Nou ja die proses gaan voort om voor te berei vir die 1ste herlaai. Ek het gister middag my TPL vir my 2 gewere gemeet.
- 1.Vat 'n koe?l en 'n klaar gevuurde dop, duk effense plat 'n deel in nek.
2.Steek 'n kers aan.
3.Plaas koeel in nek. Brand swart oor kers - maak seker dis nie lewendige ammunisie! Moenie lood smelt.
4.Rondte in magasyn, maak slot toe en weer versigtig oop. Kyk waar dop merk gemaak het op swart. Draai koe?l stadig in tot by die lyn.
5.Meet met RCBS vernier. Herhaal proses so 8 keer.
Ek het net gesukkel met die Nosler CT Silvertip want die Moly coat is klaar swart:-(
Is daar iets wat ek gemis het?
Groot was my verbasing toe die afmetings heelwat verskil met van die gekoopte ammunisie. Verskil bv
30-06 Winchester Failsafe 3.081" vs die Nosler Partition 3.359". Dis 'n groot sprong, hoe sal dit akkuraatheid beinvloed?
Nosler gee die TPL op die 180gr as 3.228", is dit ook maar hulle standaard fabrieks TPL?
Nou moet ek nog bepaal wat sal werk in my magasyn, maks lengte.



