Na aanleiding van die vorige skrywes ten opsigte van swak diens en dat hierdie mense nie so lekker is nie, wil ek graag net my punt stel aangesien ek die direkte kontak met die meneer was,
hy wou aanvanklik net een dag kom skiet en het ek aan hom uitgelig dat dit nie moontlik is nie, maar ons het toe afgespreek dat hy sy mense sal bring om dan hier te slaap maar dat net die enigste jagter sal wees. Hy kom bly gereeld hier naby
Ek het later weer met hom, gepraat en bespreek dat ons groot aanvraag het in groepe en hy het toe aan my gese hy verstaan besigheid en as ek n groter jaggroep kan kry in sy plek sal hy verstaan en ons laaste gesprek toe ek aan hom oordra dat ek wel ek groter groep het, het ons ooreengekom om n alternatiewe datum na die jag seisoen aangesien hy wel sy deposito oorbetaal het. Die volgende dag het ek net per epos n nota ontvang om sy deposito terug te betaal.
Ek was gereeld met hom in verbinding en nooit het hy eenmaal n probleem gehad as hy kan onthou nie ek wonder nou wie van ons is nou eintlik nie die lekker nie.
Maar ek stel voor dat mense wat wel wil kom jag op enige plaas, die jagreels deeglik lees en nie die plaaseienaar in n blik wil druk on die reels vir hom aan te pas en dit moeilik maak om almal se behoeftes te akkomodeer nie
Ons is hier om n besigheid te bedryf en ons wild te verkoop en tesame daarmee goeie diens
te lewer as jy hier kom jag.
Maar nou ja, nou sal ek hom ook nie verder kan akkomodeer om n bokkie te kan kom skiet nie en dit sal my tyd gee sodat ek my aandag kan vestig op die mense wat nog gaan kom om dit vir julle beter en lekkerder te kan maak. o s terloops sy deposito is ook aan hom terugbetaal
groete Amanda 0832276350
