TPL my metode

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

TPL my metode

Post by Carl »

Hallo

Nou ja die proses gaan voort om voor te berei vir die 1ste herlaai. Ek het gister middag my TPL vir my 2 gewere gemeet.
  1. 1.Vat 'n koe?l en 'n klaar gevuurde dop, duk effense plat 'n deel in nek.
    2.Steek 'n kers aan.
    3.Plaas koeel in nek. Brand swart oor kers - maak seker dis nie lewendige ammunisie! Moenie lood smelt.
    4.Rondte in magasyn, maak slot toe en weer versigtig oop. Kyk waar dop merk gemaak het op swart. Draai koe?l stadig in tot by die lyn.
    5.Meet met RCBS vernier. Herhaal proses so 8 keer.
    Ek het net gesukkel met die Nosler CT Silvertip want die Moly coat is klaar swart:-(
    Is daar iets wat ek gemis het?
    Groot was my verbasing toe die afmetings heelwat verskil met van die gekoopte ammunisie. Verskil bv
    30-06 Winchester Failsafe 3.081" vs die Nosler Partition 3.359". Dis 'n groot sprong, hoe sal dit akkuraatheid beinvloed?
    Nosler gee die TPL op die 180gr as 3.228", is dit ook maar hulle standaard fabrieks TPL?
    Nou moet ek nog bepaal wat sal werk in my magasyn, maks lengte.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: TPL my metode

Post by LUAN »

Ek druk net n koel in tot teen die groewe en sit rod af in loop en merk hom. Dan haal ek die koeel uit en maak slot toe en druk weer rod af en maak merk. Die afstand tussen die 2 merke is jou tpl vir daardie koel. Goed genoeg of nie?
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Ludwig,

Wat is n "Matrys"?
Ek het al gehoor manne se dat van daai merk af, trek hul nog 1mm af, bedoelende, nog 1 mm diepper. Hoe is jou gevoel daaroor?
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Ludwig,

Baie dankie. Gaan vanaand vir die eerste keer ook my TPL meet en sal maar kyk hoe gaan dit van daaraf.. ;)
Wil n 308 Musgrave laai met 165gr Hornady SP's. Enige idees miskien?
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: TPL my metode

Post by Carl »

Dankie Ludwig. Die metode op Nosler se webtuiste gekry,maar het die kers self uitgedink, konnie koukie kry nie. Die beginsel is die koeel maak kontak met die lande, druk dan terug in die dop daardan die skraap op die kant van die koeel. Soms trek dit nie uit nie dan seat hy basies op die diepte wat die lande hom druk.

Ek gaan bietjie jou metode probeer, dankie vir die link. Ek wil graag 100% seker maak voor ek begin laai en skiet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: TPL my metode

Post by BRNO (Pierre) »

303, ek kan bevestig dat Ludwig en Nossler se metode verskillende lesings gee.

Die koutjie metode gee verseker uit vyf keer die mees konstante lesing, dus wil dit lyk asof dit die mees akkuraatste ook sal wees.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: TPL my metode

Post by LUAN »

Ek het gistraand n punt gelaai en met koukie swart gemaak. Druk hom in en kyk of die slot maklik toe maak, en kyk vir merke van die lands op die koel. Het bietjies bietjies afgekom met die matrys en op die einde .95mm korter op geeindig as wat ek my maks tpl gemeet het.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: TPL my metode

Post by James Wilson »

ek kan net by se dat ek vooraf so n paar van my koeels met die ogief komparrator meet. dan een van die konstante koeels vat om die meetings te doen. baie keer meet die manne die tpl en dan is dit n koeel wat nie konstant is nie. maw baie herlaaiers met die tpl in stede van die ogief tpl en dan kom daaar verskille en niemand kan verstaan waar le die oorsaak nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: TPL my metode

Post by Wouter Roets »

Manne

Luddie se metode is verseker die mees geskikste om werklike TPL te kry tot teen die lande. James jy is reg dit is die beste metode om te gaan met betrekking van n mens se TPL.

Ek gebruik Hornady se tool om TPL te bepaal. Hy gee basies dieselde resultate as Ludwig se manier en daar is niks vinniger of gemaklik nie. Dit bestaan uit n dummy cartrige van jou kaliber en die tooltjie self. Gaan google hom maar gerus. As ek reg kan onthou breek hy ook nou nie juis die bank nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Wouter & Ludwig,

Ek sukkel bietjie met my TPL. Ek kry elke keer 'n ander lesing. Ek het maar later die laai stok ding gedoen.

PS: Wouter, kyk jou OM.. ;)
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Ludwig,

Ek hoor wat jy se. Ek druk die koeel tot teen die Landing dan meet ek tot op die punt van die koeel, dan haal ek die koeel uit, en meet dan weer tot teen "toeslot".
Ek het die nek bietjie gesize, die koeel net so mm of twee ingedruk en hom dan ingestoot en slot toegemaak. Daarna die patroon uitgehaal en 2mm jump afgetrek en dis my TPL. Elke keer as ek dit op die manier gedoen het, het my TPL verskil. Sal maar daai blou paint wat jy gebruik moet kry.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: TPL my metode

Post by LUAN »

Ek size net my doppie druk die koel in en merk hom met die koukie. Kamer hom en kyk vir merke van die lands. Dan druk ek hom dieper in met matreis in klein inkremente.
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Ludwig en 303,

Baie dankie vir die waardevolle raad..
So wat julle se is: Druk die punt in die dop sodat die landing merk net net uitsteek daarvandaan trek jy jou jump af? MAW, nadat jy jou jump afgetrek het, gaan daar dan geen landing merke op die punt wees nie? Verstaan ek reg. Sorry, ek is nog nuut.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: TPL my metode

Post by Carl »

Ek was nou amper lekker deurmekaar en dog amper ek moet nou nog gelde uitgee vir nog 'n ding wat meet! Was oppad om die  :police: te roep vir 'n hi-jack ook. 

Dankie Ludwig die laaste antwoord maak nou als duidelik.Ek neem aan (as beginner) dat al die baie baie fyn meet nie nodig is as mens 'n redelike jag patroon wil laai nie. Ek wil lading ontwikkel, veiligheid baie belangrik. As ek dan groepering kry met die regte lading kan ek met die ander veranderlikes rondspeel.

Ek kan tog nie meer as een ding op 'n slag verander bv TPL en gr poeier nie. Dit voel ook vir my of ek sommer vinnig 'n R400 pakkie Partitions in die sand gaan jaag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: TPL my metode

Post by foxripper »

Dankie baie Ludwig.wag nog vir die 2de foto van die blou patroon.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: TPL my metode

Post by LUAN »

Ludwig wat is die OBT ding? Is dit n program wat jy gebruik op die rekenaar?
Zack Benade

Re: TPL my metode

Post by Zack Benade »

Ludwig, Wouter

Daar is net een manier om jou TPL 10000% korrek te meet. :angel: :angel:

As die geweersmid jou kamer sny kan jy vir hom vra om met dieselfde reamer vir jou 'n "Gauge" te maak.  Hy vat 'n stukkie van loop van dieselfde kailber of verkieslik 'n stukkie van jou loop wat jy afsny.  Hy sny dan met die reamer die neck, skouer en klein gedeelte van die kamer.  Dis ongeveer 3cm lank.  Jy kan nou alles meet.  :angel: :angel:
Hoe naby of hoe ver weg van die lande. Hoe diep in die dop gaan jou punt. Ens.

Ek hoop ek het mooi verduidelik.  Skreeu as ek verder kan help.

Groete
Zack
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: TPL my metode

Post by Carl »

Zack

Die 270 is erens tussen 1928-35 gemaak in New York en die 30-06 is in die '60s in Belgie gemaak, hoe maak ek nou;-)

Wat van 'n afdruk maak van die kamer met bv tandarts klei. 'n Pel van my is 'n tanne mechanic ek kan die goed by hom kry. Dan kan mens mos mooi meet wat daar binne aangaan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Zack Benade

Re: TPL my metode

Post by Zack Benade »

Carl

Ek dink nie dit gaan werk nie.  As jy 'n afdruk het dan moet jy nog steeds 'n duplikaat van daai afdruk sny in 'n stukkie ou loop.

Groete
Zack
Zack Benade

Re: TPL my metode

Post by Zack Benade »

Ludwig

Jammer ek moes genoem het dis op nuwe lope.  Dit meet super maklik tot op 1 thou.  :angel: :angel:
Jy en Wouter wat nou nuwe gewere laat bou moet elk vir julle so een laat sny met dieselfde reamer as wat jou kamer mee gesny word.  Dit maak alles net een stap makliker veral as jy tussen koel gewigte en koel vorms speel.  Jy kry binne sekondes die regte mates.

Groete
Zack
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: TPL my metode

Post by Wouter Roets »

Zack

Dankie vir blink plan!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: TPL my metode

Post by BRNO (Pierre) »

Mag ek net weer hier noem dat TPL sal verskil tussen elke tipe koeel, en moet vir elke tipe koeel weer bereken word.

Ek het vermoed dat die maks TPL vir Hornady IB en SST dieselfde in my Brno sal wees, maar het gevind dat dit in may kamer met ,9mm verskil van mekaar.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply