Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post Reply
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by 1250bandit »

Dag almal :)

Man ....... ek soek bietjie raad asseblief. Soos ons almal is ek maar versot op ons speelgoed ekskuus skietgoed  ;D Soms skaf ons maar skietgoed aan wat ons nie altyd baie gebruik nie maar dis net lekker om dit te he en dan te gebruik wanneer die kans daar is. Ek doen meestal sportskiet so daar is toerusting wat ek meer gebruik as ander. Vir jag hou ek daarvan om 'n seisoen of twee te oefen (so veel as moontlik) om vertroud te wees natuurlik met daai wapen. Maar dis tog lekker om so nou en dan iets uit die kluis te haal en goed te laat werk vir 'n sessie of twee.

Nou hier is my dilemma. Soms koop ek wat my hart begeer (en bekostig), maar soms begin ek dink oor dit en hoe prakties iets is, wat gevolg het dat ek sommer 'n koop laat vaar en dan later spyt is.........

Ek sit nou juis in so tyd ..... ek will graag 'n groot kaliber geweer aanskaf. Vir baie lank dink ek daaraan om 'n Marlin in 45-70 aan te skaf en sien toe die ander dag 'n mooi Marlin Guide Gun. Ek begin lees en studeer die kaliber en geweer, ek hou van wat ek lees, maar daar in klein goedjies wat my pla........ kan nie my vinger regtig op dit plaas nie. Dis asof die geweer en kaliber so tussen alles val... nie regtig groot genoeg vir groot goed nie maar word ook regtig so klein nie. Hoor net hy skop lekker baie....... hahahahaha

So toe begin ek dink (dis waar die eerste fout le hahahaha) , ek kan nie nou goed soos 'n buffelskiet bekostig nie, maar miskien later wel......... Ek begin toe rondkyk en lees (dis waar die tweede fout le hahahaha ) dat iets soos 'n "groter / beter" 458 dalk beter gaan wees in die lang duur? Iets soos 458 Win Mag en toe word dit 458 Lott en toe word dit die 458 Express......

Is die 45-70 iets waarmee ek sal verveeld raak? Kan die kaliber veelsydig wees soos die groter ouens? Kan die groter ouens lekker in die bos gebruik word om kleiner goed te skiet? Win Mags kan mens kry standaard soms die Lott ook maar is meer skaars nie eers te praat van die Express nie. So spaar ek maar 'n wyle en bou dan 'n express / Lott? of koop ek die Marlin.........
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by grumpy »

Bandit net jy sal self dit kan antwoord!

As jy gou verveeld raak dan gaan dit nie lank hou nie dan soek jy weer n ander een.

Ek het nou verlede Donderdag net vir my n Howa 375 gekoop. Ek sal van Springbok tot Olifant kan skiet. Nou wat wil jy meer he? Ek dink net PH en sulke manne het daai groot kalibers nodig vir stop krag.

Net my opinie.

Grumpy >:(
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Chris Swart »

Image
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by 1250bandit »

Dis waar eintlik is ek die enigste een wat dit kan antwoord...... Wonder maar net of die ander kalibers nie beter gaan wees oor die langer termyn nie. My redenasie is net dat ek nie elke nou en dan 'n nuwe geweer kan koop nie (alhoewel my hart se ek moet hahahaha en ek het wel kleiner kalibers) Ek het ook na die 375 gekyk ... toe word dit die 416 en toe die 458 hahahaha. Niks fout met 375 en is sekerlik een van die beter keuses in kalibers. 
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by F.L.A.S.H »

Bandit, dit is nie a maklike vraag on re anwoord nie maar kom ek ge jou my min werd 2c.

Jy moet vir jouself vra, gaan ek meer as een keer buffel and oli jag in my lewe? En jou antwoord gebruik om jou keuse te maak.

Ek is self baie lief vir recoil ;) en by dit bedoel ek, ek hou van my groot gunne ;D maar ek kan nie bekostig om baie geweere te koom nie. Ek moes besluit wat ek wil doen. Ek jag gereeld in die NC en ons skoote is tussen 50 en 350m en ek is ook a PH so my een geweer moes voldonde wees vir al my aplikasies. Ek het besluit om 375 ruger pad te loop omdat dit my die voordeel van ligte en medium gewig koeels teel redlike vinnnige spoed te kan skiet en as ek die kans kry on die groot manne to gaan jag kan ek hom ook gebruik.

So hoe baie gaan jy groot manne jag? As dit dalk net een keer gaan wees kry vir jou a geweer wat sal werk maar ook meer geskuk wees vir jou elke dag jag.

Net my 2c

Mooiloop

PS daai 458 express is maar a mooi cal,
"Nothing can come of nothing" Speaker
Delrico
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Delrico »

Bandit

Jy hou van lees en jy hou van recoil en jy soek 'n interesante geweer. Ek het net die een vir jou.

Lees bietjie op oor die 338-378 Wheatherby. Jy sal van hom hou. Kan van 225gr tot 300gr koeels skiet. Jy kan Buffels, Olifante, Koedoes, Blouwilde Beeste en selfs springbokke met hom skiet. Jy sal ook 'n trein van sy spore af kan skiet.

Sterkte met jou besluit

Delrico
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by 1250bandit »

Ek moet se dat ek ook van die 375 en 416 Ruger hou in die Ruger Alaskan geweer. Ek hou van die Hogue kolwe en die gewere is lekker kompak. En die besluit word ook oorweeg........

Ek het nooit gedink dat daar soveel inligting is oor kalibers tussen 338 en 500 nie. Destyds toe ek my 308 aangeskaf het het ek nie eers gedink dat ek ooit sou kon oorweldig word met informasie nie....... Jy is ook reg ek sal sekerlik nie meer as een of twee keer in my lewe oli of buffel jag nie so 458 Express mag dalk dan overkill wees? hahahaha

hmmm 338-378...... sal bietjie oplees
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by grumpy »

Ek het mooi gaan dink voor ek op die 375 besluit het en die manne sal jou se ek het baie vrae gevra!! Vir my is jy in die middel van al die kalibers met die 375. Van klein tot groot. 30-06 val onder en is dus kleiner maar die grootes is vir die skerp tande en groot gewig met die bedonderde humeure!!

Dan is dit die tipe en gewig van die punt wat jy gaan gebruik. Ek is nie spyt oor my kopie nie. ;D

>:(
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Marc »

416 Rigby, dit rol so lekker op my tong. Een van daai kalibers wat net eenvoudig in my kluis moet wees. Hy kan skop en hy kan stop  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Musgrave »

Die 45-70 is doodeenvoudig nie so veelsydig soos die "ware" grootkalibers nie. Daarmee moet jy vrede maak. Ek het...  ;D

Vir wild tot en met eland in die bosveld is hy goed genoeg. Daar is 'n paar manne wat gevaarlike wild met hom geklop het, maar daar was definitief 'n PH in die omtrek met ietsie anders in die hand.

Daar is verskeie redes waarom ek 'n 45-70 gekoop het. Bosveldjagafstande, my beperkte begroting itv spesies wat gejag kan word en die uniekheid van die kaliber onder die belangrikstes. Die finale besluit is gemaak toe ek die eerste keer 'n Ruger No. 1 Medium Sporter in 45-70 in my kloue gehad het. Net onder 1 meter lank het dit vir my gelyk na die perfekte kombinasie. Let wel: vir m?. Geweerkoop en kaliberkeuses is maar 'n persoonlike ding.

My jaglading is 350gr Swift A-frames @ 2050vps. Ek het al 300gr koe?ls teen 2260vps gedruk, maar dan word die terugskop "merkbaar"  ;)

In 'n Marlin gaan jy argumentsonthalwe 'n Rhino 360gr teen 1950 vps kan jaag.

Ek was nog nie vir een dag spyt of verveeld nie.  :angel:
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by DWB »

http://jaracal.com/index.php/topic,11606.0.html

Kyk of die van enige nut is.

Die 45-70 is lekker om mee te speel en recoil nie erg nie.

Maar hy is maar beperk.

Skiet eers met die groot goed en kyk, help nie as dit nie vir jou lekker is nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by tripodmvr »

Jy moet pasop op hierdie forum. Die manne smokkel baie met jou kop - voel naderhand of jy wilde spinasie gerook het en voor jy jou o? kan uitvee het Geno jou oortuig om 'n 204 te koop om buffels mee te gaan jag. Wees gewaarsku!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Beretta »

Oom Drie poot
Dit is Blok wat dit se onthou speed kills. En ek stem saam met hulle speed kills  ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by BLOK »

Buffel is dalk effe klein vir n 204, onthou hier was mos lank terug besluit om overgunned te jag is ook oneties dus sal 204 viseker nie werk nie hy is heeltemal "Too Much Gun". hahaha

"Speed Kills"
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Christiaan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Jun 08, 2011 1:05 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Christiaan »

Eks ook besig om die pad saam met jou te stap. Het begin van die jaar daai 416 Ruger vas gehou in SO, baie lekker roer.

Maar huidiglik is ek op n 458 wat ek later wil ombou na n 450 Rigby toe: http://jaracal.com/index.php/topic,8219.0.html

Daar is n BAIE mooi 2de handse CZ 458 te koop hier op die forum.

Sterkte met jou besluit.
222 Rem
7x64 Brenneke
308 Win
12 Br O/U
9mm
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by 1250bandit »

dankie vir almal se lekker-lees insette !!
User avatar
Basjan Bakker
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Nov 13, 2012 11:49 am

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by Basjan Bakker »

Goeie dag

As ek jou kan raadpleeg sal ek 'n 375 H&H of 375 ruger koop.  die rede hoekom ek dit sou doen is as volg:

Jy kan met 'n 375 kaliber met baie self vertroue 'n 200m skoot skiet en jou punt sal ook nie so baie val nie.
Jy kan feitlik enige iets met die kaliber jag
Jou penitrasie op 'n 375 is beter as op jou 458 kaliber omrede sy diameter nie so groot is nie.
En laastens is jou aminusie relatief goedkoper as op die 458 kaliber

Moet nie vir jou 'n 45-70 koop nie. Hy gaan dit net nie vir jou doen nie.  My broer het self 'n marlin 45-70 en sit gedurig met die probleem dat die afstand te ver is, want die 45-70 is gladnie 'n wapen vir ver skiet nie.  Dan kan ek ook vir jou se dat sy penitrasie baie sleg is.

Koop 'n 375 kaliber, ek belowe jou jy sal nie spuit wees nie.
DieKraai
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Sun Jan 29, 2012 3:45 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by DieKraai »

Ek sal ook stem vir 375 kaliber....kan hom gebruik vir algemene jag en ook as jy eendag kans kry om buffel te jag. Ek dink dis meer veelsydige kaliber as 458 / 416 vir die jagter wat nie elke dag gevaarlike wild jag nie en meestal kudu / eland / gemsbok jag en miskien eendag kans sal kry om buffel te jag.

Mooibly
:)
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Keuses keuses- Raad met geweer en kaliber asb.

Post by jacojrdn »

MAAAAAAR, dit is nog steeds lekker om met die groot kruit vreters te speel. ;D

Soos almal se, dit is n persoonlike ding, ek het reeds n .375 H&H waarmee ek 100% gelukkig is, maar my gat jeuk, kan nie wag vir die kwotasie op die nuwe .416 Rem Mag nie. Man kan darm seker nou en dan met hom n rooibok in die bosveld ook kry.

Lekker dag

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
Post Reply