Koedoe in die Lemoenboord
-
Steenbok
Koedoe in die Lemoenboord
Het enigeiemand dalk "n raad oor hoe om koedoes uit jou lemoenboorde te hou? Hulle vreet al die jong nuwe groei buite om opwat volgende weisoen se oes moet wees. Ons sal hopelik binnekort 10 voet heinings om die boorde opsit, maar tot dan toe vreet hulle ons oes op en dryf die honde tot totale raserny! Ons gee hulle van tyd tot tyd gas, die .243 soort, maar op een of ander manier weet hulle die oomblik as jy daai kluis oopgesluit her en is daai aand net nie daar nie.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
...bel my maar chomma, hulle ken my .308 nie..my fooi is ook baie laag, koffie, bord kos en eks daar, sal net 2 karkaste vir myself hou, res in joune

Sterkte
Cheers
Sterkte
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Maak twee van onsCobb wrote: ...bel my maar chomma, hulle ken my .308 nie..my fooi is ook baie laag, koffie, bord kos en eks daar, sal net 2 karkaste vir myself hou, res in joune
![]()
![]()
Sterkte
Cheers
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Steenbok waar in die land is jy?
Ek onthou lank terug hoe die kudus in die klowe af na Loskop dam toe die lemoene ook so in die boorde by gekom het...
n Bul sluk sommer n heel lemoen sonder moeite...
Krag draad laat n kudu vinnig leer die draad byt en dan is hulle versigtig.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Ja draad is al wat werk het self gesukkel met koedoes in perskeboord en maar toe gespan
vlakvark en bosvark Bvk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Die ander ding wat werk maar nie na wense is nie is om 'n band of twee te brand.
Ek dink Gehard se idee met 'n draad wat bietjie skop is jou beste en vinnigste oplossing.
Ek dink Gehard se idee met 'n draad wat bietjie skop is jou beste en vinnigste oplossing.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Nooi maar ons betaal ons eie kostes en doen dit met plesier!!! Jy kry selfs van die bokke wat geskiet word WANT ONS MAAK SKOON WAAR ONS GEWERK HET.!!!!!!!!

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Steenbok
Jaycefluid rondom die boord so elke paar tree op die grond (sommer met spuitkannetjie) behoort hulle tydelik uit die boord te hou totdat julle kon toespan.
Groetnis
MEERKAT

Meerkat,
ek ken Jeyes fluid vir die slange, nie gedink hy sal 'n koedoe uithou nie.
Gerhard, ons is in die NK. so tussen Postmasburg in Griekwastad. Manne, Jagters het ons nie 'n skaarste aan hier rond nie, maar elke keer as hulle daai boord insluip is daar geen koedoe in sig nie en dit terwyl die hond nou net nog gestaan en blaf het boord se kant toe. Miskien moet ek hoor of iemand hier rond nie vir my 'n paar Anatolians het om te leen nie, tot ons die boorde kan toespan. Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg. Dankie almal vir die vinnige replies.

Triple2
- Sr. Member

- Posts: 352
- Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Steenbok
Jy moet nou net nie daai boord so toemaak, dat jy nooit weer kudu biltong in die huis het nie,
Groete
D
Jy moet nou net nie daai boord so toemaak, dat jy nooit weer kudu biltong in die huis het nie,
Groete
D
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Toets dit net eers as jy kan met daai nylon tou wat die boere gebruik om beeste uit lusern lande te houSteenbok wrote: Meerkat,
ek ken Jeyes fluid vir die slange, nie gedink hy sal 'n koedoe uithou nie.
Gerhard, ons is in die NK. so tussen Postmasburg in Griekwastad. Manne, Jagters het ons nie 'n skaarste aan hier rond nie, maar elke keer as hulle daai boord insluip is daar geen koedoe in sig nie en dit terwyl die hond nou net nog gestaan en blaf het boord se kant toe. Miskien moet ek hoor of iemand hier rond nie vir my 'n paar Anatolians het om te leen nie, tot ons die boorde kan toespan. Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg. Dankie almal vir die vinnige replies.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
As die boompies klein genoeg is sal dit help om hulle met 'n pensmis/water-mengsel te spat. Gebruik 'n lekker groot kwas (ek ken hom as 'n afwit-kwas). Dit werk vir duikers en steenbokke. Ek gee die raad vir wat dit werd is, goedkoop genoeg om te probeer.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3310
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Kort tyd oplossing is tabakstof. Dit werk om dit om die bome te gooi. Word later kompos. Het goed gewerk met grysbokke en ribbokke. Vuurmaak om die boord werk ook.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Hmmm, versoon my manne.Steenbok wrote: Sal definitief elektriese heinings sterk oorweeg.
Net n klein voorstelletjie Steenbok, jy sal moet onthou om n ander boom te kry in die aand, nie meer die boord natlei nie ne....anders kan jy dalk die mannetjie uit sy fondasie losruk as jy vergeet van die elektriese drade...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
Maklikste Oplossing = Loodpille.Sover ek weet werk dit nog altyd en elke keer 
-
heinmarkram
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu May 24, 2012 2:11 pm
Re: Koedoe in die Lemoenboord
LYKMY JY HET PROBLEME, ENIGE KANT TOE
.22lr, .22wrf, 22-250, 270, 30-06, 2X 375h&h, 10.75x68mm, 12go/u en iewers nog i 357 rollie en i 303!
en dink aan 458lott
en dink aan 458lott