Dog ek sal julle vertel van my eertse Gemsbok. Ons het die lang naweek gaan jag by Peet (Molopohunter). Ons het ook kennis gemaak met Gert wat gehelp het om te gids. Eerstens, manne ek het lanklaas so koudgekry. Ek het die weervoorspelling gemis en moes al die eerste aand 'n ekstra kombersie of twee by Peet bedel:

Die plaas waar ons geskiet het het regtig mooi gemsbokke gehad. Ek kon hierdie mooi Gemsbok koei Donderdag middag plattrek. Sy het 100kg uitgeslag en die horings was 37,5". Ek moet hier se dat Peet kan raak skat. Voor hy dit gemeet het het hy gese hy skat dit 37 of 38". Kalahari die jag hond was by om seker te maak die bok is mooi dood.

My pa het toe ook die middag 'n rooibokkie gekry, met Kalahari weereens aan diens:

Daar was 'n mooi Springbok ram wat ek graag wou plattrek nadat ek die gemmie gekry het, maar soos dit nou maar gaan het die soos 'n speld verdwyn. Ek het Vrydag toe 'n mooi ooitjie geskiet. My oudste is saam in die foto. Kalahari het toe diens gedoen by die boogjagters.

My jag maat, Anthony, het die Saterdag oggend 'n Rooibok gekry, die gemmies wou net nie reg staan vir 'n skoot met die boog nie.

Die vrieskas was al voor die jag redelik vol, so ons het toe tyd saam met die families spandeer. Peet het ons almal uitgevat vir kleiduif skeit. My broer het my Brno 12boor nie lekker vasgehou nie. haha...

Ek het my .222 saamgevat en ons kon die Vrydag aand bietjie diens doen in van die aartappel lande. Dit was seker een van die hoogte punte van die naweek. Ons stadsjapies kry nie altyd die kans vir sulke dinge nie. Net die geleenthied om met die spotlight agter op die bakkie te kom is al klaar pret.

Ek het egter so bietjie teespoed gehad. Met die gery en stampery agter op die cruiser het die knaldemper op my .222 effens los gedraai. Toe een van die skote loop het 'n redelike spark voor my gesien.



Gelukkig geen ernstige gevolge nie, maar ek sal 'n nuwe KD moet kry. Lyk asof die laaste / voorste twee baffels ook seer gekry het.
Nou ja, dis 'n naweek wat ons lank sal onthou en nie net oor die koue nie. Die dames het sam met ons die boskamp gebly - longdrop en al. Die kinders het dit geniet en het lekker in die Kalahari sand gespeel en het ook in die middae saam gery as ons uitgegaan het.
Ek moet se Peet het moeite gedoen om dit vir ons aangenaam te maak en ons kon lekker met hom en Gert om die vuur gesels.
Lekker aand
