350gr maalvleis.........wie gaan kyk en wie gaan eet???

. Daai goed gaan so lekker wees dat julle gaan vuisslaan.
Volle fyngekapte ui (med)
Braai tot ligbruin
Voeg vleis by en braai tot goud bruin teen daardie tyd die ui ook goudbruin daar sal heelwat water wees aangesien vleis gevries was.
Een eetlepel Hot Chutney.....net om die smaak soet te maak, vermy knoffel dis haatlik, jy sal jou eie kind nie eers kan nagsoen nie.
Voeg fyngekapte aartappels, hoe fyner hoe dikker is die souserigheite in die mince, los tamaties dit maak die kos suur.
Mense moan maar ek dink dis nodig....blikkie of gemenge groente of groenbone en kook als tot sag, bone sit die huppel in die stap..

Hou deurentyd n deksel op om vog te behou.
Onthou net speserye na smaak ek likes natuurlik n warmrigheid.
Indien jy sien jou souse is bietjie min sit n eetlepel Bisto gemeng met n koppie water by en laat goed deurkook
Saam rys loop hy mooi maar my keuse bly PAP.
Lekker eet mater