300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

wat is die verskille tussen die kalibers?
HOU HOM DAAI DIKTE
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Wouter Roets »

Hulle doppe! ;D
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by BLOK »

Amper soos Wouter se, maar kom ek verduidelik die doppe vir jou so.

H&H -  is n Clasieke geweer en dop met baie geskiedenis agter hom, steeds nommer twee wat werk verrigting betref.

Win -  is maar die ou gewone all rounder alle man dop en kaliber en steek maar effe by die ander twee af (nou nie dat Wouter jou ander vertel nie) wat verrigting betref, anders is hy volop beskikbaar en so ook sy komponente, kan nie verkeerd gaan nie. Gebruik ook te veel kruit na my mening vir die verrigting wat hy moet lewer

WSM -  is nou die windgat kortgat dop wat ek dink huidag stof in die ander twee se oe skop. Kan nie verkeerd gaan met hom nie, seker een van die beter nuwe allrounder kalibers huidag op die mark en gebruik baie minder kruit om selfde werk te doen as die vorage twee. Komponente is ook deesdae al meer volop
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

het die wsm ook die range wat die groter doppe het?
ek vra maar net, 'n vriend het 1 gekoop. toe se iemand vir hom die wsm is net vir bosveld skiet.
HOU HOM DAAI DIKTE
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Silent Hunting »

Cassie,

Ek kyk ook op die oomblik na 'n 300Win Mag. Daardie trajek is baie plat. Ek skat hy sal "amper lekkerder" op vlaktes as in die bos werk.

Almal het maar hulle eie opinies. Dit is ook die rede vir al die variante beskikbaar. Moet ek vir jou balistiese data mail?

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

ja, dit sal interesant wees, dankie henk.
jy het my adres.
die ou 7.62 musgrave van my skiet jul 300 anyway stil....of dalk is die verskil 6duim agter die geweer :laugh:
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

ok, die mannietjie is op die forum, hy praat net nie. hy sal opgewonde wees.
dankie
HOU HOM DAAI DIKTE
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Flip Fouche »

Cassie

Ek het self n Savage 300wsm.Ek is tans besig met ladings.Ek dink die 300wsm gaan n goeie vlakte geweer wees.

Groete

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Wouter Roets »

Blokkie

Vir iemand wat so hard glo aan "Speed Kill's" sou ek geglo het jy sou darem meer erkenning vir die WinMag gegee het. Hy bly darem die Daddy in die departement met jou maer mannetjie derde van die trio! ;)

Op n ernstiger noot moet daar gese word dat enige verskille tussen die drie akedemies is. Elkeen is n uitstekende kaliber op hulle eie reg. Wat geld vir die een geld basies vie die ander ook. Die WSM het verseker baie wat vir hom tel en bitter min teen hom. Sy toekoms lyk blink met goeie reg.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Tinusvrey
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jul 09, 2012 9:39 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Tinusvrey »

Waarvoor staan die WSM?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Wouter Roets »

Tinus

Winchester Short Magnum. Dis basies n 404 Jeffrey dop .545 op die basis met n lengte van 53mm en n skouer met n 35 grade helling.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by wlm »

Vraag1:Het die WSM se dop genoeg plek vir top-ent ladings met200-20 gr. koeels?
Vraag 2:As jy 'n 308 Win se loop waarvan die keel uit geskiet is wil laat "ream" na 'n 300 watter van die 3 is die beste opsie? Die 300 H&H omdat hy die lansgte is?
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Christo »

Verskoon my hijack.

As ek kyk na die 300 kalbers hierbo en wat ek lees soek ek ook bietjie meer raad.

Waar pas 'n 338lapua, 338WM in die prentjie van kalibers. Ek sal graag 'n 338LM wil koop maar daar is soveel inligting daar buite dat ek nie klaar kan besluit nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Christo »

Ludwig, ek kan nie 'n goeie rede gee anders as dat ek graag 'n 50Barret so wou besit, nie kan bekostig en die uitdeler van lisensies nie vir my een gaan gee nie.  ;D  :police:

Ek het seker genoeg. 22 kalibers, 'n 7x64 en niks groter. Ek het nogals gedink hy sal mooi pas as groter kaliber. Dan sal die Elande darem lekker val?

Ek hou nogals van Marc se 338LM maar dink nie ek sal hom kan ronddra sonder om koppe te laat draai nie. Die een wat Stefan opgesit het lyk niks mooi met sy plastiek kolf nie, ek sal seker 'n laminated kolf kan opsit wat hom tot sy reg kan laat kom.

O ja, die videoclip van daai 338edge is ook goeie bemarking as dit by my kom. Net jammer van die moer agter die scope wat hom hier gaan moet vashou om sover so akkuraat te skiet.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Marc »

Christo

Dankie vir die kompliment  8)

Soos ek verstaan gaan dit 'n missie wees om enige ander kolf op die nuwe Savages te maak pas, die bedding en aksie is vir elkeen spesifiek gemaak. Mens kan nie eens kolwe ruil tussen dieselfde kalibers of modele nie  ???

Sterkte met die keuse, ek het myne binne dae gemaak en dit het baie gehelp  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by wlm »

Ludwig wrote: Wlm, die 300WSM se dop het genoeg plek vir die swaar koeels van 200gr+. Ek hoor juis nou dat die plaaslike F-klas protea span oorgeslaan het na die 300WSM, en my vermoede is dat hulle Berger se nuwe 230gr Match Hybrid gaan skiet. MAAR, in 'n gewone fabrieks 300WSM kamer met standaard dimensies gaan die maksimum TPL met hierdie gewig koeels veroorsaak dat die koeel baie diep in die dop gaan moet wees en jy nie naastenby die potensiaal van die kaliber gaan haal nie. My gevoel is dat onder normale omsgtandighede en normale spesifikasies, is die WSM beter met 150-180gr koeels.

Wel, eerste wat jy sal moet uitvind van die 308, is of sy slotgesig oopgemaak sal kan word om die groter kop van hierdie 3 magnums te kan hanteer? Die kamer sal inelkgeval moet oorgesny word met die nuwe dimensie, maar die eintlike probleem hier is jou aksie lengte vir die 308. Die enigste opsie wat werklik gaan werk is die WSM. Die ander 2 se doppe is hopeloos te lank om in 'n kort aksie te werk en die omskaleling gaan nie moontlik wees nie.  So as jy 'n 308 na 'n magnum wil omskakel, is die WSM beslis die roete om te gaan.
Lyttleton RSA Enkelskoot-aksie!!  ;D ;D ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Wouter Roets »

Luddie

Daar is die kwessie van spiraal ook. Die 308 is of n 1:14 of 1:12 wat koeels in die 150-165gr klas stabiliseer. Die standaard op die 300 WSM is 1:10 wat genoegsaam is vir koeels tot en met 220gr. Deur die loop van die 308 te gebruik gaan jy beperk wees in die gebied van koeelkeuse.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Wouter Roets »

Luddie

Stem 100% saam met wat jy se. Ek weet van twee manne wat dit gedoen het met hulle RSA gewere en hulle is so gelukkig soos n vark in sy parlementskar.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

ek sien by safari kry 'n mens 'n 308 loop wat 1-18 is, of kyk ek verkeerd?
hoe sal hy werk? dis 'n 31"
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Armand Steenkamp »

Cassie , dink nie jy sal swaarder koels as 150gr met gom kan skiet nie.
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Gerard

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Gerard »

'n Plaaslike man het 'n 300 laat bou en die wapensmid het 'n 1:14" loop gebruik.  Waarskynlik was dit 'n voormalige skyfskiet 308 loop.  Hy laai 168gr Barnes koe?ls en hulle gee pragtige profielskote op 25m. Mens kan duidelik die punt en die basis van die koe?l met die 'keyhole' gate sien.  Geen groepering hoegenaamd nie.

'n Vereiste vir lang koe?ls is dopvolume en stywe spiraal.  Stywe spiraal verbreed die aanwending van die geweer want dit is nodig vir goeie terminale werkverrigting met lang koe?ls op enige afstand.  Met kort koe?ls, waarvan die ballistiese koeffisient swakker is, gaan mens nie langer skote skiet nie en 'n stywe spiraal sal dus nie saak maak nie.  Dit maak nie die werkverrigting van die korter koe?ls seer nie. 

Baie stadige spiraal is die denkrigting van bankskieters en hulle dink nie verder as die bank en uiterste akkuraatheid nie.  Hulle weet nie van terminale werkverrigting en jagvereistes nie.  As jy 'n jagter is, moet nie raad neem by 'n bankskieter nie.  As jy 'n geweer laat bou uitsluitlik vir bankskiet, moet asseblief nie jag met daardie geweer nie en, wanneer jy die geweer of loop verkoop, s? vir die koper dat die spiraal baie stadig is en dat dit nie geskik is vir jag nie.

'n 300 Van enige aard behoort, vir jag, nie stadiger as 10" te wees nie, 9" duim is beter en 8" is eerste prys.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

gerhard, nou verloor ek jou heel temal.
bv, 'n 308. as jy 150gr skiet, wat maak dit nou saak hoe jou loop is, as jy groepeer, is mos die belangrikste?
of ek verstaan jou verkeerd!
1-8 is mos 8 draaie per duim? en 1-14 is 14 draaie?
of is ek nou heel mal?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by DWB »

Cassie, dit is 1 draai in 8 duim of 1 draai in 14 duim
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by cassie_calvinia »

;Dstupid!
HOU HOM DAAI DIKTE
Gerard

Re: 300 H&H, 300 win mag, 300 wsm

Post by Gerard »

Cassie,
Die spiraal van die loop hou verband met die lengte van die koe?l wat daarin gebruik word.  Dit word eintlik korrek uitgedruk in kalibers maar duime was makliker en is in popul?re gebruik.  Stabiliteit is kaliber/skaal gebonde so 'n 1:10" 6mm geweer is eintlik 'n stadiger spiraal as 'n 1:10" .30 kaliber.

Die deursnee van die koe?l, lengte, vorm en tolspoed bepaal die stabiliteitsfaktor (S/F) van die koe?l.  Dit word helei na 'n syfer wat groter as een moet wees vir die koe?l om staties te stabiliseer en korrek oor die boog van die trajek te vlieg. S/F verhoog namate die koe?l afstand kry en die verskynsel is kaliber/skaal gebonde.

Vir stabiele vlug is S/F 1.2 die minimum.  Vir goeie terminale werking, soos vir jag, is S/F 1.4 'n minimum.
Post Reply