties is dan sal ek my opinie vir myself hou. Daar is egter dinge wat ernstig verkeerd is in my opinie, iemand wat met n gelaaide geweer op en af van n bakkie klim is vir my duidelik een so n voorbeeld en sal ek so n persoon aanspreek ter wille van almal teenwoordig se veiligheid. Dit is vir my een van die dinge wat ek voe daar nie n grys area is nie.
Nou hier kom die probleem. Die skiet van steenbokke het vir my altyd soos so n onteensegelike nie etiese waarde voorgekom. Ek het al die jare geglo n steenbok is "kroonwild". Ek het vas gelo dat dit onwettig is. In my skooldae was daar n oom op ons kerkraad wat die steenbokke op op sy plaas geskiet het. Dit was vir my oorlede pa n ernstige probleem dat die oom op die kerkraad toegelaat word.
Ek sien die steenbokke is die laaste paar weke baie aktief. As ek een sien dan se ek altyd vir my seuntjie hy moet die bokkie se maaitjie soek. Dit is altyd so mooi die tyd van die jaar om te sien hoe is die paartjie altyd bymekaar.
Ek het al 2 keer in my lewe n steenbok geskiet waar ek vas oortuig was dit is n jakkals. Ek was so skaam en gatvol daarna en die ergste is om dit vir die boer te verduidelik.
Nou sien ek in die jagtydskrifte daar is manne wat nie net steenbokke skiet nie, hulle laat neem sommer fotos en sit dit in die tydskrif se album sodat almal kan sien hulle het n steenbok geskiet.
Nou dit is duidelik n aanvaarbare praktyk vir baie jagters, en ons wetgewing met die nodige permitte laat dit ook toe. So ek probeer verstaan wat motifeer iemand om op n steenbokjag te gaan, ek glo daar is iets wat ek buite rekening laat. Van die manne wat ek al gesien het met fotos is manne wat ek weet hoe jag morele waardes op hulself toepas. Tog verskil hulle opinie oor steenbokke en my persoonlike etiek ernstig. Ek het een keer n man ernstig aangevat oor sy steenbok trofee waarop hy my toe vinnig geantwoord het deur te vra: Wie is jy om die een spesie bo die ander te verhef?
Ek het geantwoord dat dit nie oor een bo die ander gaan nie, maar bloot dat ek te skaam sal kry om n steenbok te skiet. Hierop het hy weer gese, hy kry skaam om n groot koedoe bul te skiet bloot vir die trofee waarde, aangesien hy nie eers die vleis kan gebruik soos in die geval van n mooi koedoe koei nie. Ek besef toe maar net weer etiek is n baie persoonlike ding, nogtans steek die skiet van n steenbok my dwars in die krop.
Wat se julle manne sal julle op n steenbokjag gaan?

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Ek skiet hulle ook glad nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Al bokke wat op ons plaas is, is steenbokkies en duikers en hulle word glad nie by ons geskiet nie. Hulle is al lekker mak en dis 'n plesier om hulle dop te hou!
Stem met jou saam James, weet nie wat die beweegrede kan wees om 'n steenbokkie te skiet nie

Miskien moet die ouens wat hulle skiet maar verduidelik, dan verstaan ek dalk beter...

Last edited by Eugene on Tue Nov 27, 2012 12:19 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
James
Nie n bokkie wat ek elke dag sal skiet nie, voel ook maar erg oor hulle veral omdat die ram en ooi amper soort van trou. Tog het ek al heelwat van hulle geskiet.
Destyds toe ons in Botswana op die permitstelsel gejag het is daar elke jaar n aantal steenbok permitte uitgesit. As jy hom nie skiet nie skiet die volgende jagter hom. Weet dit was altyd ons kamp vleis gewees van die lekkerste wat daar is.
Ander keer was op die plaas waar daar regtag so baie was jy het hulle amper elke 100meter n teelpaar was, kan nie vir jou se hoekom nie maar nadat hul so baie geword het het ons omtrent nooit toe duikers gesien nie. My pa het maar besluit dat een winter ons hulle maar moet mindr maak, seker so 10 of 15 geskiet. Was ook die enagste keer ooit wat daar kleinwild gejag was op die plaas, en ek kon onthou jaar of twee later was daar weer duikers gewees.
Virseker nie een van die bokkies wat op my jaglys is of sal wees vir elke jaar skiet nie.
Ander keer was n maat van my wat met blaarslaai geboer het wat ontsaglike skade gehad het agv die steenbokke. Ek kon onthou die aand wat ons hulle gaan minder maak het het dit amper soos n dorp gelyk onder die spilpunt. Ek kon nie onthou nie maar dink dit was so 4 of 5 wat ons geskiet het. Volgende jaar het hy maar nie weer blaarslaai geplant nie.
Maar soos jy se nie n dier wat mens sommer so elke dag skiet nie. Min dinge so mooi soos die kleiner bokkies, onthou as kind toe ek nog in die dinge van kinders geglo het was dit asof dit die bambie bokkies van ons was soos kersfader se slee bokke.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Laat ek dit duidelik stel - ek persoonlik het nog nooit 'n steenbok geskiet nie.
'n Duiker = steenbok = kudu = wilde diere wat geskape is en wat deur roofdiere ge?et word. Daar word geen voorbehoud gemaak nie. Volgens my kennis is die klein bokkies in die 50-70 jare sleg uitgeskiet synde hulle in groentetuine gepla het en ook omdat hulle makliker is om te skiet. Die beskerming vir baie jare het hul getalle nou weer baie goed gedoen. Die trofee gehalte het saam daarmee verbeter en baie jagters teiken die kleiner bokke omdat hul geredlik hier beskikbaar is.
Toe ons oor etiek gesels het was my stelling dat dit 'n reeks re?ls is wat kleintyd in baie se koppe deur hul ouers geplaas is en daarom die uitkyk oor steenbokke. As jy klinies daaroor wil wees soos ek hierbo aangetoon het dan is dit net nog 'n vorm van proteien op pote - dit is wat jakkals, rooikat, luiperd, leeu en ratel sien.
As die steenbokke op jou plaas kroonwild is dan hou dit so. Sien egter dan ook die ander mense se sienings raak.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Sien meeste manne is bereid om hulle ook te skiet, stem met Oom Marius hier. Alle wild moet gelykop benut word.
Deur die Jakkalse en Rooikatte wat hulle naturlike predatore is te beheer, breuk ons hulle ketting van oorlewing. Dus sal die swakelinge nie meer natuurlik uitgehaal word.
Ek wil so v?r gaan om te se ons is hulle dit verskuldig om nou en dan n rammetjie uit te haal en die gene poel so te help bewaar.

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Stem saam julle manne.Ludwig wrote:Stem 100% saam. Ek het al 'n paar steenbokke in die verlede geskiet. Hulle is redelik vollop in die kalahari rondom die askham, mier en rietfontein areas waar ek as jagter grootgeword het. Hulle maak baie lekker chilli bites en 'n steenbok boud is koningskos! Ek het 'n 5" steenbok, met die boog, te voet, in die kalahari geskiet, waarop ek baie trots is. Dis 'n oupa gewees, en hy het 'n goeie lewe gehad, en stede van jakkalskos word, glo ek ek het hom 'n eerbare dood gegee. Sy trofee hang ook in my huis, en ek voel geensins skaam daaroor nie. Ek sal slegs weer 'n steenbok skiet, as hy duidelik groter as 5" is, en slegs te voet.tripodmvr wrote: 'n Duiker = steenbok = kudu = wilde diere wat geskape is en wat deur roofdiere ge?et word.
Bewaring Deur Volhoubare Benutting
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Ok laat ek ook maar versigtig oor die mynveld beweeg.
Ek het in my skool-dae op my oom se plaas buite Olifantshoek baie steenbokke gejag. Dit was n beesplaas en dus was die enigste natuurlike wild op die plaas kleinwild, duikers / steenbokke en bobbejane. Ek skat dis raak om te se ek het my jagters-ondervinding op steenbokke en duikers begin. Naweke en skoolvakansies was ons altyd so 3 jong latte wat plaas toe is, perde opgesaal, slaapsakke gevat - .22 en haelgeweer en is diep in die plaas in vir naweek of soms n week. Dit was ons vleis rantsoen in die bos. N steenbok proe darem maar baaaaie beter as n tarentaal manne, en bob-se kind eet ek nie! Daar was 1 reel, ons skiet net soveel soos ons nodig het. Dus naweke het ons n bokkie vir die pot / rooster geskiet, en skoolvakansies so 2-3.
Soos die lewe aangestap het en ek n salaris begin verdien het en kon betaal vir my jagtogte en daar n groter keuse van jagbare wild hom voorgedoen het, het ek persoonlik besluit om die Steenbokke en Duikers te los, en ek niks kleiner as Sprinbok jag vir my huis nie. In my jong-laaitie dae wat ek hulle gejag en ge-eet het, en in my jongman met-n-werk-dae toe ek hulle ophou jag het, tot nou toe waar ek hap aan 50 se gat en hulle nooit weer sal jag nie, was en is dit vir my een van die mooiste bokkies wat daar is.
Ek het geen probleem met iemand wat n steenbok vir eie-verbruik of n trofee jag nie. Ek persoonlik, is net klaar daarmee.

Last edited by FHM on Tue Nov 27, 2012 10:40 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Ek dink hierdie is 'n moeilike een en moet elkeen self besluit wat sy Etiek rondom dit is. Op Weltevrede waar ek die meeste van my jagte doen was dit die reel dat die PH wat voor my daar was op 'n jagnaweek vir die slagters 'n steenbok geskiet het om vir hom vleis te gee vir die naweek. Ek het dit summier gestop toe ek die jagte oorgeneem het en skimp die slagter steeds na twee seisoene dat sy bok nog nie hang nie. Ek bly egter by my reel en sal eerder vir hom vleis van die dorp saamry. Op my pryslys is Steenbok sowel as duiker gelys vir R 1000 juis omdat ons hulle nie graag skiet nie maar kry jy tog 1 of 2 jagters in 'n seisoen wat hulle wil skiet.
Op 'n ander plaas is 'n vriend van my en vra hy my elke 2de jaar om vir hom en die 2 boere langs hom 10 te skiet waar ek dan sover moontlik die ram sowel as die ooi te skiet, ons ry ook nie in die kampe rond nie maar ry slegs in die pad wat tussen die 3 plase loop en skiet hulle met die .22. Op die manier het ek dan ook al 1 geskiet met 5.5" horings.
Hierdie kleinwild moet ook maar bietjie beheer word want hulle kan vinnig baie raak en is dit hier nodig aangesien die drie plase met elektriese heinings toe is en jakkalse maar skaars is.
Ek sien nie die tipe van jag as 'n probleem nie maar wel bestuur van die spesie. Daar is sekerre dele waar hierdie bokkies volop voorkom en moet dit bestuur word soos wat nodig is vir die area.
Ek dink nie mens moet iemand veroordeel wat dit wel doen nie maar netso aanvaar ek elkeen se siening oor dit. Hierdie bokke is klein en vreet nie so baie nie maar as jy op 'n 3000ha plaas 40 of 50 kan tel kan hulle saam bietjie vreet en moet jy hulle beheer.
James as jy hulle nie skiet nie is dit vir my goed en mooi en respekteer ek jou siening daaroor. Ook voel ek dat sou ons ophou om vir hulle om te gee kan hulle getalle skielik val en het hulle die potensiaal om uit te sterf.
My siening, skiet hulle of los hulle maar hou in albei gevalle net kop.
Groete
Jaco

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Manne voor die gesprek skeef draai kyk maar net weer na my oorspronklike stuk waar ek ek pertinent noem dat etiek n persoonlike ding is en dat ek belangstel hoekom manne steenbokke wil jag. Hier het alreeds mooi punte uitgekom wat ek nognie oorweeg het nie
Blok, ek glo wat jy noem is niks ander as gewone plaasbestuur en getal beheer. Steenbok wat groente eet is sekerlik dieselfde as jakke watskaap eet. Ek praat meer hier van jag.
Nou die ander vraag, as n boer sy steenbokke skiet tot so n mate dat daar nie volop is nie, plaas dit nie meer druk op die jakkalse om skaap te kies aangesien hulle natuurlike prooi minder is nie?
Vir my is dit maar swaar om te dink ek skiet die maaitjie dood en daar is nou n bokkie sonder n maatjie, so is steenbokke mos maar. Koedoe blesbokke en dies meer is mos maar n troppe en nie maatjies nie.
Blok, ek glo wat jy noem is niks ander as gewone plaasbestuur en getal beheer. Steenbok wat groente eet is sekerlik dieselfde as jakke watskaap eet. Ek praat meer hier van jag.
Nou die ander vraag, as n boer sy steenbokke skiet tot so n mate dat daar nie volop is nie, plaas dit nie meer druk op die jakkalse om skaap te kies aangesien hulle natuurlike prooi minder is nie?
Vir my is dit maar swaar om te dink ek skiet die maaitjie dood en daar is nou n bokkie sonder n maatjie, so is steenbokke mos maar. Koedoe blesbokke en dies meer is mos maar n troppe en nie maatjies nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Nee wat James, ek dink nie hy kan skeef draai nie. Ek dink ook as jy te veel skiet kan dit maak dat jakkalse meer skaap vang.James Wilson wrote: Manne voor die gesprek skeef draai kyk maar net weer na my oorspronklike stuk waar ek ek pertinent noem dat etiek n persoonlike ding is en dat ek belangstel hoekom manne steenbokke wil jag. Hier het alreeds mooi punte uitgekom wat ek nognie oorweeg het nie
Blok, ek glo wat jy noem is niks ander as gewone plaasbestuur en getal beheer. Steenbok wat groente eet is sekerlik dieselfde as jakke watskaap eet. Ek praat meer hier van jag.
Nou die ander vraag, as n boer sy steenbokke skiet tot so n mate dat daar nie volop is nie, plaas dit nie meer druk op die jakkalse om skaap te kies aangesien hulle natuurlike prooi minder is nie?
Vir my is dit maar swaar om te dink ek skiet die maaitjie dood en daar is nou n bokkie sonder n maatjie, so is steenbokke mos maar. Koedoe blesbokke en dies meer is mos maar n troppe en nie maatjies nie.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Jagetiek en steenbokke
More
Is daar nie 'n reel van die lengte van die jagter en die bok se horings nie??
Die bok sn moet langer wees
Smirre
Is daar nie 'n reel van die lengte van die jagter en die bok se horings nie??
Die bok sn moet langer wees
Smirre
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Nee wat Smirre as dit die geval is en sy horings moet langer wees as myne kan ek maar 'n lam ook skietSmirre wrote: More
Is daar nie 'n reel van die lengte van die jagter en die bok se horings nie??
Die bok sn moet langer wees
Smirre
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Jagetiek en steenbokke
jy maak my dag !!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Nee wat, ek glo ook ons is almal op dieselfde bladsy. Niemand is persoonlik nieJames Wilson wrote:
Nou die ander vraag, as n boer sy steenbokke skiet tot so n mate dat daar nie volop is nie, plaas dit nie meer druk op die jakkalse om skaap te kies aangesien hulle natuurlike prooi minder is nie?
Ek stem 100% saam, die sleutel woord is volhounaar
Ek was ook al op plase waar alles vernietig is, EK IS TOTAAAL DAAR TEEN GEKANT om voor die voet uit te roei
Goeie topic die
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Stem ook saam. n' Steenbok is maar net nog n' dier. Ek dink hulle is van die mooiste bokke. Maar ek sien ook iets wat my beindruk in elke ander dier.Ludwig wrote:Stem 100% saam. Ek het al 'n paar steenbokke in die verlede geskiet. Hulle is redelik vollop in die kalahari rondom die askham, mier en rietfontein areas waar ek as jagter grootgeword het. Hulle maak baie lekker chilli bites en 'n steenbok boud is koningskos! Ek het 'n 5" steenbok, met die boog, te voet, in die kalahari geskiet, waarop ek baie trots is. Dis 'n oupa gewees, en hy het 'n goeie lewe gehad, en stede van jakkalskos word, glo ek ek het hom 'n eerbare dood gegee. Sy trofee hang ook in my huis, en ek voel geensins skaam daaroor nie. Ek sal slegs weer 'n steenbok skiet, as hy duidelik groter as 5" is, en slegs te voet.tripodmvr wrote: 'n Duiker = steenbok = kudu = wilde diere wat geskape is en wat deur roofdiere ge?et word.
As jy hulle gaan fair-chase walk and stalk JAG dan kan hulle vir jou n' groot uitdaging wees. In my opinie, n' groter uitdaging as baie van die groter bokke bv blesbok. Hulle is kos vir amper alle roofdiere van jakkals en groter en sal dus nie oorleef as hulle nie op en wakker is nie. Daardie groot oore van hulle werk nogal goed. So ook hulle oe en neus. Hulle is klein en nie maklik om te sien nie - veral waar die gras bietjie langer is. Neewat, as jy hulle spesefiek walk & stalk jag kan jy net so trots wees op jou bok as wat jy op enige van die grooter bokke trots sal wees.
Ek het ook al van hulle gejag en is trots op dit. Elke jaar geduurende my jagte vat ek n' dag of twee om spesefiek n' mooi groot steenbok ram te jag. Dit is vir my vreeslik lekker en n' groot uitdaging en daardie groot steenbok ram wen sover elke keer. Lekker. Dit is waaroor jag vir my gaan - nie net die vleis nie of die waarbog van n' sekere groote trofee binne n' sekere tydperk.
From an emotional point of view I can understand people having a special love for these beautiful little antelope and respect their decision if they do not want to hunt them or if they do not want them to be hunted on their farm.
If one takes the emotion out of it then steenbuck are no different from any other huntable species and I see no reason why they should not be utilised on a sustainable and responsible basis and why utilising them could in any way be unethical.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Julle ouens gee goeie argumente en ek verstaan nou ook mooi waarom ouens steenbokkies skiet! 'n Ou moet maar passop dat jy nie jou eie persoonlike opinie en etiek as die reel beskou en dit op almal om jou probeer forseer nie! Met hierdie topic het ek dit nou amper gedoen.... 
Aim small, miss small
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Ek sien baie van julle noem een stel reels vir alle diere geld, maar dan noem julle ook dat die steenbok moet gewalk en stalk word? Dus as hy gebakkiejag word is dit oneties?
Dit is om hierdie rede dat ek glo daar kan nie net een stel reels wees wat op slegs een manier op alle diere togepas word nie.
Ek moet se die volhoubare benutting argument maak altyd sin selfs met steenbokke.
Dit is om hierdie rede dat ek glo daar kan nie net een stel reels wees wat op slegs een manier op alle diere togepas word nie.
Ek moet se die volhoubare benutting argument maak altyd sin selfs met steenbokke.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Jagetiek en steenbokke
EugeneEugene wrote: Julle ouens gee goeie argumente en ek verstaan nou ook mooi waarom ouens steenbokkies skiet! 'n Ou moet maar passop dat jy nie jou eie persoonlike opinie en etiek as die reel beskou en dit op almal om jou probeer forseer nie! Met hierdie topic het ek dit nou amper gedoen....![]()
Ons twee se etiek verskil hemelbreed, ek sal persoonlik nie vrouens wat borsvoed bekruip en afloer nie.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Terug op topic 
As jy nog nooit n steenbok of duiker bekruip het nie, mis jy uit op baie. Moenie vir een oomblik dink daai Klein rakker is n walkover nie
Jy gaan meer satisfaksie uit die jag put as wat jy ooit sou kon raai
As jy nog nooit n steenbok of duiker bekruip het nie, mis jy uit op baie. Moenie vir een oomblik dink daai Klein rakker is n walkover nie
Jy gaan meer satisfaksie uit die jag put as wat jy ooit sou kon raai
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Ludwig dit is so intresant as wat etiek kan raak. Ek voel weer fair chase en metode van doodmaak maak saam etiek op. dit en dan nog baie ander van elke jagter se persoonlike opinies.
Almal is baie gesteld hier om mekaar nie voor te se nie, baie dankie. Maar dan sonder om dit agter te kom voel die manne n steenbok skiet is toelaatbaar mits dit op die voet plaasvind.
Ok die laaste ding wat hier moet gebeur is dat die topic nou ontaard in bakkie vs voettte jag
Almal is baie gesteld hier om mekaar nie voor te se nie, baie dankie. Maar dan sonder om dit agter te kom voel die manne n steenbok skiet is toelaatbaar mits dit op die voet plaasvind.
Ok die laaste ding wat hier moet gebeur is dat die topic nou ontaard in bakkie vs voettte jag
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Hi JamesJames Wilson wrote: Ek sien baie van julle noem een stel reels vir alle diere geld, maar dan noem julle ook dat die steenbok moet gewalk en stalk word? Dus as hy gebakkiejag word is dit oneties?
Dit is om hierdie rede dat ek glo daar kan nie net een stel reels wees wat op slegs een manier op alle diere togepas word nie.
Ek moet se die volhoubare benutting argument maak altyd sin selfs met steenbokke.
Ek dink dit is dalk net ek wat na die walk & stalk verwys het.
Wat ek wou probeer oordra is dat n' steenbok n' waare uitdaging sal wees as jy hom gaan walk en stalk.
Steenbokkies is nou nie jou beste waarde-vir-geld vleisbok nie. Dus word hulle relatief min geskiet. Daar is baie manne wat vir ander redes soos wat jy genoem het net nie belangstel om n' steenbok te skiet nie. So word hulle nog minder geskiet.
As die bakkie die heel dag op en af ry agter die blesbokke, springbokke of wat ook al word daardie bokke skrikerig vir die voertuig en die skote word dus langer en langer. Maar die heel tyd word die steenbokke geignoreer omdat niemand hulle soek so hulle word gewoond aan die bakkie. Die dag as iemand wel n' steenbok wil skiet kan hy dus relatief maklik sy bokkie skiet want hulle is redelik bakkie-mak.
Maar gaan soek hulle te voet. Dis n' ander uitdaging.
Ek het in my post niks spesefiek gese van bakkieskiet is oneties nie. Ek het gese dat as jy hulle gaan walk en stalk dat hulle n' uitdaging gaan wees wat n' baie goeie rede is om hulle te jag. Ek het ook gese dat as hulle verantwoontlik en behoubaar gaan benut word dan kan ek nie sien hoe dit oneties kan wees nie.
Last edited by Dimitri on Tue Nov 27, 2012 11:51 am, edited 1 time in total.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Al die plase waar ek al gejag het deur my lewe, meesal Karoo en Kalahari is die skiet van Steenbokkies verbied. Die rede was in die meeste gevalle dat steenbokkies "trou" for "life". Of dit so is weet ek nie, maar dit word regdeur die Karoo gerespekteer.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jagetiek en steenbokke
Dimitri, alles reg, ek het nie jou stelling as anti bakkie gesien nie. Dit kom maar net voor dat die manne voel dat n steenbok op die voette gejag moet word. Onthou nou my eerste post het ek gevra of is daar dalk iets wat ek mis, as dit by steenbokjag kom? Miskien is dit juis dit dat dit op die voet gejag moet word? Ek weet nie.
Ek besef ook maar al te goed dat n geskrewe medium soos die forum beperk is om n mens werklik uit te druk veral op n sensitiewe onderwerp soos jagetiek. Ek het al in die verlede gese dat etiek dalk beter debateer kan word rondom die jagvuur.
Ek sien maar weereens dat etiek bitter persoonlik is. Ek begin alhoe meer glo dat ek graag wil gebruik maak van verskillende reels( etiese waardes) tov verskillende diere. Ek is seker alles kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie.
Ludwig, ek dink die punt wat ek wel met jou saam stem is die woord etiek, en dat elke jagter nie die woord etiek dieselfde intrepeteer nie wat nog dan daarna die personlike etiese reels.
Die een ding wat verseker is, is dat ek dit nie verdra as iemand sy idee van etiek op my probeer afdwing nie. Maar deur die steenbok jagters te veroordeel is dit juis wat ek gedoen het. Vandaar dan hierdie topic om dit beter te verstaan. Tog kan ek nie dink ek sal ooit op n steenbok jag kan gaan of opgewonde daaroor kan wees nie.

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jagetiek en steenbokke
Ek stem saam met Ludwig - fair chase is hoe ons die bokke wil skiet, (met n boog wat ons self
gemaak het uit die natuurlike plantegroei, kaalvoet en net in n onder broek) eties is hoe die bok
geskiet wil word (verkieslik in die nag tewyl hy slaap in die kop).
Nou moet mens die twee by mekaar uitkry om jou self op n plek te kry waar jy nog in die nag
kan lekker slaap sonder om skuldig te voel oor wat jy gedoen het of oor hoe jy dit gedoen het.