Horing lengte en skoot plasing

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Horing lengte en skoot plasing

Post by Carl »

Ek moet die mannetjie soek die naweek (erens op 700ha, nie by die lusern nie :police:), as hy so staan en kyk vir my waar skiet ek hom? Die manne wat ken, +- hoe lank is die horings?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Gerhard »

Skat so 48-50 duim...

Ek kan nie by die werk n kolletjie op sit nie.

Maar min of meer waar die dewlap en die nek bymekaar kom oppi bors...

Vat die middel vd twee voor bene as die vertikale lyn en dan n derde op van die brisket af en jy behoort die boiler room mooi te kap...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Reggie Gerber »

Net soos Gerhard se
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by gillie »

Bedoel julle so ?

[img width=320 height=480]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... G_3675.jpg[/img]
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Gerhard »

gillie wrote: Bedoel julle so ?

[img width=320 height=480]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... G_3675.jpg[/img]
Meskien n duim laer...

Maar hy sal nie ver gaan met daai skoot nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Hugo »

Die kol lyk reg, ek skat hom so 53-54". Lat weet ons as hy plat is!
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Jakes73 »

Ek self sou hier gemik het?

Hierdie is great "oefening" want ek beplan einde Augustus my 1ste Kudu jag. Oor die horing lengte, wat sou julle ervare manne se is 'n goeie reel om te volge as mens 'n Kudu onder 48" soek?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by gillie »

Jakes, party mense sal dalk dink ek is simpel, maar gestel ek wil 'n blouwildebees gaan jag, daan google ek "bluewildebees" en gaan dan na images. En dan een vir een gaan jy hulle deur, want daar baie fotos en elkeen staan anders en nie al die bokke staan plankdwars soos in die skootplasingboekies nie. Sit rustig en kyk na elke foto en dink oor waar die beste skoot sal wees. Dit sal jou in die veld ook paar sekondes spaar. Kyk veral na die fotos waar die bok op snaakse angle staan.

My 2 sent.
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Jakes73 »

gillie wrote: Jakes, party mense sal dalk dink ek is simpel, maar gestel ek wil 'n blouwildebees gaan jag, daan google ek "bluewildebees" en gaan dan na images. En dan een vir een gaan jy hulle deur, want daar baie fotos en elkeen staan anders en nie al die bokke staan plankdwars soos in die skootplasingboekies nie. Sit rustig en kyk na elke foto en dink oor waar die beste skoot sal wees. Dit sal jou in die veld ook paar sekondes spaar. Kyk veral na die fotos waar die bok op snaakse angle staan.

My 2 sent.
Hi Gillie,

dit maak 100% sin. Ek is baie gemaklik met die plankdwars en quartering away skote maar om een of ander rede sukkel ek partykeer om die quartering toward skote mooi te skat en met die gevolg het ek nog nooit so skoot gevat nie. Hierdie is egter baie lekker oefening want ek kan my opinie gee en dan kan die manne my reghelp waar nodig.

Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by gillie »

Jakes73 wrote:

Ja die forum help baie met daai moeilike skote waaroor mens twyfel.

Lekker "oefen"
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
immelmanw

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by immelmanw »

Carls wrote: Ek moet die mannetjie soek die naweek (erens op 700ha, nie by die lusern nie :police:), as hy so staan en kyk vir my waar skiet ek hom? Die manne wat ken, +- hoe lank is die horings?
Skiet hom net eers raak, sorg dat daar goeie honde is! (grap net)
Nie ideaal vir n skoot nie, hang af van kaliber maar op die bors sal werk!
KC

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by KC »

Ek skat hom ook so om die 50". Skiet en laat weet.

My reel is as jy twee bene sien skiet tussen die twee bene.

Net nie die agterstes nie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Carl »

Haha manne nou lag ek lekker, KC net so! Tussen die agter bene sal sy briek op trek maar n man doen dit nie aan n ander man nie.
Ja oom Pine dis waarheid daai, die koedoe koei wat my pa uit Alldays gebring het proe baie lekkerder. Maar die man is mos die grey ghost, hy kruip al lankal weg vir my, dis bietjie skaak speel wat die soek na hom lekker maak. Ek is nie trofee man nie maar die ene sal ere plek op die plaas se muur vat. Nou ja eers kry dan praat ons.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Carl »

Koedoe 1 Carl 0. Het 2 gesien baie vinnig maar die een wat ek mag skiet het so wit kwas linkerboud dis nie maklik om kolle op koede se boude te soek nie.

Het toe einde en ter laaste 'n rooibok geskiet, mooi bloed gegooi, spoor gevat maar hom verloor. Hoog en laag gesoek kon net niks kry vanaf die laaste bloedkol. Ai.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Frederik »

Skootplasing presies soos wat Gerhard gese het en ek skat hom 54-55 hy is bedrieglik nie diep draaie nie maar hy is mooi wyd onder en kyk hoe lank is die horings. CarlS al wat ek kan se jy gaan baie gelukkig wees as jy hom gekry het.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by gillie »

Carls wrote: Koedoe 1 Carl 0. Het 2 gesien baie vinnig maar die een wat ek mag skiet het so wit kwas linkerboud dis nie maklik om kolle op koede se boude te soek nie.

Het toe einde en ter laaste 'n rooibok geskiet, mooi bloed gegooi, spoor gevat maar hom verloor. Hoog en laag gesoek kon net niks kry vanaf die laaste bloedkol. Ai.
Ek glo nie wat ek lees nie...
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Marc »

Carls

Dis nou koedoe jag  ;) Ek het vyf jaar gewag voor daai 'n mooi groot bul voor my stil wou staan  ;)

Ek skat die horing ook hier by 52-54 duim, hulle is vlak in die krulle MAAR is mooi lank en wyd uitmekaar  8)

" 'n Mooi bul word vir jou gegee, jy gaan soek hom nie " wyse woorde van 'n ou hand in die veld so hier in my derde jaar as aspirant koedoe bul jagter  ;D Alles in goeie tyd mater, wees maar geduldig hy sal kom  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Carl »

Manne my geluk het gedraai die naweek (nie die Lions vs Cheetahs nie). Storie en fotos is oppad ek moet net vanaand tyd kry om te skyf.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by Dimitri »

Carls wrote: Manne my geluk het gedraai die naweek (nie die Lions vs Cheetahs nie). Storie en fotos is oppad ek moet net vanaand tyd kry om te skyf.
Bly om dit te hoor Carls. Sien uit daarna om die storie te lees en die fotos te sien. Ek skat hom 49-51".
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by tau »

Carls wrote: Koedoe 1 Carl 0. Het 2 gesien baie vinnig maar die een wat ek mag skiet het so wit kwas linkerboud dis nie maklik om kolle op koede se boude te soek nie.

Het toe einde en ter laaste 'n rooibok geskiet, mooi bloed gegooi, spoor gevat maar hom verloor. Hoog en laag gesoek kon net niks kry vanaf die laaste bloedkol. Ai.
Ja nee kyk Kudu kan mens klaar maak. Ek het al gevind as ek vir 'n spesifieke spesie gaan en dan iets anders skiet jaag ek gewoonlik mis aan.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Horing lengte en skoot plasing

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Carl,

Het daai monster met die kolletjie op die bas sy bas gesien?

Groetnis
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply