Gemsbok Frikadelle (help asb)

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by FHM »

Manne,

ek wil more-aand frikadelle maak vir my en my dogter met gemsbok maalvleis en is opsoek na n eenvoudige resep wat vir jou werk asb.
Ek weet uie / hoender eirs kom by maar ek is nie seker wat nog en in watse maat nie.
Ek gaan so 350 g maalvleis gebruik.

Wat se julle of julle wederhelftes - hoe gemaak? ???
Last edited by FHM on Tue Aug 21, 2012 1:09 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by FCLoretz »

FHM,

Jy hoef nie die eiers by te sit nie, maar dit help om die frikkadelle te bind wanneer jy dit kook.

as 'n ui sal ek 1 medium ui gebruik wat redelik fyn gekap is.
2 eetlepels chutney.
speserye na smaak
en 1 fyn gekapte rissie, pitte uit gehaal. maar net as jy wil dit is nie 'n moet nie.
Wat jy ook kan gebruik is 'n pakkie bruin uie sop in die maalvleis in gemeng.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by Beer (Christo) »

Ek dink my ouma het altyd 'n snytjie brood of twee in melk geweek bygesit om die maalvleis te bind

my 2c
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by FHM »

Dankie julle manne - klink eevoudig genoeg en veilig genoeg dat ek nie my blou-oog vergiftig nie ;D ;D ;D
Last edited by FHM on Tue Aug 21, 2012 1:44 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by FCLoretz »

Beer wrote: Ek dink my ouma het altyd 'n snytjie brood of twee in melk geweek bygesit om die maalvleis te bind

my 2c
Beer,

Jy hoef nie die brood in melk te sit nie, dit help net om die brood sag te maak en dat jy dit makliker in die maalvleis in kan werk. Meestal gebruik mense sommer net brood krummels.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by Dawid »

350gr maalvleis.........wie gaan kyk en wie gaan eet???  ;D. Daai goed gaan so lekker wees dat julle gaan vuisslaan.

Volle fyngekapte ui (med)
Braai tot ligbruin
Voeg vleis by en braai tot goud bruin teen daardie tyd die ui ook goudbruin daar sal heelwat water wees aangesien vleis gevries was.
Een eetlepel Hot Chutney.....net om die smaak soet te maak, vermy knoffel dis haatlik, jy sal jou eie kind nie eers kan nagsoen nie.
Voeg fyngekapte aartappels, hoe fyner hoe dikker is die souserigheite in die mince, los tamaties dit maak die kos suur.
Mense moan maar ek dink dis nodig....blikkie of gemenge groente of groenbone en kook als tot sag, bone sit die huppel in die stap.. ;D ;D
Hou deurentyd n deksel op om vog te behou.
Onthou net speserye na smaak ek likes natuurlik n warmrigheid.
Indien jy sien jou souse is bietjie min sit n eetlepel Bisto gemeng met n koppie water by en laat goed deurkook
Saam rys loop hy mooi maar my keuse bly PAP.

Lekker eet mater
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by FHM »

Dawid, (ek sien jy stir alweer by die pos oor oop patroon-bokse... ;D

Dit was n typo! :o :o :o Dis 1350 gr - sorry man.
Dankie vir jou reseppie, ek laaik knoffel en my kiddo ook - inteendeel, ek vrek oor knoffel. ;)
Ek maak die brousel wat jy beskryf gereeld - verskil bietjie hier en daar (bv knoffel ;)) en dan kry jy my nerens uit die huis om te eet as daar nie Tobasco is nie - die Rooi meneer - ek eet daai goed soos tjoklits man. Ek vrek oor koring of mieliegrys by so mince brouseltjie. ;)

Dankie maat ;D
Last edited by FHM on Wed Aug 22, 2012 11:50 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Gemsbok Frikadelle (help asb)

Post by Louis Kriel »

Beer wrote: Ek dink my ouma het altyd 'n snytjie brood of twee in melk geweek bygesit om die maalvleis te bind

my 2c
Daais belangrik!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Post Reply