My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Beer (Christo) »

Naand manne

Dog ek sal julle vertel van my eertse Gemsbok. Ons het die lang naweek gaan jag by Peet (Molopohunter). Ons het ook kennis gemaak met Gert wat gehelp het om te gids. Eerstens, manne ek het lanklaas so koudgekry. Ek het die weervoorspelling gemis en moes al die eerste aand 'n ekstra kombersie of twee by Peet bedel:

Image

Die plaas waar ons geskiet het het regtig mooi gemsbokke gehad. Ek kon hierdie mooi Gemsbok koei Donderdag middag plattrek. Sy het 100kg uitgeslag en die horings was 37,5". Ek moet hier se dat Peet kan raak skat. Voor hy dit gemeet het het hy gese hy skat dit 37 of 38". Kalahari die jag hond was by om seker te maak die bok is mooi dood.

Image

My pa het toe ook die middag 'n rooibokkie gekry, met Kalahari weereens aan diens:

Image

Daar was 'n mooi Springbok ram wat ek graag wou plattrek nadat ek die gemmie gekry het, maar soos dit nou maar gaan het die soos 'n speld verdwyn. Ek het Vrydag toe 'n mooi ooitjie geskiet. My oudste is saam in die foto. Kalahari het toe diens gedoen by die boogjagters.

Image

My jag maat, Anthony, het die Saterdag oggend 'n Rooibok gekry, die gemmies wou net nie reg staan vir 'n skoot met die boog nie.

Image

Die vrieskas was al voor die jag redelik vol, so ons het toe tyd saam met die families spandeer. Peet het ons almal uitgevat vir kleiduif skeit. My broer het my Brno 12boor nie lekker vasgehou nie. haha...

Image

Ek het my .222 saamgevat en ons kon die Vrydag aand bietjie diens doen in van die aartappel lande. Dit was seker een van die hoogte punte van die naweek. Ons stadsjapies kry nie altyd die kans vir sulke dinge nie. Net die geleenthied om met die spotlight agter op die bakkie te kom is al klaar pret.

Image

Ek het egter so bietjie teespoed gehad. Met die gery en stampery agter op die cruiser het die knaldemper op my .222 effens los gedraai. Toe een van die skote loop het 'n redelike spark voor my gesien.
Image
Image
Image

Gelukkig geen ernstige gevolge nie, maar ek sal 'n nuwe KD moet kry. Lyk asof die laaste / voorste twee baffels ook seer gekry het.

Nou ja, dis 'n naweek wat ons lank sal onthou en nie net oor die koue nie. Die dames het sam met ons die boskamp gebly - longdrop en al. Die kinders het dit geniet en het lekker in die Kalahari sand gespeel en het ook in die middae saam gery as ons uitgegaan het.

Ek moet se Peet het moeite gedoen om dit vir ons aangenaam te maak en ons kon lekker met hom en Gert om die vuur gesels.

Lekker aand
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Ralph »

Bly om te sien julle het dit geniet. Baie mooi fotos vir 'n goeie herinnering.
Shoot more, shoot more often!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by VdWalt »

Baie geluk man! Lyk sommer lekker!

Groete
Van der Walt
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by henried »

Te lekker, geluk aan almal.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Reggie Gerber »

Geluk Kan sien julle het dit baie geniet

Wil ook so trippie ver van die huis af doen saam my pa en my seun.

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Vincehond »

My ou grootmaat Peeta het alweer sy kant gebring.
Hy doen altyd moeite met sy jagters en is net een groot plesier as mens by hom jag.
O ja, hy beter raak skat na al die horing skat oefeninge wat ek en hy al gedoen het saam. Sal sy gat skop as hy begin mis skat ;D ;D ;D
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Cobus(Cobb) »

Mooi Peet en Beer...
Daai kalahari hond bly maar bobaas

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Kerneels S. »

Die Kalahari bly darem maar lekker!!
Baie smart!!
Groete
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by FHM »

Mooi gegooi ou Beer!!! ;)
Man dit lyk darem maar lekker...KOUD!!!!!!!!!! ;) ;D

Ja Beer, dis hoekom ek "come hell or high water" NOOIT maar NOOIT my geweer aan die bakkie laat raak as ek agterop staan nie - daar is net te veel kans vir n stamp of in n gat inry of vinnig stop en jy is van balans af en dan is hou scope en geweerskade / knaldemper skade die gevolg. Ek hou my geweer altyd in my regterhand vas met die kolf skouer-stuk gerus op my regterbobeen en die loop in die lug en ek leun met my rug in die hoek van die bakkie. Dis al hoe ek nog nooit n stamp of skraap opgetel het as ons n gat slaan of vinnig stop of n knop in die pad vang nie.
Is al hoeveelkeer deur boer gese - sit jou geweer in die geweer rak agterop die bakkie, ek - Nooit!

Jy is n bevoorregte man om jou laaitie en die ou top saam jou te kon he op n jag - goeie herinneringe.  ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Piet Pille »

Netjies Beer!!
Sulke herhinneringe is vir ewig!
Knapgedaan!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by BLOK »

mOOI GEDOEN, LYK OF JULLE DIT GENIET HET.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Carl »

Lekkerr eerder koud as Warm.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by Piet Pille »

Carls wrote: Lekkerr eerder koud as Warm.
Ja-nee, ek stem saam. As jy koud kry kan jy altyd nog 'n baadjie aantrek, maar as jy warm kry, kan jy net uittrek totdat jy kaalbas is.... en dit is nie aan te beveel met sekelbos in die veld nie ;)

Koue oggende en warm koffie en jag is sinoniem.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: My eerste gemsbok in die Kalahari saam met Molopohunter

Post by molopohunter »

Dagse Beer.

Sien nou eers die post. Die seisoen wil nie eindig nie.
Jy het nou lekker die storie so met die fotos vertel.
Manne, ek mag ook maar aanbeveel dat die Fouries kan op enige plaas welkom wees.

Hehe Vince, maar jy vertel darem nie hoe vrot ek eers met horings was nie.

Groete manne.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Post Reply