Man ....... ek soek bietjie raad asseblief. Soos ons almal is ek maar versot op ons speelgoed ekskuus skietgoed
Nou hier is my dilemma. Soms koop ek wat my hart begeer (en bekostig), maar soms begin ek dink oor dit en hoe prakties iets is, wat gevolg het dat ek sommer 'n koop laat vaar en dan later spyt is.........
Ek sit nou juis in so tyd ..... ek will graag 'n groot kaliber geweer aanskaf. Vir baie lank dink ek daaraan om 'n Marlin in 45-70 aan te skaf en sien toe die ander dag 'n mooi Marlin Guide Gun. Ek begin lees en studeer die kaliber en geweer, ek hou van wat ek lees, maar daar in klein goedjies wat my pla........ kan nie my vinger regtig op dit plaas nie. Dis asof die geweer en kaliber so tussen alles val... nie regtig groot genoeg vir groot goed nie maar word ook regtig so klein nie. Hoor net hy skop lekker baie....... hahahahaha
So toe begin ek dink (dis waar die eerste fout le hahahaha) , ek kan nie nou goed soos 'n buffelskiet bekostig nie, maar miskien later wel......... Ek begin toe rondkyk en lees (dis waar die tweede fout le hahahaha ) dat iets soos 'n "groter / beter" 458 dalk beter gaan wees in die lang duur? Iets soos 458 Win Mag en toe word dit 458 Lott en toe word dit die 458 Express......
Is die 45-70 iets waarmee ek sal verveeld raak? Kan die kaliber veelsydig wees soos die groter ouens? Kan die groter ouens lekker in die bos gebruik word om kleiner goed te skiet? Win Mags kan mens kry standaard soms die Lott ook maar is meer skaars nie eers te praat van die Express nie. So spaar ek maar 'n wyle en bou dan 'n express / Lott? of koop ek die Marlin.........


