Elektronise Oormowwe

Post Reply
User avatar
Thomas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Thu Aug 02, 2012 11:36 am

Elektronise Oormowwe

Post by Thomas »

Weet enige iemand of Walker en Caldwell se elektronise oormowwe by Zimbi Books & Guns goeie kwaliteit is? Weet Peltor is die benchmark maar die prys! Moet kies tussen eersgenoemde twee so hoop iemand het ondervinding van die twee. Dankie!
Tikka T3 Hunter 270 & 300 WM
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het al met n vriend van my se Caldwell geskiet, en was baie verbaas oor hoe effektief dit werk. Ek het net nie baie gehou van hoe die ander gesels ens klink wanneer daar nie geskiet word nie.
Veiligheid eerste manne!
stan man

Re: Elektronise Oormowwe

Post by stan man »

is caldwell en walker elektronies oor mowwe  ??      ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
een van my vriende het van daai mowwe en ek het dit nou die dag gebruik. ek was nogal aangenaam verras met die werking daarvan as jy skiet. as ek moes koop sou ek maar die goedkoper caldwells gekoop het.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

Wat kos Peltor Sportac Hunting elektroniese oormowwe deesdae?

EDIT:
Ek sien dit kos ongeveer R1800+.
Sou julle reken dat dit 'n regverdige prys is? Indien nie, watse prys sou julle dink is 'n bargain?
Last edited by Geno on Thu Nov 08, 2012 9:38 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
Skaaphaas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Skaaphaas »

Weet nie watter model presies by Zimbi beskikbaar is nie, maar ek het die Caldwell elektroniese dofies by S&O gekoop laasjaar vir R360. Hulle werk lekker, ek kom dit nie glo nie. Dis snaaks om met die pistool te skiet, die skoot is sag maar jy kan mooi hoor hoe die doppie val.  Ek vind hulle te groot (lomp) vir geweerskiet, gebruik my Peltor Shotgunner daarvoor. Verder is ek nie mal oor hoe hulle op my kop pas nie, die kopband se boog is baie plat, so ek moet die goed tot op hul maks lengte verstel en dan lyk ek so bietjie soos 'n voorheen benadeelde dame met 'n plat klip op haar kop :)

Vir die prys is dit goeie waarde, en ek gebruik dit baie. Veral by die pistoolklub waar daar baie gepraat word tussen die skietery, wil ek nie nog heelpad sukkel met dofies opsit en afhaal nie.
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by BRNO (Pierre) »

Wat sou jy dink is n bargain Geno? Ek dink nogals nie r360 is te sleg nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

Pierre,
Ek sien een plek adverteer vir R2194.00

[img width=560 height=349]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Misce ... /Muffs.JPG[/img]

Onthou, Peltor is die beste op die mark.  ;)

Ek kan hulle verskaf vir rondom R1650.00  :angel:
Goed, beter, 6millimeter!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Beretta »

Geno
Dit is die beste en jou prys glo ek sal nie sommer gebeat word nie koop hulle.
Beretta
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Nickvn »

Hi Geno, reel vir my een asb?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by BRNO (Pierre) »

Dit is n goeie prys. Die Peltor lyk ook in die foto asof hy minder bulky as die Caldwell kan wees.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by PJS »

Geno wrote: Pierre,
Ek sien een plek adverteer vir R2194.00

[img width=560 height=349]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Misce ... /Muffs.JPG[/img]

Onthou, Peltor is die beste op die mark.  ;)

Ek kan hulle verskaf vir rondom R1650.00  :angel:

Ek het ook n stel van die Peltor. Ek stem Geno, dit is die bestes wat daar is. Teen die prys koop ek sommer nog n paar vir my seun ook!  :o Sjoe Geno ek het daai prys laasjaar betaal!
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

More manne.
Ek sal uitvind wat die minimum hoeveelheid is wat ek moet bestel, en dan kan ons kyk of daar genoeg belangstelling is.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by DWB »

Ek het my peltors van cabelas af ingebring teen R700 en iets ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

DWB wrote: Ek het my peltors van cabelas af ingebring teen R700 en iets ;D
Tax, versekering en posgeld ingesluit?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by DWB »

yebo, gooi miskien nog so R100 ekstra by, maar dis nou al meer as 'n jaar terug
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by BLOK »

Peltor mowwe by Cabelas begin by $29.00 die wat selfde is as wat Geno verkoop is ver oor $100.00 so ek twyfel of hulle vir R700.00 plaaslik sal land.

http://www.cabelas.com/catalog/search.c ... l+Products
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by DWB »

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

Jip.
Cabelas lys hulle vir $122.99
Vat dit, en maal met 13 om die prys te kry waarvoor mens dit kan inbring.

US$122.99x 13 = R1598.87

Right, ek kan dit slegs kry indien ek bokse van 10 vat.
Dis die SportTac Hunting. Dit kom met Groen- en oranje doppe.

Wie stel belang? Prys is R1650.00 elk, posgeld uitgesluit.

[img width=560 height=379]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Misce ... Muffs1.JPG[/img]
Last edited by Geno on Fri Nov 09, 2012 9:13 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by prohunt »

Hi Geno,
Ek wil net hoor of daardie se band ook agterom jou kop kan kom? Ek soek 'n stel vir my dogter en sy verkies die wat nie bo-oor jou kop sit nie.
Groetnis
J
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Geno »

Hallo Oom Johan,
Ongelukkig nie. Dis die Tactical6 wat agter jou kop kom.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Gerhard »

Prohunt wrote: Hi Geno,
Ek wil net hoor of daardie se band ook agterom jou kop kan kom? Ek soek 'n stel vir my dogter en sy verkies die wat nie bo-oor jou kop sit nie.
Groetnis
J
Ek soek self van daai ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by molopohunter »

Daai peltors werk soos n droom. Hulle raak net warm in die somer as jy heeldag dra.
As budget nie n probleem is nie laat n gehoor sentrum vir jou ore mould met die hunter aparaat in.
Hulle werk so R8k uit, maar jou ore het nie n prys nie.
Het my oe toe geknyp en maar gekry na so n verasing skoot agter my van n klient, en my ore was 2 weke seer en gefluit. Sou skotvry met die ore afgekom het.
Hulle werk uitstend en die wind geraas is ook nie te erg nie. Kan ook volume stel en jou eie kleur kies.

Groete manne,
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Hugov »

Geno sit my neer vir n paar.

Dankbaar
H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by Marc »

Ek gebruik Walker Alpha mowwe. Wat vir my lekker is van hulle is dat jou een oor sagte lae frekwensies boost en die ander oor kan jy ho?r frekwensies boost. Help nogal as 'n man iets soos 'n Bosvark se lae frekwensie sagte org org kan amplifeer sonder dat die res van die w?reld se klanke jou ore wil laat bars nie  8)

Het hulle by Magnum Archery gekoop  8) Hulle si nie die heel betse produk op die mark nie, maar werk vir my 100%. Hulle tem selfs die Lapua met gemak, terwyl dit klink of die Ho?veld klappertjie wat honder meter agter my sing, reg bo-op my kop sit  ;)


http://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j& ... 6ODLw2J0-A
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Elektronise Oormowwe

Post by johnny »

Manne

Op die staduim wil ek niks weet van elektroniese oormowwe nie, enigeiets wat my vrou se nstem laat deurkom is nie goed genoeg nie, ek soek iets wat haar heeltemal stil maak( grap net) ek sal enige iets se solank my vrou nie daarvan weet nie. ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Post Reply