Koedoe in die Lemoenboord

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Steenbok

Koedoe in die Lemoenboord

Post by Steenbok »

Het enigeiemand dalk "n raad oor hoe om koedoes uit jou lemoenboorde te hou? Hulle vreet al die jong nuwe groei buite om opwat volgende weisoen se oes moet wees. Ons sal hopelik binnekort 10 voet heinings om die boorde opsit, maar tot dan toe vreet hulle ons oes op en dryf die honde tot totale raserny! Ons gee hulle van tyd tot tyd gas, die .243 soort, maar op een of ander manier weet hulle die oomblik as jy daai kluis oopgesluit her en is daai aand net nie daar nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Cobus(Cobb) »

...bel my maar chomma, hulle ken my .308 nie..my fooi is ook baie laag, koffie, bord kos en eks daar, sal net 2 karkaste vir myself hou, res in joune

;D ;D ;D

Sterkte
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Marc »

Cobb wrote: ...bel my maar chomma, hulle ken my .308 nie..my fooi is ook baie laag, koffie, bord kos en eks daar, sal net 2 karkaste vir myself hou, res in joune

;D ;D ;D

Sterkte
Cheers
Maak twee van ons  8) 8) 8) 8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Gerhard »

Steenbok waar in die land is jy?

Ek onthou lank terug hoe die kudus in die klowe af na Loskop dam toe die lemoene ook so in die boorde by gekom het...

n Bul sluk sommer n heel lemoen sonder moeite...

Krag draad laat n kudu vinnig leer die draad byt en dan is hulle versigtig.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by vlakvark1 »

Ja draad is al wat werk het self gesukkel met koedoes in perskeboord en maar toe gespan
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Frederik »

Die ander ding wat werk maar nie na wense is nie is om 'n band of twee te brand.
Ek dink Gehard se idee met 'n draad wat bietjie skop is jou beste en vinnigste oplossing.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by grumpy »

Nooi maar ons betaal ons eie kostes en doen dit met plesier!!! Jy kry selfs van die bokke wat geskiet word WANT ONS MAAK SKOON WAAR ONS GEWERK HET.!!!!!!!!  ;D ;D ;D
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by MEERKAT »

Steenbok

Jaycefluid rondom die boord so elke paar tree op die grond (sommer met spuitkannetjie) behoort hulle tydelik uit die boord te hou totdat julle kon toespan.

Groetnis
MEERKAT
Steenbok

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Steenbok »

Meerkat,
ek ken Jeyes fluid vir die slange, nie gedink hy sal 'n koedoe uithou nie.
Gerhard, ons is in die NK. so tussen Postmasburg in Griekwastad. Manne, Jagters het ons nie 'n skaarste aan hier rond nie, maar elke keer as hulle daai boord insluip is daar geen koedoe in sig nie en dit terwyl die hond nou net nog gestaan en blaf het boord se kant toe. Miskien moet ek hoor of iemand hier rond nie vir my 'n paar Anatolians het om te leen nie, tot ons die boorde kan toespan. Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg. Dankie almal vir die vinnige replies.
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Triple2 »

Steenbok
Jy moet nou net nie daai boord so toemaak, dat jy nooit weer kudu biltong in die huis het nie, ;D
Groete
D
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Gerhard »

Steenbok wrote: Meerkat,
ek ken Jeyes fluid vir die slange, nie gedink hy sal 'n koedoe uithou nie.
Gerhard, ons is in die NK. so tussen Postmasburg in Griekwastad. Manne, Jagters het ons nie 'n skaarste aan hier rond nie, maar elke keer as hulle daai boord insluip is daar geen koedoe in sig nie en dit terwyl die hond nou net nog gestaan en blaf het boord se kant toe. Miskien moet ek hoor of iemand hier rond nie vir my 'n paar Anatolians het om te leen nie, tot ons die boorde kan toespan. Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg. Dankie almal vir die vinnige replies.
Toets dit net eers as jy kan met daai nylon tou wat die boere gebruik om beeste uit lusern lande te hou
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by wlm »

As die boompies klein genoeg is sal dit help om hulle met 'n pensmis/water-mengsel te spat. Gebruik 'n lekker groot kwas (ek ken hom as 'n afwit-kwas). Dit werk vir duikers en steenbokke. Ek gee die raad vir wat dit werd is, goedkoop genoeg om te probeer.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Christo »

Kort tyd oplossing is tabakstof. Dit werk om dit om die bome te gooi. Word later kompos. Het goed gewerk met grysbokke en ribbokke. Vuurmaak om die boord werk ook.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by FHM »

Steenbok wrote: Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg.
Hmmm, versoon my manne.
Net n klein voorstelletjie Steenbok, jy sal moet onthou om n ander boom te kry in die aand, nie meer die boord natlei nie ne....anders kan jy dalk die mannetjie uit sy fondasie losruk as jy vergeet van die elektriese drade...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by Dippies »

Maklikste Oplossing = Loodpille.Sover ek weet werk dit nog altyd en elke keer :D
heinmarkram
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu May 24, 2012 2:11 pm

Re: Koedoe in die Lemoenboord

Post by heinmarkram »

LYKMY JY HET PROBLEME, ENIGE KANT TOE
.22lr, .22wrf, 22-250, 270, 30-06, 2X 375h&h, 10.75x68mm, 12go/u en iewers nog i 357 rollie en i 303!
en dink aan 458lott
Post Reply